BEE-reëls kan Musk se Starlink in SA kelder

Starlink gebruik ʼn netwerk van duisende satelliete om internetdienste met behulp van satellietskottels aan gebruikers te verskaf. (Foto ter illustrasie: Unsplash)

Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid (Okosa) kan die maatskappy SpaceX se Starlink-internetdiens se planne om alternatiewe internettoegang aan Suid-Afrikaners te verskaf, stuit selfs nog voor dit aan die gang kom.

SpaceX Starlink behoort aan die Suid-Afrikaans gebore miljardêr Elon Musk, en is ʼn satellietnetwerk wat internettoegang sal verskaf aan veral gebruikers in afgeleë gebiede waar daar dikwels nie veselkabelnetwerke bestaan nie.

Op die Starlink-webwerf kan Suid-Afrikaanse gebruikers reeds ʼn deposito van $99 (sowat R1 400) betaal om voorkeurtoegang tot die netwerk te verseker. Netwerktoegang sal volgens Starlink volgende jaar hier beskikbaar wees.

Starlink gebruik ʼn netwerk van duisende satelliete om internetdienste met behulp van satellietskottels aan gebruikers te verskaf. Daar is groot opwinding oor die projek weens die moontlikheid om onbeperkte, hoëspoed internet na afgeleë gebiede wêreldwyd te bring.

Maar eers moet die maatskappy aan Suid-Afrika se swart bemagtigingsvereistes voldoen.

Okosa het onlangs regulasies in werking gestel wat internetdiensverskaffers (ISP’s) dwing om 30% swart eienaarskap en ʼn vlak 4 BBBEE-status te hê indien hulle ʼn lisensie wil bekom.

Dit is regulasies wat die DA as “katastrofies” vir die ISP- en telekommunikasiebedryf in Suid-Afrika bestempel.

“Die regulasies gaan ISP’s wat nie daaraan voldoen nie, straf met boetes van R5 miljoen of 10% van hul jaarlikse omset. In ʼn poging om dit te omseil, kan ISP dalk frontmaatskappye begin gebruik in ʼn poging om aan die irrasionele en diskriminerende regulasies te voldoen,” sê Zak Mbhele, die DA se woordvoerder oor kommunikasie en digitale tegnologie.

“Uiteindelik gaan Suid-Afrikaners die spit afbyt van vertraagde innovasie en verhoogde pryse.”

Mbhele sê Okosa is reeds besig om buitelandse belegging in Suid-Afrika in die gedrang te bring.

Indien die regulasies ook op SpaceX afgedwing word, kan die projek hier in die hek duik voor dit nog behoorlik op dreef is.

“Die poging van Okosa bou oënskynlik voort op die regering se wysigingswetsontwerp oor diensbillikheid wat die minister van arbeid en indiensneming probeer bemagtig om nasionale ekonomiese sektore te identifiseer en kwotas vir dié sektore te stel,” sê Mbhele.

Hy sê die DA is ten sterkste gekant teen dié en ander wetgewing wat voorsiening maak vir rasgebaseerde klassifikasie.

“Ware ekonomiese bemagtiging gaan slegs gebeur deur innovasie en werkskepping, iets waarvoor BBBEE op papier voorsiening maak, maar in werklikheid vernietig vir almal behalwe enkeles met politieke bande.”

My Broadband berig Okosa is gevra of SpaceX aan die nuwe regulasies moet voldoen omdat dit ʼn Amerikaanse maatskappy is wat ingevolge daardie land se wetgewing nié sulke maatreëls hoef te voldoen nie. Die owerheid hou voet by stuk dat geen aansoek oorweeg sal word as dit nie aan die nuwe bepalings oor swart eienaarskap voldoen nie.

SpaceX het glo nog nie daarvoor aansoek gedoen nie. Indien hy egter nie 30% in swart besit is nie, gaan hy nie die nodige regulatoriese toestemming kry om Starlink-dienste in Suid-Afrika aan te bied nie.

SpaceX is in private besit en min is bekend oor presiese aandeelhouding.

Musk besit wel die meerderheidsaandeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Alet ·

Soos my ma sou sê – daar is nie pille vir stupidgeit nie.

Dawie ·

Die hele BBEE storie is sommer net gemors. As ek Musk was sou ek nie voldoen aan die land se reels nie. As n internasionale maatskappy hoef hy nie ten volle met BBEE te vol doen nie. Hy hoef nie eers n kantoor oop te maak nie. Support en RMA kan alles deur email en courier gedoen word.

Ek verstaan met ICASA en alles gaan die routers en alles goed gekeur soos enige andere Wireless product, dis die minste van sy probleem.

