Bangladesji gevonnis wat immigrasiebeamptes omkoop

Argieffoto

Alamin Mohammed (49) van Bangladesj is Vrydag in die Kimberley-landdroshof in die Noord-Kaap gevonnis op aanklag van korrupsie en omkopery.

Mohammed is op 7 September 2016 in hegtenis geneem deur die Valke se eenheid wat ernstige misdade ondersoek. “Hy het omkoopgeld van R12 000 aan immigrasiebeamptes betaal om een van sy landgenote vry te laat wat onwettig in die land was,” het Nomthandazo Mnisi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), gesê.

Mohammed is skuldig bevind en effektief tot drie jaar tronkstraf gevonnis. Hy is ook ʼn boete van R6 000 of ʼn verdere 12 maande tronkstraf opgelê. Hy is ook onbevoeg verklaar om ʼn vuurwapen te besit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

schaun ·

Van wanneer af mag n immigrant n wapen besit?
Hoeveel mense van bangladesj is onwettig hier
Is daar nog n kafee in suid afrika wat die bangladesj nie in beheer is nie.

Frikkie Geld en huis ·

Stem saam. Inderdaad ‘n buitengewone vonnis. Wonder wie was op die bank.
Laat my dink aan ‘n hofsaak jare gelede in vandag se Zambië. Die ou word gevonnis tot 6 houe met ‘n rottang plus 25 jaar tronkstraf plus die doodstraf. Die regter was vies toe die ou hom vra of hy kan kies watter vonnis hy eerste kan uitdien.

Dafer ·

Drie (3) jaar! Belaglike ligte straf. Die straf vir korrupsie MOET swaarder wees!!!!!!

Iemand ·

Het jul raak gesien dat hy al in 2016 in hegtenis geneem was, en in aanhouding was. Dis nou 2019. Dis ‘n skande dat iemand vir 3 jaar in aanhouding moet wag voor die reg sy gang gaan. Gn wonder sy vonnis is so kort nie.

Wiehan ·

Gooi hom uit die land. Hy hoort nie hier nie. En hulle is ook dwelm smokkellaars boon op. Weet van kafees waar kinders dwelms by Bangladeshi winkels koop en polished doen niks daaraan. Kry ook seker omkoop geld

Potjie ·

Hoekom word hy nie uit die land uitgesit nie? Stuur hom terug na sy turf waar hy rustig verder bedrog kan pleeg. Hulle het meer reg hier as ons Suid Afrikaans gebore blankes.

Johanna Botha ·

Nou le hy op die belastingbetaler se nek in die tronk !

Neels ·

Sien julle is almal begaan oor die Bangaladeshi se vonnis, maar netens word genoem van die koruptenare se aandeel in die 12K nie. Soos gewoonlik kom hulle skot vry daarvan af

GL ·

Stem saam met Iemand.

As hulle hom terugstuur is hy binne n maand weer terug, hulle kom deur Mozambiek .

Oom Uncle ·

Sal die man nou vinnig ‘n les leer. As die beampte vra vir R25000 moet hom nie R12000 aanbied. In die nuwe SA is ons dalk korrup maar nie goedkoop nie. Het die week ‘n Pakistani by die lisensie kantoor sien uit kom en hy was sommer bleek soos hulle hom gemelk het

Gert van Wierdapark ·

Ons soek stories van die “groot Visse” wat die Oranje-pakkies moet aantrek! Die soort aandag-af leiers is oe-verblind-ery!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.