Beslag gelê op beweerde sindikaatlede se motors, eiendom

(Argieffoto: X)

Die Pretoriase batebeslagleggingseenheid (AFU) het verlede week drie beslagleggingsbevele ter waarde van R18 miljoen in die Pretoriase hooggeregshof verkry teen lede van ʼn beweerde sindikaat wat in Carletonville bedryf word.

Die bevele sluit in die verbeuring van ʼn aantal eiendomme wat aan 14 individue, beweerde lede van hierdie sindikaat, behoort. Dit sluit in 51 voertuie, sewe eiendomme in Carletonville, Krugersdorp en Potchefstroom en die inhoud van 16 bankrekeninge. Daar word op die eiendomme beslag gelê omdat owerhede glo dit is bekom met die opbrengs van onwettige aktiwiteite, wat verband hou met ʼn sindikaat wat na bewering in die Khutsong-omgewing van Carletonville, Noordwes, handel dryf in onbewerkte goud.

Die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek (DPCI) het in 2018 ʼn kriminele ondersoek genaamd Projek Gillette van stapel gestuur om handel ib ongesmede goud stop te sit.

“Die verdagtes koop glo onwettig gouddraende minerale by zama-zamas, sowel as by wettige mynwerkers. Hierdie minerale word dan in goud klompies verwerk en in Johannesburg en omgewing verkoop. Die primêre kopers is tans onbekend,” het Lumka Mahanjana streekswoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Maandag gesê.

Die sindikaat bestaan hoofsaaklik uit uitlanders van Zimbabwe en Mosambiek wat na bewering op ʼn bedrieglike wyse Suid-Afrikaanse identiteitsdokumente bekom het.

Die eiendomme sal ʼn op openbare veiling verkoop word en die opbrengs in die bateherwinningsrekening (CARA) betaal word. Die verhoor van die nege beskuldigdes wat aangekla word van ʼn verskeidenheid misdrywe insluitend geldwassery en rampokkery, sal op 24 Julie in die Pretoriase hooggeregshof begin.

Hierdie verbeurdverklaringsbevele is deel van die implementering van die batebeslagleggingseenheid se bateherwinningstrategie om die opbrengs van kriminele aktiwiteite namens die staat terug te eis. “Die algehele nasionale teen-korrupsiestrategie deur wetstoepassingsagentskappe het ten doel om die stryd teen korrupsie te versterk deur beide siviele en kriminele prosesse te volg om te verseker dat oortreders gestraf word,” het Mahanjana gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Dries ·

Ontstellend hoe onwettige buitelanders by misdaad is RSA betrokke is. Dwelms, myne, wildstropers, vervalste goedere. Noem maar op.

Annatjie ·

Is die goud wat hulle koop by “wettige mynwerkers” wettig?

Robert ·

Weereens Zim en Mosambiekse burgers…. Grootste deel van misdaad in SA word deur buitelanders gepleeg!!!

Di ·

Dis tyd dat die korrupte Regering ‘n plan in werking stel om alle onwettige immigrante op te spoor en terug pos waar hulle vandaan kom. Grensposte en Binnelandse sake se korrupte amptenare is ‘n gemors en dit behoort prioriteit 1 te wees om misdaad in die land hok te slaan. Ek persoonlik glo dat daar MILJOENE onwettig in die land is. Kry die weermag lede wat heeldag in tente le om die grensposte te bewaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.