Vier beamptes van die Underberg-lisensiëringsdepartement in KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem op aanklag van bedrog, het die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) Vrydag gesê.
“Korrupsie het ʼn nadelige impak op die pogings wat eerlike mans en vroue aanwend. Ons moet ons poging verskerp en beslissend optree teen swak dissipline van ons eie lede,” het Makhosini Msibi, uitvoerende hoof van RTMC, gesê.
Die vier persone, drie mans en ʼn vrou, word daarvan beskuldig dat hulle vervalste leerlinglisensies uitgereik het. “Hulle word tans deur die SAPD aangehou,” het hy gesê.
Volgens Msibi is die getal korrupte verkeersbeamptes, wat tydens die feesseisoen in hegtenis geneem word, aan die toeneem. Die RTMC veroordeel ten sterkste enige onwettige gedrag. Hy doen ʼn beroep op die publiek om enige korrupte aktiwiteit aan te meld.
Die persone sal Maandag in die hof verskyn op aanklagte wat verband hou met bedrog en korrupsie en sal na verwagting met hul eerste hofverskyning aansoek doen om borgtog.
Kry maar netnie hulle hand op die korrupsie nie ….tipies anc !
Johanna Botha , so anti-ANC as wat ek is, net so anti-presumption is ek. Jy weet nie vir wie hulle stem nie. Maar, nie teenstaande – die regering sê korrupsie het elke vlak van ons samelewing geinfiltreer en ek bid ELKEEN wat hom of haar skuldig maak daaraan, volg dieselfde pad.
Bedrog en korrupsie, wat van aandadigheid aan die moorde wat op die pad gepleeg word deur bestuurders sonder n geldige lisensie?