Beurtkrag afgeskaal

Beurtkrag geld in hierdie stadium nog minstens tot Vrydag om middernag. (Foto: Esté Meyer Jansen)

Fase 4-beurtkrag sal nog tot middernag geld, waarna daar tot Woensdag om 05:00 na fase 2 oorgeskakel sal word, het Eskom Dinsdag in die jongste beurtkragvooruitsig gesê.

Volgens die kragvoorsiener sal fase 3 Woensdag om 16:00 in werking tree en tot middernag geld, met dieselfde skedule wat Donderdag gevolg gaan word.

Fase 2-beurtkrag sal Vrydag om 16:00 ingestel word en sal minstens tot middernag duur.

Eskom sê ʼn eenheid elk by onderskeidelik Duvha en Medupi en drie eenhede by die Kendal-kragsentrale is sedert gisteroggend weer aanlyn gebring.

By Arnot, Camden, Tutuka en Kusile is eenhede egter steeds buite werking nadat dit die afgelope 24 uur onklaar geraak het.

In hierdie stadium is 5 106 MW weens beplande instandhoudingswerk nie beskikbaar nie en nog 15 576 MW is weens onbeplande instandhoudingswerk nie beskikbaar nie.

Só lyk die vooruitsig nou:
DatumDagBeginEindigFase
18 OktoberDinsdag24:004
19 OktoberWoensdag00:0005:002
16:0024:003
20 OktoberDonderdag16:0024:003
21 OktoberVrydag16:0024:002

Eskom sê hy sal Vrydagmiddag verdere inligting bekend maak, of vroeër indien enige beduidende veranderings in die stelsel plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Casper ·

Ek weet nou nie meer of ek in Malelane of klokelane woon nie,met die wisseling tussen fases.Kyk beurtkrag werk eenvoudig,as jy krag het is dit nie jou beurt nie.

Henri ·

Eskom móét nou beurtkrag probeer verminder om sy skuiwe op Eskom se raad te regverdig…

Prikkie ·

Die eenhede het nie “onklaar” geraak nie, hulle was klaar (gereed – diensbaar). Dus is hulle nou ONDIENSBAAR.

Hendrik Marthinus ·

As jy Reeds 15 000 MW buite werking het as gevolg van foute, hoekom staan en doen jy steeds 5000MW af deer herstelwerk te doen.
Sit al jou aandag aan die 15000 MW wat herstelwerk nodig het
At least Kan die 5000MW ons ligte laat brand.

Hendrik Marthinus ·

Ek Dink Dus tyd Dat munisipaliteite nie krag afsit nie
Sit slegs af waar herstelwerk gedoen word

LANA is ELANè ·

MAW net die burgers gou ñ “tease” gee. Pfft… asof enige iets wat tans om ons gebeur, ons op enige manier gelukkig kan maak, ons is te hard besig, net om kop bo water te hou, danksy ñ ruggraatlose regering wat hulself ten koste van almal verryk. Of dit nou by kers-, son- of maanlig is ons oorleef net dag vir dag, as ESKOM ons van krag voorsien is dit ñ bonus vir die oomblik!

Delia ·

Van vlak 4 na 2 en dan op na 3 n paar ure later. Weet hulle wanneer die goed gaan breek of wanneer sabotasie gaan plaasvind.
Kyk, ek is eenvoudig te dom om dit alles te verstaan

Chris ·

Ek is nou so deurmekaar met dìè fases soos ñverkleurmannetjie in n smartieboks!

Jr ·

Aahgg asb, môre kom daar n kennis uit op tv. “Our system is under strain please…………. And whoops whaps 4 or 5 units pppfffft and sorry for the short notice STAGE 4 HERE WE COME.

Mallie ·

Beurt krag is die oorsaak van al die rande wat in CR se sak beland, met die dat ons nou meer KFC en Mc Donalds koop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.