Belastingbetaler dok op vir oud-ministers se luukse vlugte

Argieffoto (Foto: Nick Zigic/Pixabay)

Die parlement het tussen 2013 en 2019 meer as R36 miljoen aan vlugte in besigheidsklas vir afgetrede ministers bestee.

Dié syfers het aan die lig gekom in inligting wat die parlement op skriftelike versoek aan die DA bekendgemaak het. Volgens dr. Leon Schreiber, die DA se skaduminister vir openbare werke en administrasie, is hierdie geld bestee op vliegtuigkaartjies vir oudministers, -adjunkministers en hul eggenote.

“Dit is absoluut skokkend dat die wetgewende tak van die regering jaarliks miljoene rande bestee om afgetrede lede van die wetgewer en hul gesinne rond te karwei,” het Schreiber gesê.

Die ministeriële handboek bepaal dat die parlement die reiskoste van afgetrede ministers dek, maar die DA sê nou dié bepaling ondermyn die skeiding tussen die wetgewende en uitvoerende magte van die regering.

“Dit is boonop ʼn belaglike mors van geld. Ministers ontvang reeds ʼn salaris van meer as R2,4 miljoen per jaar, insluitend ʼn baie ruim pensioen. Dit terwyl miljoene Suid-Afrikaners werkloos is of verarm weens die ANC se afsonderingsregulasies.” Schreiber wys ook daarop dat die bedrag wat belastingbetalers vir afgetrede ministers se luukshede moet opdok, sedert 2013 stelselmatig toeneem. Toe het die parlement R3,8 miljoen aan vlugte vir afgetrede ministers en hul gades bestee. Teen 2019 het dié bedrag amper verdriedubbel tot R9,3 miljoen.

Die DA wag nog vir die parlement om hom te voorsien van ʼn volledige lys name en bedrae van ministers wat in die 2018-’19-boekjaar by dié beleid baatgevind het. “Sodra ons al die inligting het, sal ons begin met die stryd om hierdie bepaling in sy geheel te laat skrap,” het Schreiber gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Willem ·

Wat het die DA verwag. Belasting betaler moet mos alles betaal in die land. Ons is mos mense met baie geld

Snowball ·

Daar is duidelik nie ‘n moratorium op skep nie. Gewetenlose gulsigheid.
Net nog ‘n manier van die regering om vir die armes te sê wat die manne daar bo regtig van hulle dink.

Stofdonkie ·

So al word ‘n minister uitgestem geniet hy steeds voordele wat die oorgrote meerderheid van die belastingbetalers self nie eers kan bekostig nie. Hulle salarisse is reeds genoeg om hulle in miljoenerstatus in te druk en dan moet hulle nog versorg word na hul aftrede ook? Dis belaglik in ‘n land waar mense lei aan hongersnood en werkloosheid dat geld so gemors kan word. R9,3miljoen kon al ‘n hele paar mense gevoed het of werke geskep het.

Nick ·

Ons eie slap nasie se skuld,ek lag te lekker oor die probleme want hoe kan mense net terugsit en alles aanvaar?????? Geniet die armmoede en swaarkry en verduidelik tog net vir julle kinders dat dit die nasie se eie skuld is,niemand anders nie, ons hou mos daarvan om geboelie te word!!!!!!

Mariana ·

Dis lekker in die land. Belastingbetalers is voos betaal aan die ANC se lekker lewens en dit terwyl derduisende mense, hulle kiesers, dakloos is en honger ly. Heerlik. En so sal dit voortgaan tot hulle gestop word.

Kokerboom ·

Dis ‘n dringende vrugtelose uitgawe waaraan min van Finansies aandag moet skenk. Meer as 90% van vorige ministers was ook absoluut nutteloos, parasiete en het niks tot vooruitgang van land bygedra

Johanncb ·

Hierdie oud-ministers kan gerus na hulsef omsien! Ander afgetredenes het nie ‘n keuse nie! Sien asseblief af van hierdie luuksheid, en help julle landgenote!

christo ·

Oud- LP’s kry na 5 jaar ‘n pensioen en lewenslange lidmaatskap van die parlementêre mediese fonds.
Die Soustrein se treinwaens word net meer. En die belastingbetaler word forseer om die wet van Transvaal te volg .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.