Die polisie vermoed in die stadium dat die metropolisiebeampte wat in die Durban-skietery dood is, selfmoord gepleeg het nadat hy op ʼn groep mense losgebrand het.
Daar is intussen bevestig dat ʼn vierde persoon wat tydens die skietery kritiek beseer is, in ʼn hospitaal gesterf het.
Die beampte en twee mense is Maandag op die toneel dood verklaar na die skietery by ʼn woonstelblok in die Durbanse middestad net agter die hooggeregshof. Vier mense is tydens die skietery gewond.
Die 39-jarige beampte wat aan die Albert Park-stasie verbonde was, was nie aan diens ten tyde van die voorval nie. Die skietery het in die beampte se woonstel op die eerste verdieping van die woonstelblok plaasgevind.
Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie ondersoek drie sake van moord, vier sake van poging tot moord en het ʼn geregtelike doodsondersoek na die beampte se selfdood geopen.
Paramedici het die toneel as ʼn “bloedbad” beskryf. Mbele het vroeër bevestig dat op ʼn vuurwapen beslag gelê is.
‘n Onstabiele person behoort nie ‘n vuurwapen te besit, al is hy ‘n polisieman
Eie wapen of polisiewapen? Nogtans ‘n hartseer gebeurlikheid.