Bestuurder vlug glo ná ongeluk drie eis

(Argieffoto: Hansie Linde)

Die bestuurder van ʼn motor wat omgeslaan en gevolglik die lewe van drie mense geëis het, het ná die voorval glo van die toneel gevlug.

Die voorval het Woensdag omstreeks 06:45 op die R61-pad by Ngcobo in die Oos-Kaap plaasgevind.

Volgens Unathi Binqose, woordvoerder van die Oos-Kaapse departement van vervoer en veiligheid, het ʼn Hyundai i20 met vier insittendes, drie mans en ʼn vrou, omgeslaan nadat die bestuurder vermoedelik beheer verloor het.

Twee mans en die vrou is op die toneel dood terwyl die bestuurder vermoedelik van die toneel gevlug het. “Bestuur onder die invloed van alkohol word as die belangrikste bydraende faktor tot die ongeluk genoem.”

ʼn Saak van strafbare manslag word deur die Cofimvaba-polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pierre ·

In geval van dronkbestuur/bedwelmd moet die wet toelaat om mens aan te kla vir moord, jy het geweet jy stel mense se lewens doelbewis in gevaar en is ten volle verantwoordbaar daarvoor.

Piet Snot ·

Pierre, Art 1 van Wet 1 van 1984 bepaal dat, as jy nie toerekeningsvatbaar is nie weens bedwelming, jy steeds skuldig bevind kan word en dieselfde straf kry as wanneer jy wel by jou sinne was.
Lees dit saam met die leerstuk v dolus eventualis (jy moes potensiële skade voorsien het), en voila, ZA reg maak reeds voorsiening vir dit waarvoor jy pleit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.