Betogings op N2 ‘blote misdaad’

(Foto: Sphiwe Hobasi/Twitter)

Die Bitou-munisipaliteit in Plettenbergbaai in die Wes-Kaap sê hy beskou die afgelope twee dae se optrede op die N2 nie meer as ʼn diensleweringsbetoging nie, maar as misdadigheid.

“Die oorweldigende getuienis dui daarop dat hierdie blote misdaad is wat boonop gepaard gaan met geweld, stropery, diefstal en vandalisme, asook opsetlike saakbeskadiging van openbare en staatseiendom.

“Daar is ʼn algehele verontagsaming van die verliese wat gely word en enorme ontwrigting wat vir sakelui, hulle werkers en gesinne veroorsaak word,” het die Bitou-munisipaliteit Donderdag in ʼn verklaring gesê.

Die N2 by Plettenbergbaai, tussen die Shell Ultra City en Kwanokuthula, bly gesluit en die veiligheid van voetgangers en motoriste op die pad bly ʼn groot probleem.

Die munisipale kantoor op Plettenbergbaai is ook steeds gesluit en die plaaslike owerheid het om verskoning gevra vir die ongerief.

Die munisipaliteit het bygevoeg ʼn kantoor van sy jeug- en sportontwikkelingsbeampte Donderdag in die vroeë oggendure geplunder, gestroop en aan die brand gesteek, terwyl verskeie ander ondernemings in die dorp se nywerheidsgebied óók geplunder is.

“Die skade en verliese gaan waarskynlik miljoene rande beloop,” aldus die munisipaliteit.

Die polisie het sy teenwoordigheid in die omgewing intussen vergroot.

(Foto: Snazo Gulwa/Twitter)

“Dié misdadige optrede word ten sterkste veroordeel en ʼn beroep word op ooggetuies gedoen om met inligting na vore te kom sodat die skuldiges voor stok gekry kan word. Bitou gee intussen sy volle samewerking aan die polisie.”

ʼn Vergadering gistermiddag tussen die betogers en die munisipaliteit het op ʼn dooiepunt uitgeloop. Tydens die vergadering het betogers geëis dat Dave Swart, ʼn DA-raadslid in wyk 2 en Anne Windvogel, ʼn DA-raadslid in wyk 4, bedank.

Die munisipaliteit sê egter hy is nie by magte om raadslede te herroep nie en dat enige besluit daaroor by die betrokke politieke party berus.

Luidens berigte is die lughawepad by Knysna, wat as alternatiewe roete vir die N2 gebruik is, intussen ook gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Johan ·

Die opsomming van hierdie “betoging” is beslis in die kol. Dit geld egter vir die meeste ander georganiseerde chaos. Pas die wette aan sodat die polisie meer magte kry en stel sommer baie strenger wette in. Die wette moet dan genadeloos toegepas word. Die kultuur van wetteloosheid moet gebreek word.

Anoniem ·

Betoon geen genade, laat die skuldiges gevang en gestraf word !

Kobus ·

Hoor julle iets anders as doodse stilte van Ramaphosa & Cele.

marous ·

Dit dra die goedkeuring van die regering weg , dis hoekom daar geen daadwerlike optede is nie .

HM ·

Leer niemand ooit n les nie. Daardie skade moet herstel word …. jul provinsie se begroting word geraak. Julle wat verwoes veroorsaak verdere armoede.

Johan ·

As dit dan misdaad is, hoekom word dit toegelaat? Die wat veronderstel is om orde te handhaaf, staan net rond en “monitor” die situasie. Hulle is plein net pateties!

Gert van Wierdapark ·

SA is skynbaar in die mag van die misdadigers!!! Wetteloosheid vier hoogty en dis nie eens Volmaan nie!?

Foxi ·

Kom ons wees nou eerlik…..niemand is meer bang vir die regering nie. Hulle doen niks en is bang vir hulle eie mense. Want daar waar hulle sit, wil hulle sit. Te bang om op te tree. Hoe langer die regering hierdie dinge gaan toelaat, hoe minder sal hulle later iets daaraan kan doen. Al wat dan kan gebeur is om te bedank en die gemors oorlaat aan n ander kader.

JG ·

Hierdie is lankal nie net meer “misdadigheid” nie…dit is sabotasie. Geen ander ordentlike land sal so iets toelaat nie…

Frm ·

Dit is die regering(anc)wat hier agtersit. Dit is hkm hulle so stil is. Die eise is n bewys en dit het niks met dienslewering te make nie.

Johan ·

Ek dink alle betogings is blote misdaad. Die tekens van land onder terririste beheer…

Rooimier ·

Sabotasie , misdaad en anargie. Geen wonder als gaan agteruit nie. Dan droom ons van nuwe stede en die vierde nywerheidsrewolusie!

Nico ·

Dit is net jammer hulle ruk nie so na die ANC se hoof kwartier nie om ACE en sy trawante se koppe te soos die raadslede in Plett nie.

Gatvol ·

Tans ‘n inwoner van Plett. En dit is verskriklik wat hier aangaan. Ons geliefde Mayor Peter Lobese ry met’ n nuwe kar rond en verdien R16 miljoen n jaar,maar steeds word daar vir die ANC gestem.

Peter Holmes ·

Onder die ou regering was hierdie misdade Bylae I misdrywe. Jy kon die klomp op die plek doodskiet. Daar was wet en orde in daardie tyd. P.W.Botha en John Vorster sou lankal n noodtoestand afgekondig het en die klomp vir 180 dae aangehou het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.