Bestuur van staatspensioene ʼn bekommernis

finansies-bestuur-geld-tyd-stevepb-pixabay

Foto: Stevebp/Pixabay.com

Die vakbond Solidariteit het dié week sy kommer uitgespreek oor die beleggingsbeleid wat die openbare beleggingskorporasie (OBK) met die bestuur van die pensioenfondse vir staatsamptenare (GEPF) volg.

Morné Malan, ʼn navorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut, sê die OBK se toenemende fokus op ontwikkeling ten koste van kapitaalgroei kan gevaarlike gevolge vir lede van dié pensioenfondsskema in die toekoms inhou.

“Dit is verregaande dat die OBK dit betaamlik ag om Eskom as die korporasie se tweede grootste belegging te behou en dat soortgelyke sukkelende staatsinstellings 30% van hul portefeulje uitmaak, terwyl daar verskeie ander potensiële beleggings is wat ʼn hoër opbrengs met veel laer risiko kan bied,” sê hy.

Malan sê die GEPF is nie soos ander pensioenfondse onderhewig aan regulasie 28 van die Pensioenwet nie en die OBK het dus die vryheid om veel meer as ander pensioenfondse in die buiteland te diversifiseer.

Slegs 5% van die OBK se fondse word glo internasionaal belê terwyl nog 5% glo in die res van Afrika belê word.

“In die lig van die feit dat Suid-Afrika tans veel stadiger as die meeste lande ter wêreld groei, en veral in vergelyking met ander ontluikende ekonomieë, kan ʼn mens beswaarlik so ʼn toedeling op suiwer beleggingsmaatstawwe regverdig,” sê hy.

Malan sê die OBK het tot dusver gekies om ver onder die toelaatbare perke vir hul internasionale toedeling te bly. Maar volgens hom “oorskry die OBK steeds die kerwe met betrekking tot skuldbriewe aan sukkelende staatsinstellings”.

Die vakbond het die OBK gemaan om sy lede se aftrede as hul primêre doelwit te beskou. “Juiste beleggings in goeie maatskappye is op sig self die beste voertuig vir ontwikkeling. Hierdie sake hoef nie in stryd met mekaar gesien te word nie. Tog blyk dit dat die OBK hetsy weens druk, ideologie of ander duistere motiverings meen hulle moet volgens ʼn eksplisiete ontwikkelingsmandaat belê in plaas daarvan om net te belê volgens wat die mees volhoubare opbrengs sal lewer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Die waarheid ·

En dit beklemtoon die kundigheid van die mense wat in beheer is van ons land. Ek se altyd die woordeskat wat cr gebruik en pravin is ver bo die verstaan vlakke van ons ministers en ander hooggeplaasdes om nie eers van die rooi oorpak bende te praat nie. Nee wat dit is bewys dat n rewolusionere groep nie die intellektuele vermoee het om eers hulle eie agenda te bestuur nie wat nog van n land met al sy dinamika. Dit is wanneer die tekort aan insig,integriteit, self dissipline, betroubaarheid, leierskap om maar n paar te noem dit die duidelikste sigbaar raak. En dit is hoekom geen land hoer pp in afrika sukses vol is nie maar die meerderheid slegter af is as ons.

Onttrek as julle kan ·

As julle kan, onttrek julle pensioengeld en gou ook. Bele dit by ‘n betroubare fonds wat goed oorsee gediversifiseer is, anders kan julle alles verloor wanneer die ANC en EFF daardie laaste skat gaan loot.

Avra ·

In gister se Beeld is uiteengesit hoeveel waar belê is. Sal graag in Maandag se Beeld wil lees (in blok vorm) :
Beleggingsfonds – deur wie belê – opbrengs op elke Beleggingsfonds. Bv
Sandal – Pravin Gordan – 0
Dan kan almal sien wie verantwoordelik gehoor moet word..

Wat kan ek doen ·

Wat kan ek doen om my pensioen te onttrek uit die fonds?

OK BANG MORE IS DA NIKS OOR NIE ·

JA DIS N SAD STORIE,ALMAL VAN ONS WORRY WANT SOOS DIT NOU LYK IS DA VIR DIE TOEKOMS NIKS GELD OOR OM AFTREE NIE, MA JA AS JY JOU GELD WIL UITHAAL MOET JY BEDANK, DAN KRY JY ALS UIT NA JAN TAKS SY DEEL GEVAT HET OF JY KAN DIT OOR TRANSFER NA N ANDER PENSIOEN SKEMA TOE, DIE PROBLEEM IS BELE JY JOU GELD VIR RENTE GAAN JY MINDER MOONTLIK KRY AS JOU MAANDLIKSE SALARIS , AL WAT EK DINK IS KAP MA AAN EN WERK VAT N DING SOOS HY KOM WANT ORALS IS ALS DEESDAE N RISIKO, MENS MOET MA AANHOU WERK EN HOOP OP N BETER TOEKOMS DIS MA AL.

Elsa ·

@OK sit asb jou caps af. Boodskap lees moeilik.
1. As jy met bedank in direk laat oorplaas na n ander pensioenfonds, dan betaal jy nie belasting. Dit moet egter nie eers in jou bankrekening kom nie.
2. Moet om Vadersnaam nie n annuïteite koop nie. N annuïteit se leef tyd is slegs 10 jaar. Na dit het jy niks
3. Huidiglik kry jy verhoging op jou maandelike pensioen as jy aftree – Al is dit net 5%.
4. Dink baie mooi voor dat iemand met vervroegde pensioen op 55 gaan. Jou pensioen is nie eers 60% van jou salaris nie.
Sal goed wees as die fonds ondersoek word. Person like het my aktuale waardeer in 3 jaar voor ek met pensioen gegaan het, met R400 000 geval. Wat het van dit geword?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.