Beskuldigdes in Bontle-moordsaak kry borgtog

Bontle Mashiyane (Foto: SAPD Mpumalanga)

Twee van die vyf beskuldigdes in die moordsaak van die sesjarige Bontle Mashiyane van Mpumalanga is Woensdag borgtog van R5 000 elk toegestaan.

Samuel Mangebeletane Tsela en sy seun Philasande Tsela het die besluit van die landdros om nie borgtog toe te staan nie in ʼn hooggeregshofsitting op Graskop teengestaan.

Hulle staan tereg op aanklag van moord, verkragting en ontvoering.

“Die hooggeregshof het al die faktore voor die hof in ag geneem en die beskuldigdes in die belang van geregtigheid op borgtog vrygelaat,” het Monica Nyuswa, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, gesê.

“Die NVG respekteer die hof se besluit.”

Maroela Media het vroeër berig Bontle is op 21 Mei 2022 dood aangetref in Masoyi naby Witrivier. Die gesin se buurvrou, Ntombi Ngwenya (40), is een van die beskuldigdes.

Bontle het op 30 April saam met ander kinders by die huis by Mganduzweni in Masoyi gespeel toe sy vermis geraak het. ʼn Soektog is van stapel gestuur en Bontle se liggaam is drie weke later gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Eugene ·

Dis jammer van haar dood. Ramp-phosa moet minister van “moordenaars” aanstel, sodat moord sake vinniger opgelos word. Die ” minister van moordenaars” moet sorg dat geen Borg toegestaan word nie.

Wondermaarnet ·

Dit maak my siek en dan hoor ons oor ‘n paar maande dit word gesoek vir nog ‘n moord of twee. CR en sy kaders het bloed aan hul hande.

Hannelize ·

Net om weer ‘n onskuldige kind te ontvoer & te vermoor?

Maritza ·

In belang van geregtigheid???? Watter reg het die meisie gehad om te lewe??? Die regstelsel is ‘n grap

Boer ·

Bring die doodstraf terug vir diegene wat moor, verkrag en molesteer.

Althes ·

Dis verskriklik wat bose mense aan ñ onskuldige kind doen. Dis walglik verby.

Jakes ·

Watter buitengewone omstandighede bestaan dat die beskuldiges borg toegestaan is? In n moordsaak is dit n vereiste.

Sê maar net ·

Borgtog!!!! En dan moor hulle weer. Dit skreeu ten Hemele!! Verregaande!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.