Betogings kan tot nóg beurtkrag lei

Eskom waarsku dat betogings die kans op verdere beurtkrag verhoog. (Foto: Maroela Media)

Eskom het Vrydag gewaarsku betogings by verskeie van sy kragsentrales verhoog die kans op verdere beurtkrag.

Fase 2-beurtkrag geld in hierdie stadium nog tot Sondag.

Die kragvoorsiener sê daar was die afgelope 24 uur onwettige stakings by nege van sy kragsentrales of ander fasiliteite nadat loononderhandelings Dinsdag ʼn dooiepunt bereik het. Die betogings het voorvalle van intimidasie en die versperring van paaie na kragsentrales ingesluit. Dit het beteken werkers en benodigdhede vir die opwekking van krag kon nie die aanlegte bereik nie, sê Sikonathi Mantshantsha, woordvoerder van Eskom.

Die toenemende onbeskikbaarheid van die aanleg het beteken Eskom moet kwaai staatmaak op sy noodopwekkingsreserwes wat nou vinniger uitgeput word as wat dit aangevul kan word.

“Eskom waarsku verbruikers indien hierdie intimidasie voortduur of versprei, sal dit die gevaar van bedryfsonderbrekings en die inwerkingstelling van beurtkrag op hoër fases veroorsaak.”

Mantshantsha sê selfs voor die stakings was die kragnetwerk onder geweldige druk.

Kragvoorsiening is ʼn noodsaaklike diens en stakings in die bedryf word nie toegelaat nie.

“Die onbelemmerde beweging van mense en vervoer van kommoditeite in en uit kragsentrales is onontbeerlik om die gladde bedrywighede te verseker en beurtkrag tot die huidige vlak en laer te beperk.”

Eskom het die onwettige optrede by die polisie aangemeld en die owerhede gevra om in te gryp om die situasie te help bestendig. Intussen word daar gesoek na oplossings vir die dooiepunt oor die loononderhandelings.

Eskom het ook ʼn beroep op vakbonde en stakende werkers gedoen om Suid-Afrikaners eerste te stel, wetgewing te gehoorsaam en hulle te weerhou van onwettige en ondemokratiese optrede.

Die kragvoorsiener het ook dié werkers bedank – die grootste deel van sy werkmag – wat steeds getrou vir diens aanmeld.

Die vakbond Numsa het Woensdag gesê die Eskom-raad en sy bestuur het geen geloofwaardigheid nie en dat hulle aandadig is aan ʼn nuwe vorm van staatskaping waar hulle aktief van werkers steel om korrupte bondgenote te bevoordeel wat politieke bande met die ANC het.

“Werkers word gebruik as die lam ter slagting om korrupsie en plundering te finansier …” het Irvin Jim, algemene sekretaris van Numsa, gesê.

Numsa sê Eskom het die afgelope week van die onderhandelingstafel weggestap omdat hulle nie vir hul optrede verantwoordelikheid wil aanvaar nie. Volgens Jim het Eskom ʼn dispuut verklaar en weggestap nadat die kragvoorsiener gevra is waarom hy geld wat bedoel is vir werkers, gebruik om miljarde aan dieselverskaffers, steenkoolkontrakteurs en onafhanklike kragvoorsieners te betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Swerwer ·

Betaal die lui lummels af wat toi toi en nie wil werk vir die salaris of ure wat gesê is hul moet werk nie en neem mense in diens wat bereid is om daarvoor en onder die voorgestelde omstandighede te werk.
Hul voeter die ekonomie op en ook almal se lewens omvêr wat werk. As ‘n mens sleg gebore en groot gemaak is bly jy sleg tot die dag wat jy jou kop neerlê.

Antie Sarie ·

Ai. Hoe mis ek die dae wat sulke optredes nie geduld was nie. Waar die “betogers”, al was dit hardhandig, uiteen gedryf was, gestop was. Hul werk summier verloor het en vervang was. Maar “mense” regte het mos voorkeur bo wetsgehoorsame burgers se regte

Swerwer ·

Antie Sarie, ek stem. Waarom was daar 30 jaar terug nooit sulke probleme nie. Ek onthou nog in Santon 30 jaar gelede waar die klomp gestaak het van Alexander Woonbuurt. Die klomp wat nie opgedaag het vir werk nie, se salarisse was tussen ons wat gewerk het verdeel.

