ʼn Bejaarde egpaar van Westonaria in Gauteng is dood nadat hulle Sondagoggend op hul plaas deur ʼn groep verdagtes aangeval is.
Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het dié voorval aan Maroela Media bevestig.
Makhubele sê die 78-jarige man en sy 74-jarige vrou het albei “wonde aan hul nek” gehad. Hy kon nie bevestig of die bejaarde man se keel gesny was soos daar op sosiale media beweer word nie.
Hy sê die verdagtes het onder meer handwapens en huishoudelike items tydens die voorval gesteel.
“Meer inligting is nie onmiddellik aan die polisie bekend nie,” sê hy.
Makhubele sê die polisie ondersoek twee aanklagte van moord en een van roof. Hy kon ook nie onmiddellik die name van die egpaar bevestig nie.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
47 Kommentare
Op moedersdag…. So jammer vir die famielie.
wat maak dit saak of die man se keel afgesny was hy is koelbloedig vermoor Ai waneer gaan dit stop
Mense trek julle volle wapenrusting aan elke dag Eff 6,11. Dit is om van naar te word
Dit maak ‘n mens moedeloos asook magteloos en wanneer gaan al hierdie moorde en misdaad ooit ophou. Daar moet ‘n derde mag agter al hierdie optredes wees en elke keer is daar spesifiek op vuurwapens gekonsentreer en beslag gele. Daar is groot fout en mens bid al vir positiewe uitkoms. Alle medelye aan hierdie gesin en familie, vriende en mede boere. Sterkte in hierdie tyd van rou en mag hierdie misdadigers wat sulke onskuldige mense vermoor hul straf kry.
En so gaan die slagting voort… My innige simpatie met die naasbestaandes. Here, ek bid dat U ons asseblief genadig sal wees en ons land sal gesond maak. Amen