ʼn 75-jarige man en sy vrou is Vrydagaand op ʼn kleinhoewe in die Bokfontein-omgewing buite Mooinooi in Noordwes aangeval en beroof.
Kol. Adéle Myburgh, provinsiale polisiewoordvoerder, het Sondag aan Maroela Media gesê die egpaar het reeds geslaap toe drie verdagtes, van wie een met ʼn swaard gewapen was, omstreeks 20:00 toegeslaan het.
“Toe die egpaar wakker word, het die drie verdagtes om hul bed gestaan. ʼn Gestotery het tussen die man en een van die verdagtes uitgebreek, waartydens die man met die swaard in sy hand gesteek is,” het Myburgh gesê.
Die verdagtes het met ʼn skootrekenaar en drie selfone op vlug geslaan. Die man is na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling. Sy toestand is stabiel.
Die Mooinooi-polisie ondersoek ʼn saak van huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
45 Kommentare
Iewers verstaan rk blykbaar iets nie. As die rede huisroof was het hulle hoegenaamd nie nodig gehad om die 2 bejaarde mense wakker te maak nie. Hulle kon die huis leeg gedra het, maar nee daar moet eers konfrontasie gesoek word voordat hulle items vat en daarmee vlug. Papier is darem geduldig !
Net huisroof? Die man is gesteek met n swaard… Dit lê meer na poging tot moord toe ook. Net God se genade dat hulle nie ernstig beseer is nie. ✝️
Net ‘n saak van huisroof word ondersoek!
Kom gewapen met ‘n swaard en val die oom aan.
Voeg asb by daardie aanklag poging van moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, betreding en intimidasie!
Dit was seker ‘n oom van die minderheidsgroep en daarom sal daar niks verder van kom nie, as die oom geskiet het sou hy seker ook maande in die tronk gesit het!
Seker maar hoe dinge in Mooinooi werk……….
Die aanvalle op bejaarde witmense neem teen ‘n geweldige tempo toe. Ek wonder of dit so beplan is om paniek te saai en of dit bloot lafhartigheid is.
Suid Afrika is nou n MISDAAD NES.