Betogings buite wildtuin ontwrig toeriste

Paul Kruger-hek (Foto: Kruger Nasionale Park)

Betogers wat die paaie in die omgewing van die Krugerwildtuin versper, ontwrig nie net toeriste wat hul bestemmings wil bereik nie, maar ook sakeondernemings in die toerismebedryf.

Die betogings duur al vir byna twee weke voort.

Inwoners van vier dorpe, waaronder Belfast en Justicia in die Hazyview-omgewing, het die afgelope week die R536 na die Krugerwildtuin met sand en boomstompe versper.

Die inwoners is ontevrede dat die paaie wat van dié dorpe verbind, nie geteer word nie. Dit volg nadat die departement van openbare werke, paaie en vervoer hulle kwansuis beloof het om dit te doen, sê Linda Grimbeek, hoof van die Kruger-Laeveld-sakekamer.

Die betogers het gedreig om die paaie gesluit te hou totdat daar aan hul eise voldoen word.

Volgens Grimbeek het betogings intussen van die R536 na die R40 by Acornhoek, naby die wildtuin, geskuif. Verkeer word tans deur die wildtuin herlei.

“Dié ompaaie jaag toeriste en afleweringsvragmotors meer uit die sak. Internasionale toeriste moet R450 per persoon betaal om deur die wildtuin te ry om private reservate te bereik,” sê Grimbeek.

Grimbeek sê die betogings was deurgaans onder beheer en nie gewelddadig van aard nie. “Geen ongewensde voorvalle is aangemeld nie.”

Ike Phaahla, woordvoerder van die wildtuin, sê daar is ook nie enige gewelddadige voorvalle in die wildtuin aangemeld nie.

“Ons bedrywighede gaan soos normaal voort. Die padversperrings belemmer egter besoekers, personeel en afleweringsvoertuie se roetes, maar darem nie tot só ʼn mate dat ons al enige kansellasies ervaar het nie,” bevestig Phaahla.

Grimbeek sê die toeriste word ook nie deur die betogings afgeskrik nie, en die toeristebestemmings hou hul gaste heeltyd op die hoogte van die roetes wat hulle moet vermy.

Die sakekamer vergader Vrydag met die departement en betrokke partye om te kyk hoe hulle die situasie kan beredder.

“Ons hoop om die probleem nog vandag (Vrydag) op te los. Die departement sal samesprekings met die inwoners moet voer en vir hulle definitiewe planne op die tafel lê oor hoe hy aan hul eise gaan voldoen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

George ·

Volgende berig lees “toeriste oppad na Kruger aangeval en geroof”

Shakespeare ·

Ag Vader. Afrika is en sal altyd in die put van armoede bly. Hulle betoog, brand af, verwoes en hulle is te onnosel om te weet dat hulle, hulself in die voet skiet. En dan hou hulle nog aan om vir die korrupte onbevoegde ANC/EFF te stem wat hulle nog verder in die armoede en werkloosheid put aftrek. Ai tog.

Pannies ·

Mooi saamgevat. Dit is die kern vd probleem.
Hulle wil alles verniet he en afbreek soos hul wil sonder om enige verantwoordelikheid te aanvaar.

PieterJ ·

Knip gaatjie in heining met vleis net buitekant, probleem sal homself oplos.

philippus ·

Besig om mense te arresteer wat krities is teen Bek-kie Cele- brity want to be…

SjN ·

Haal net die voorbok van die betogers met geweld uit en almal hardloop weg vir ewig.

Wielspore ·

Sonder die voorbok is die betoging nutteloos en om ‘n betoging gou te stop knyp jy daardie persoon.

philippus ·

Dit wat die regering nog nie vernietig het in Suid Afrika nie, dit Sal sy ondersteuners vernietig. Hulle vat die land trug na die grot era

N ·

Daar is n stuk grondpad in ons dorp tussen die plotte. Dalk moet ons die pad ook versper en brand, dalk kom teer hulle hom.

domheks ·

cANCer maak beloftes om die manse van hulle nekke af te kry. Nou is die belofte nie nagekom nie nou betoog hulle. Sal die mense leer om nie lee beloftes te maak nie. Ou ramaparra doen dit gereeld!

Waarom ·

En die onbevoegde polisie sit net en monitor terwyl motoriste aan hulle eie lot oorgelaat word.

gatgogga ·

Jy sou dit kon verstaan as jy ook ‘n sub-50 IK gehad het.

marius ·

Dit sal in duisende geslagte hierna steeds nie verstaan word nie .

marius ·

Skop die hond as jy vir jou vrou kwaad is . Tipiese afrka mentaliteit . Dit sal NOOIT verander nie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.