Beurtkrag dié naweek bedags opgeskort

(Foto: Maroela Media)

Beurtkrag word Saterdag en Sondag van 05:00 tot 16:00 opgeskort. Fase 2-beurtkrag sal egter vir die res van die tyd geld.

Eskom sê 13 921 MW is tans weens onbeplande onderbrekings onbeskikbaar, terwyl 6 831 MW aan beplande instandhouding afgestaan word.

“Eskom se algemene stasiebestuurders en hul spanne werk onverpoosd om te verseker dat bykomende opwekkingskapasiteit herstel word.

“Altesaam 2 560 MW se opwekkingskapasiteit behoort na verwagting teen Maandag weer beskikbaar te wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.