Beloftes van biljoene rande aan SA gemaak

Pres. Cyril Ramaphosa tydens sy besoek aan die Verenigde Arabiese Emirate. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa slaap waarskynlik saans rustiger nadat R332 miljard in beleggings verlede week tydens Suid-Afrika se vierde beleggingskonferensie aan die land belowe is.

Ramaphosa het hom vier jaar gelede daartoe verbind om R1,2 biljoen (“trillion”) in nuwe beleggings oor ʼn tydperk van vyf jaar te lok.

Suid-Afrika is in dié stadium glo van R1,14 biljoen (“trillion”) verseker nadat handelsvennote in die Europese Unie, Verenigde State, China, die Verenigde Koninkryk, Kanada, Mauritius, Noorweë, Turkye en Pakistan beloftes aan Suid-Afrika gemaak het.

“Met slegs een jaar oor het ons nou 95% van die teiken wat ons in 2018 gestel het, bereik,” het ’n ingenome Ramaphosa Maandag in sy nuusbrief aangekondig.

Luidens die brief het sommige van die land se bestaande beleggers boonop aangedui dat hulle hul bestaande beleggingsverpligtinge wil vergroot.

Dit sluit in ’n bykomende belegging van R10 miljard deur Anglo American, R11,8 miljard deur Impala Platinum en R2,8 miljard van Ivanhoe Mines om sy Platreef-mynontwikkelingsprojek in Limpopo uit te brei.

Die motorreus Ford het hom tot ’n belegging van R16,4 miljard verbind om die vervaardiging van die Ford Ranger uit te brei terwyl BMW ’n belofte van R800 miljoen en Volkswagen ’n belofte van R350 miljoen aan Suid-Afrika gemaak het.

Beloftes van multimiljoenrandbeleggings is ook van rolspelers in farmaseutiese produkte, klere en tekstiele, infrastruktuur en logistiek, telekommunikasie en die digitale ekonomie ontvang.

“Laastens, en miskien die belangrikste, is vanjaar se konferensie gekenmerk deur verhoogde binnelandse investering, veral van swart nyweraars,” sê Ramaphosa.

Sowat R32 miljard is oor die afgelope vyf jaar in byna 800 swart nyweraars en entrepreneurs belê met behulp van die departement van handel, nywerheid en mededinging. Byna 120 000 werkgeleenthede is in die proses óf gered óf geskep.

Ramaphosa sê nou swart nyweraars het op vanjaar se konferensie onderneem om te belê in mynbou en staalproduksie, motors, verbruikersgoedere, grootmaatbrandstofberging en skeepsbou en herstelwerk in die Saldanha-nywerheidsontwikkelingsone.

“Soos die verpligtinge in projekte verander, sal dit werk skep en lewensbestaan ​​verbeter – nie net in die stede en metro’s nie, maar ook in klein dorpies en landelike gebiede. Dit sal die groei van plaaslike ekonomiese ontwikkelings aanspoor, wat lei tot meer geleenthede en tot die verbetering van mense se lewensgehalte,” meen die president.

  • Ramaphosa is tans op ’n besoek aan die Verenigde Arabiese Emirate om meer beleggers te werf op die Dubai-Expo 2020 – ’n wêreldwye tentoonstelling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Tiaan ·

Sonder dienslewering, elektrisiteitsvoorsiening, water, paaie ens is hierdie beleggings net lugkastele, die regering dink dat die privaatsektor als moet dra

Alfred E Neuman ·

Warra, warra, warra ceril. Daar gaan dadels van kom.

Nie Verbaas ·

Wie in sy gesonde verstand sal geld wil belê in n land wat swak regeer word, misdaad hoog is en regering korrup is? Beleggings sal weereens en nog steeds soos mis voor die son verdwyn. Dan is ESKOM se dienslewering ook nog pateties.

melaney ·

Casper daar is darem bietjie goeie nuus. Van die beleggers is swart nyweraars.

Wondermaarnet ·

Hulle sal nie belê as daar nie iets in is vir hulle en hul families nie. Tender skandale gaan die hoogte inskiet.

Misky ·

Daai foto spreek boekdele….. kyk hoe word die hande saam gevryf…. Gone with the wind!!

annie ·

Dubai… Waar het ons al die naam gehoor? Ons dog ons presidente en hul meelopers belê eerder daar. Maar Cyril is de darling of de world. Miskien sal ‘n paar Arabiere (gaap!) hier ‘n bietjie cannabis kom borg…

Mariana ·

Geensins iets om oor opgewonde te raak nie. Die beleggers ken seker nie die regte feite van die ANC geregeerde land nie. Hulle weet seker nie van hoe dieand in die laaste 27+jare agteruitgegaan het onder die ANC nie, hulle sal darem seker wel uitvind met die tyd dat hulle eintlik hul geld in die water gooi. Hulle sal goed moet besin

Hoekom ·

Geen beleggings vanaf Rusland nie, maar wel die EU en Amerika. Baie, baie interesant…

SjN ·

Enige instansie of persoon wat nie direkte belange in SA het nie moet sy kop laat lees om in die korrupte rommelstatus land te wil bele.

