Bejaarde man sterf ná plaasaanval  

plaas-polisie-veld argief

(Argieffoto)

ʼn 87-jarige man is dood nadat hy en sy seun op ʼn plaas by Kameel naby Stella in Noordwes aangeval is.

Die pa en sy 57-jarige seun is omstreeks 03:00 Sondag op die plaas Sukses op die Geysdorp-grondpad deur vyf gewapende mans aangeval. Die aanvallers se gesigte was bedek.

Volgens kapt. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder, het die mans die pa en seun oorrompel, vasgebind en aangerand.

“Die aanvallers het die huis geplunder en met selfone, ʼn rewolwer en ammunisie, klere, ʼn televisie en ʼn mikrogolfoond in die slagoffers se wit Isuzu-bakkie op die vlug geslaan.”

Die slagoffers het hierna op ʼn naburige plaas gaan hulp soek. Volgens Tselanyane het die slagoffers matige beserings opgedoen.

Die pa is egter kort ná die aanval oorlede. Volgens berigte het hy moontlik ʼn hartaanval gehad weens die skok van die voorval. Die oorsaak van sy dood moet nog bepaal word.

Die polisie ondersoek ʼn saak van roof en het ʼn geregtelike doodsondersoek begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Danie ·

Die grootste onreg in SA die lakse versuim deur polisie vir behoorlike voorkoming en ondersoek van plaasaanvalle en misdaad op plase.Dit raak nou al norm.

Harley Davidson ·

Moet nie die media se aandeel vergeet nie hulle weier om die feite te gee soos dit is en die nodige aandag te vestig op hierdie aanvalle.

Sobymykoolkop ·

PLAASAANVAL!!!!!MOORD. Polisie ” ondersoek ” ń saak van moord. Waar is die 72 uur aksieplan. Soos eskom weet iemand iewers wie die baasbrein en aanhitser van plaasaanvalle. VYF om ń ou man aan te val.

Eugene ·

Nog n’ plaas moord. Ek wonder of hoedman en ramp-phosa die plaasboere se familie gaan besoek.

Groen Ghoen ·

Wat kan daar nog oor plaasaanvalle geskryf word? Al wat oorbly is seker die hoop dat dit sal stop.

Papsak ·

Dit raak net erger en erger en daar word niks aan gedoen nie beste van als waar is die polisie in sulke gevalle mmm maar hulle kan vinnig hardloop en op tree as our people deur wit seer gemaak word maar anders om vee hulle dit onder die mat in en word vergeet daar

TruthDealer ·

My innige simpatie. Dis baie hartseer. Maar nou Nog n vuurwapen in kriminele hande. Ek wil nie ongevoelig klink nie. Maar die tyd het nou gekom dat boere moet besef, as ek nie my vuurwapen te alle tye op my het nie, en onmiddellik reg is om te begin skiet nie, moet ek liewer ontslae raak vd vuurwapen. Want al wat gebeur met hierdie aanvalle, is dat kriminele bewapen word. Hulle weet nou al by hierdie tyd die boer se vuurwapen is in n kluis, of nie in die boer se hand nie, vir watter rede ook al.

bolletjie blom ·

Dalk was hulle nog bekend aan die slagoffers daarom was hulle gesigte bedek. Hulle wou nie herken word nie. Hoe broos is iemand van 87 nie. Watse weerstand sou hy kon bied teen 5 van hulle. Lafhartige skuim.

Linda ·

Moord – Waarom sal die regering nou hulle daaraan steur. Ai

Casper ·

Ja dit is die predikant op Bethal se skoonpa en swaar wat aangeval is.

Misky ·

So die polisie ondersoek net ‘n saak van roof???? Regtig SAPS, julle prioriteite is op die verkeerde plek

Kokerboom ·

Alle meegevoel met familie!!
ALLE plase moet nou inval by ‘n beskerming en paraatheidssplan en strategie teen ANC boewe/moordenaars. Dinge gaan NIE beter raak!

Dandeleen ·

Snaaks dat almal altyd iets te sê het as so iets gebeur, maar word ‘n optog teen plaas moorde gereel daag daar miskien tien karre op.

Pierre ·

Sal nie vir moord aangekla word, hulle sal se dit was natuurlike dood agv die vermoedelike hart aanval

Anel ·

En oor so twee dae word die saak onopgespoor, afgesluit en “gefile”.

Skappie ·

Ai, wanneer gaan die plaasmoorde ooit stop. Sterkte aan sy gesin en almal wat hom geken het. Mag onse Liewe Heer julle almal styf in Sy arms vashou en julle deur hierdie moeilike tyd dra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.