Die polisie in die Vrystaat het Maandag ʼn beloning van R50 000 aangebied vir enige inligting wat mag lei tot die suksesvolle vervolging van die moordenaars van ʼn taxibestuurder in Virginia.
“Die taxibestuurder, Neo Monyatsi (59), is op 18 Julie in Virginia doodgeskiet,” het sers. Mamello Mokhuoane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy was omstreeks 19:30 in sy taxi by Harmony Way naby H2-myn toe hy geskiet is.”
Die polisie en nooddienste is na die toneel ontbied, maar hulle kon Monyatsi nie bybring nie.
Enigiemand met inligting word versoek om konstabel Motsoikha te skakel by 057 221 0123 of 082 501 3150.
Nog nooit so n beloning geien vir n plaasmoord nie.
Daar slaan jy nou die spyker op die kop ou Dirk. Die lamlendige SAPD bied ‘n beloning van R50000 aan vir ‘n taxi bestuurder se moord maar ‘n plaas moord kry niks. Dis darem lekker in die nuwe Suid Afrika man. En belasting moet ons maar betaal ne.
Hoe oud was die Vrystaat boer wat die naweek dood gesteek is, wonder waarmee hy besig was toe sty lewe kort geknip is of die ou oom van 72 wie se lyk in sy motorhuis gekry is……….en vir hulle word geen beloning gebring nie. Liberalisme is n siekte!!!!!
Hy moes ‘n familie lid gewees het van een van die SAPD.
Nou wag ek ook in spanning om te hoor van wie is hy n familielid.
Sies ek skaam my vir ons polisie en regering