Aanhouer ·

En so verseker hy dan dat hy vir nog ň ampstermyn tot President sal word.

Samuel ·

Alles net beloftes. Net so goed soos die regering se leë beloftes.

Renier ·

Nog geld om te plunder. Hoeveel beleggers is land uit in die laaste 4 jaar? Dan raak die 1.2 teiken weer ver…

Johann ·

Kyk hoe lekker vryf die Prez sy hande!!!!! Heeeeeerlik meevaller vir homself en sy kaders in die bankrot ANC!

Wondermaarnet ·

“I can buy more live stock for my farms and retrench my farm workers” dit is hoekom die hande so gevryf word.

Annamarie ·

Bou lekker lugkastele, die belastingbetaler moet dit seker “verf”!!

Pieter9 ·

Gee vir ons die lys met name van die voornemende beleggers; kanse is goed dat Banke beloof het om te kyk na projekte mbt finansiering (die Pres sal hierdie tel as ‘n belegging terwyl dit nie is nie) en ons sal dan kan bepaal (sou ons die lys van beleggers het) of dit ‘nuwe’ geld is – en sal dit ons iets gee waarteen ons bv die beloofde werkskepping kan meet. Ons weet nou al dat die ANC en die Pres die waarheid as koloniale ideologie sien – intussen hou ons nie ons asems op nie.

Deon ·

CR kan maar mooi praaitjies maak soos hy wil. Beloftes van beleggings beteken niks. Sal maar sien wat realiser uiteindelik en wie hou dan die beursie vas. Iemand gaan skep, en maar net nog weer uit die trog vreet. Die oorgrote meerderheid van mense in hierdie land en die buiteland het al lankal hulle respek vir hierdie land se regeringsleiers en beleid verloor.

Papsak ·

Nee asb nie weer hy as president nie kies beter en wat iets tussen die ore het asb asb !!!!!!!!!!

JohanR ·

Watter ANC’s, SAKP’s en Cosatu’s en familie lede sal die keer in lyn wees as die R332 verdeel word?

Blikkies ·

Ai, die wereld is darem blind. Niks gaan verbeter met daai skenkings terwyl die ANC nog in bewind is nie? Die armes gaan nog armer word, die lewe in SA gaan nog baie moeiliker word. Net die rykes in die ANC gaan nog ryker word en sommer nog ‘n stel nuwe wiele kry.

Janee ·

Verseker sal ek ook lekker en vas slaap as ek weet daars soveel meer miljoene waarop almal hul hande kan lê….

Janine ·

Bwahahahahahahahaha! Daai geld gaan verdwyn in kaders se g@tsakke! Wat ‘n grap!

Schalk ·

Daar is ‘n gesegde van talk is cheap and money buys the whisky….

johan ·

Meeste van daai beleggings sou in elk geval gebeur het. Cyrel het niks daartoe bygedra nie

Eragrostis ·

Ek verstaan dit nie. Myns insiens is die beleggers siende blind vir wat regtig in Suid-Afrika aangaan, want van 1994 af is hierdie land net besig om te verval, en tans is dit amper al op vryval. Alles bloot oor die wyse waarop die land bestuur en geplunder word onder ANC beheer. Wetgewing en die regulering daarvan skep glad nie ruimte vir die ekonomie om te groei nie, korrupsie en staatskaping is aan die orde van die dag, so-so dat die ANC nie eens meer van hul eie geld oor het om hul salarisse mee te betaal nie (wat dink enige regdenkende mens gaan die ANC eerste met daardie beleggingsgelde probeer doen?) Geen instandhouding word gedoen nie, misdaad vier hoogty (van die hoogste ter wêreld), ons geldeenheid verloor heeltyd waarde, beurtkrag en so kan ek aangaan.

Boonop wil ons regering R50 mil. aan Kuba skenk, maar kort geld en beleggers om die ekonomie te help. Dit maak net nie sin nie.

Miskien kyk ek iets mis.

Wondermaarnet ·

Net dom mense sal in SA belê. Hoeveel van daardie geld gaan in kaders en hul families se sakke beland?

Mallie ·

Hoeveel van die geld gaan weer in die kaders se rekenings beland.

Lillian ·

Wie wil nog in hierdie vervalle land belê? Jul kaartehuis gaan nog op jul koppe inmekaar tuimel.

Abraham ·

Rusland of enige van Russies ondersteunede lande se name verskyn nie onder die wat beloftees gemaak het nie. Het hulle dalk voorheen beloftes gemaak? Sal my verbaas as hulle het.

Dawie ·

Kyk daai glimlag, dit se alles. Die ANC wag in spanning om daai geld op te gebruik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.