Die BBEE gaan net n voet in die deur sit met die uitbreiding van tegnologie en konneksie vir die mense in die plaaslike gebiede asook mense wat alternatiewe opsies wil soek siende dat die sateliet konneksie in Suid Afrika buitensporig duur is.

Anel ·

Bly maar eerder weg. Moennie jou siel en jou maatskappy aan die duiwel verkoop nie. Jy gaan in elke geval ‘n verlies lei as jy doen wat hulle sê. Die res van die wêreld het nie sulke snert nie. Doen daar besigheid. Die kool is nie die sous werd hier nie.

Hendrik ·

Wel Okasa kan nie ‘n satelietsein keer nie. Ons kan maar net die skottel kry of self maak, wat ookal en dan deur die Starlink webwerf inteken.

Adam Adriaan ·

Daar is altyd ‘n manier. Die NWOD{Nuwe Wêreld Orde Drywers} het die beursie in die hand en daar is maar te veel van hierdie geldgierigers. wat hulle siele sal verkoop. “Talk is cheap by money bay’s the Whiskey. Die NWOD slaan die ghitaar en ons BEE maters sal saam dans en toi toi!!

Andre ·

Die regering wil mos he ons moet net in die verlede bly. Solank as wat hul sakke vol geld kom is hul tevrede. Hou die agtergeblewendes agter.

Aai ·

Hulle wil nie groei hulle wil eers skep voor daar iets mag gebeur in die land.Dit is hoekom Walmart uit die land is oor BBBEE werk net nie, dit maak net die wat klaar ryk is ryker.

Eclectus ·

Gaan kyk maar in Amerika, Walmart het net winkels in state waar daar nie sterk unies is nie want hulle buit nes Amazon hulle werkers uit. Weet nie wat het hulle hier kom soek nie.

Rian ·

Wallmart is steeds in die land. Hulle besit Massmart, wat op hul beurt weer vir Makro, Game, ens. besit.

Tanja ·

My sê ding vir hulle is altyd : “ hulle is so dom soos grond”, maar my 11 jarige seun was saam met my in ons motor toe ń taxi voor ons inry en ek dit weer uiter!!!, waar na my seun vir my sê : “ Mamma…grond is nie dom nie, grond kan plante laat groei, maar hulle kan nie”

Kokerboom ·

Statutêre diefstal. Hoekom moet hul altyd gebrek aan werksetiek en bedel wetlik verpligtend maak?

Edward Donald ·

Ai, Ai, Ai !!! Onse anc regeringtjie wil net nie leer nie. Weereens vertoon hulle duidelik dat hulle is geensins bekwaam om ons pragtige SA te regeer. Hulle besit glad nie die vermoë om wyse besluite te neem nie en weier volstrek om goeie raad van enige iemand te aanvaar. Dit is baie onstellend.
BBBBBEEEEEE SAL NOOIT OOIT SUKSESVOL WEES NIE.

Baardman ·

Lekker lag ek nou. Jy bedoel seker AfriForum. Die DA gaan niks bereik nie. Hulle sal weer ‘n verslag aanvra of aandring dat daar n kommissie aangestel word.

Boer ·

En dit is hoekom SAA, Denel, SA Express, Escom, Prassa, ens voort ondergaan as gevolg van die BBBEEE stelsel.

Oubobbejaan ·

Ag wat. Kry ñ posbus address in ander land bv Botswana, betaal hom en gebruik hom in SA, so makluk soos dit.

Jaco ·

Net 30% swart eienaarskap word vereis. So die ander 70%,LET WEL 70%, is dan wit. Iets maak nie sin nie. Swartmense is dan meer as 80% van SA se bevolking. Iewers mis ek óf die nogal anti-wit ANC-regering iets.

Ai tog ·

Jy redeneer verkeerd, gaan nie oor bevolking nie. Wat hulle sê is dat die wittes moet eers 30% van sy eiendom verniet weggee voordat hulle dit sal toestaan.

JohanR ·

Die ANC sal nie ‘n gulde geleentyd raaksien al tref dit hulle tussen die oe! Daar word gese ons sal die ANC mis as hulle gaan. Ek het nie die NP gemis. Laat die gras brand sodat die aarde vervris kan word, en nuwe wortels kan op kom.

Tiptol ·

Met nuwe simpel wette en reëls. Absolute power corrupts absolutely.

Althes ·

ANC is soos die spreekwoordelike donkie – 1 kopstamp is nie genoeg nie.
Of hul is soos die Walking Dead – strompel breinloos voort.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.