James ·

Dit was in die ou Suid Afrika. Ons hou van die Nuwe Suid Afrika. Almal kan stem.

Waarnemer ·

Agge shame,nog n verskoning om die swak bestuur van eskom te regverdig…waarom dank julle nou nie maar net eenvoudig die stakers af en herstel die situasie deur gekwalifiseerde ambagsmanne wie pre-94 die eenhede in stand gehou het nie…..ja,ek stel dit reguit….vandat Zimbabwiers en Kubane en Ethiopiers en ander goggas aangestel is en die ou pre-94 manne afgele is,is die kragnetwerk geheel en al in sy kanon in.

Chris dupreez ·

Eskom het glad nie swak bestuur nie, ek wens ander departemente kon mense soos die huidige bestuur van eskom kry

Atta ·

Die pre-1994 gekwalifiseerde ambagsmanne mét ondervinding is nou almal al vêr oor die 60, so ek dink nie hulle is meer lus om spanner te swaai nie.

Burgermeester ·

Die mense soek verhogings, maar beurtkrag is nou al die norm. Doen eers jou werk, en dan kan daar na verhogings gekyk word as die finansies dit toelaat. Wees net dankbaar jy het werk. Maar dit is ongelukkig die kultuur wat die ANC gekweek het, vat … vat … en vat!
Is daar enige iemand met regs kennis wat vir my kan sê wat die wet bepaal ten opsigte van werkers wat onwettig staak. Mag sulke werkers afgedank word?

Henri ·

Werkersunies kaap die gewone mense se regte om deur boelietaktiek hulle “demands” af te dwing. Siek.

Antie Sarie ·

En dit is waarom unies onwettig was dertig jaar gelede

Jessey ·

Klink vir my na ‘n ESKOM/ NUMSA probleem, nie die publiek se probleem nie. Sort julle issues uit. Ons betaal ten duurste vir krag en word gyselaar gehou met nog krag verhogins, Brandstof verhogings ens. Gaan le julle probleme voor die regte deure, nie voor Jan Publiek se voordeur nie. Ek is seker ek se wat baie mense dink hier. Ons is moeg om te betaal vir julle en die regering se onbekwaamhede. Al wat julle bring is probleme, ons sien nooit enige oplossings wat ter tafel gele word nie

Perdeby ·

Sluit hulle almal toe vir sabotasie, want dit is wat dit is!!!@

Marius ·

Eskom is dan staat of ANC eiendom. Dus is dit landsveraad as ek dit nie mis het nie , want dit is dan teen die staat of regering gaan met aksie of geweld. Dank hulle af en stel bevoegde mense aan aub.

henndrik ·

Arresteer hulle vir terrorisme – dit is wat dit is as hulle Eskom verhoed om hulle werk te doen

Sakkie ·

Kom Cele. Ramptoestand nou opgehef. Tyd om jou hoed af te haal en te begin werk. Gaan sluit die klomp kaders wat staak toe, MAAR nee, jy is te slapgat….

Di ·

EEN ding wat besig is om hierdie land te verwoes is VAKBONDE! Vandat Vakbonde gestig is, is daar net CHAOS en verwoesting in hierdie land. Vir elke liewe ding word daar gestaak, optogte gehou en verwoesting gesaai.

Frank John ·

Ou Siener van Rensburg het dit nogal voorspel dat die stakings/betoogings die land sal lam Lê.

Swerwer ·

Nou ja, nou volgens die 11 uur Nuus, is ons op fase 4 beurtkrag te danke aan die wonderlike flukse mede landsburgers wat nie weet wat en hoe om vir hulle self te sorg nie want die regering stop hul mos alles in.

marius ·

Maak wat julle wil . Die hool is grond toe en dit sal nie verander nie .

Harley Davidson ·

Met staking is daar beurtkrag sonder staking is daar ook beurtkrag die punt is eskom kan nie krag lewer vir die piesang Republiek nie punt.

Voilet ·

Toi toi nog steeds vir meer geld wat hul nie eers reg kan doen nie. Dank hul af!! En kry mense in wat wil werk

Antie Sarie ·

Ek het nou gaan soek. Ek kry geen video materiaal van die sg stakings nie. Ek ruik n rot.

James ·

Mense, ons wou mos graag ‘n Nuwe Suid Afrika gehad het? Nou het ons hom. Hou op kla.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.