Bestuurder spring van brug ná botsing

(Argieffoto: Kent Williamson)

ʼn Taxibestuurder het van ʼn brug afgespring in ʼn oënskynlike poging om van die toneel te vlug nadat hy beheer oor sy minibustaxi verloor en teen twee voertuie gebots het.

Die botsing het omstreeks 13:28 Sondag op die M4 naby die Sidonweg-afrit in Noordeinde in Gqeberha in die Oos-Kaap plaasgevind.

“Daar word beweer die bestuurder het beheer oor die minibustaxi verloor waarna dit teen ʼn VW Golf gebots het,” het kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, gesê. “Die taxi het toe glo ook teen ʼn Opel Astra gebots waarna die Astra getol, ʼn lamppaal getref en omgeslaan het.”

Die minibustaxi het sowat 900 m van die toneel tot stilstand gekom waarna die bestuurder glo uit die voertuig geklim en van die toneel probeer vlug het. “Hy het van ʼn brug afgespring en sy regterbeen gebreek.”

Debbie Botha (48), ʼn passasier in die Opel Astra, is op die toneel dood verklaar. Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

In ʼn afsonderlike voorval is ʼn 35-jarige man Maandag in die vroeë oggendure dood nadat sy bakkie teen ʼn pilaar van ʼn voetbrug op die N2 naby Westering gebots het. Die polisie ondersoek ook ʼn saak van strafbare manslag in dié verband.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Francois ·

Solank taxi bestuurders nie vasgevat word gaan baie mense nog dood gaan op ons paaie.

AW ·

My Broet sê vir my dat in sy 40 jaar diens, dit nie die eerste keer is dat Bestuurders – weg harkloop van n botsings toneel…

Een gewikde verskoning…. ” Ek was in Skok” !!

Gert ·

Maar terwyl die regering nie ‘n standvastige en betroubare vervoerstelsel in plek het nie sal die minibus taxi’s Suid Afrika regeer

Blomme ·

Taxi bestuurders het nou al so magsbehep geword dat hul beslis sal afbrand indien daar ń ander vervoerstelsel sal inkom.

Maggies ·

Ek wonder hoeveel van die taxi bestuurders het werklik die regte lisensie en bekwaamheid om soveel mense in publieke voertuie te vervoer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.