Begin herwin en word vergoed by Pick n Pay

Die nuwe “omgekeerde” muntoutomaat-masjiene in PnP winkels regoor Gauteng en die Oos- en Wes-Kaap (Foto: verskaf)

Pick n Pay wil herwinning nie net gerieflik maak nie, maar ook klante daarvoor beloon.

Die supermarkgroep wil dit doen met “omgekeerde” muntoutomaat-masjiene in winkels regoor Gauteng en die Oos- en Wes-Kaap.

Die masjiene is Maandag in samewerking met Polyco bekend gestel en sal later ook met die Smart Shopper-lojaliteitsprogram geïntegreer word om klante met punte vir herwinning te beloon.

Klante kan in die tussentyd kontant of koopbewyse op die Imagined Earth-toepassing ontvang om by Pick n Pay te bestee wanneer hulle herwinbare items insluitend plastiek, glas en aluminium in die masjiene deponeer.

Die masjiene is Maandag in samewerking met Polyco bekend gestel(Foto: verskaf)

Die belonings word bepaal op grond van die gewig en tipe materiaal wat gedeponeer word, met die vergoeding wat gemiddeld sowat 10c vir  ʼn plastiekbottel, 15c vir ʼn blikkie en 11c vir ʼn glasbottel is. Een van die gewildste belonings wat klante kies om met hul herwinningbelonings te koop is lugtyd en data.

Steffen Burrows, volhoubaarheidsbestuurder by Pick n Pay, beklemtoon die strategiese plasing van dié masjiene in winkels wat herwinning gerieflik maak en die belangrikheid daarvan versterk.

“Ons wil ʼn verantwoordelike herwinningskultuur by ons kliënte vestig deur ʼn aansporing te bied.”

Burrows moedig klante aan om items vir herwinning in hul motors te hou en dit saam winkel toe te bring wanneer hulle inkopies doen.

Elke masjien kan tussen 650 en 750 afvalitems of sowat 375 tweeliter-melkbottels stoor. Die masjiene monitor hul kapasiteit en stel outomaties die afvalbestuurverskaffer in kennis wanneer hulle leeggemaak moet word. Die herwinbare afval word met die hand buite die perseel gesorteer, en die materiaal word na die korrekte herwinningsfasiliteite gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Vrijburger ·

Maak soos in die VSA – gee die opsie dat die vergoeding aan ‘n liefdadigheidsorganisasie van keuse geskenk kan word.

Sêmanet ·

Dis wonderlik. Ek het op ‘n stadium pap batterye ook na PNP gevat vir herwinning. Ek weet nie of hulle dit nog vat nie.

Delia ·

@Sêmanet. Sekere Woolworths food takke het n houer voor hulle winkel vir gloeilampe en batterye.

Euodia ·

P n p sal iets moet doen om vir hul hoë pryse te vergoed. Omtrent alles by hulle is tussen R5 en R10 meer as ons OK . Die beste plek om te koop!!!

Hendrik ·

Wees bedag diefstal sal nou op n totaal ander vlak gepleeg word. Slaap wakker anders staan jy die volgende oggend sonder jou afval op.

Adele ·

Wat van die Vrystaat? Bloemfontein. Dit sal help om die ongewing skoner te hou.

Anel ·

Ons herwin ook maar Afriforum kry ons goed. Hulle het ‘n herwinningsspan wat die goed kom oplaai. Verskaf ‘n sak en as hy vol is kom haal hulle en gee vir jou ‘n nuwe sak.So verskaf ons werk aan ons mense en hou die asblikgrawers uit. Maar goeie inisiatief, PnP.

Duck ·

kan al sien hoe staan die drom krappers daar in ‘n ry om al die gemors te verkwansel, ok, dis darm vir herwinning.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.