‘n Bejaarde fietsryer is Maandagoggend dood nadat ʼn voertuig hom in Boksburg in Gauteng getref het.
Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het in Atlasweg plaasgevind. “Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend en word deur die polisie ondersoek,” het Steinmann in ʼn verklaring gesê.
Sy sê die man, in sy 60’s, was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het.
Die man se naam is nog nie bekend gemaak nie.