Beurtkrag: Dis wéér sulke tyd!

(Argieffoto)

Beurtkrag is terug en word Dinsdag van 16:00 tot 22:00 in werking gestel weens vertragings met die inwerkingstelling van verskeie eenhede, asook onbeplande instandhoudingswerk wat gedoen moet word.

Fase 2 sal in hierdie stadium geld.

Ná vanaand sal fase 2-beurtkrag daagliks van 05:00 tot 22:00 tot Saterdag duur.

Opwekkingseenhede by Arnot, Duvha, Kendal, Medupi en Tutuka wat gebreek het, asook ʼn vertraging om ʼn eenheid by die Hendrina-kragsentrale weer aanlyn te bring, het die kapasiteitsbeperkings vererger, het Eskom Dinsdagmiddag gesê.

Saterdagoggend het eenheid 2 van die Koeberg-kernkragsentrale uitgeskop tydens roetinetoetse.

“Die proses om die eenheid weer in diens te stel, is onderweg.”

Altesaam 4 599 MW is tans weens beplande instandhoudingswerk nie beskikbaar nie, terwyl nog 16 142 MW aan kragkapasiteit weens onbeplande herstelwerk nie beskikbaar is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

VaalDonkie ·

De Ruyter dink seker die WEF gaan hom op die skouer klop oor hy so “groen” is met sy loadshedding.

Hendrik Marthinus ·

De Reyter moet op sy staan, hy beteken niks
Skep net geld

Riaan ·

Die tipe berigte beteken nie veel nie. Ons wil weet HOEKOM daar so baie van die eenhede wat onlangs herstel is, WEER gebreek het. Is dit swak vakmanskap, is die sabotasie, en wat word daaromtrent gedoen.

Swerwer ·

Ons ken almal die antwoorde…………………Onkundige Kommuniste

Snowball ·

Eskom weet self nie.
Standaard antwoord, of dit nou die grassnyer, rekenaar of turbine is: “Eish, I don’t know, she’s broken”

Hendrik ·

Die gemiddelde ouderdom van Eskom kragstasies is 42 jaar. Ou goed breek al gee jy hulle nuwe parte sal die ander ou parte breek en soos ‘n ou kar breek parte maar.

piet ·

Maar dis eintlik die nuwer kragstasies met groter kapasiteit wat aanhoudend breek….

pompies ·

Ag nou ja, en hulle almal het sopas lekker verhoging gekry vir niks doen nie, en die krag situasie is in sake redding. Ons kan seker nie verwag dat die verhoging enigsins hulle sou aanspoor om beter te doen nie. Lekker ou sous trein waarop escom werknemers ry.

marius ·

Het enige iemand iets anders verwag ? . Dis ‘n riool plaas . Aanvaar dit maar , al is dit gal bitter .

Oosieoos ·

Is die saboteers al gevang indien nie dan is iemand onbevoeg om sy werk te doen

Swerwer ·

Here we go again! Wie moet ons bedank…………………..die kommuniste

Jacobus ·

Andre de Ruyter ek weet jy doen jou bes al is jy daar geplaas om die mislukkings van die vorige 26 jaar van onbevoegdheid op jou kop as wit man te plaas. Escom is soos jy self gese het n dooie perd wat die ANC REGERING net n ander ruiter gee.

vuurvliegie ·

Jou bes doen is nie goed genoeg nie. De Ruyter het te veel verskonings.
De Ruyter moet pa staan vir die loadshedding en die baie hoe kragpryse.

Hendrik Marthinus ·

Een iemand wat ek mee saamstem
Hy is die CEO hy moet verantwoording doen en hy doen nie

piet ·

Wel dan moet hy maar van sy dooie perd afklim en iemand anders ‘n kans gee wat dalk nie dink ESKOM is ‘n dooie perd nie en dit nog wil ry. Genade dis soos om te se die maatskappy waarvoor jy werk beteken niks. As dit sy houding is oor die plek waar hy werk, moet hy maar gaan.

vuurvliegie ·

De Ruyter aanhangers moet nie kla nie.
Kry vir julle—Lekker loadshedding met baie hoe kragpryse

Hendrik Marthinus ·

Amen stem saam
Almal se held held maar almal sit sonder krag

Jr ·

De Ruyter in swart is in the house. Useless ceo. Hy is te besig om krag tariewe op te jaag. Wanneer gaan sy fans besef hy kan nie die job doen nie.

Hendrik Marthinus ·

En wat se julle de Reyter aanhangers nou
In verlede was dit swak bestuur, kamstig in verlede nie sabotasie nie, net kamstig kader employment.
Nou is die verskoning omdat dit n wit man is, kamstig sabotasie
Nee wat hy is daar vir die geld en vir niks anders.
In sy kort termyn aan die stuur stel hy ongewenste rekords op.
En nie rekords vir minste loadshedding nie, nee vir meeste loadshedding ooit.
Geen wonder ons Kan nie leef nie, want mnr de Reyter laat ons land miljoene elke uur verloor met sy instandhoudings werk, wat net nie klaar Kom nie
Lyk my hy kry fong Kong parte by sy vriende

piet ·

Sy prioriteite is verkeerd. Hy wil met alle mag en mening geld spaar. Dis nie nou tyd vir geld spaar nie, dis ‘n krisis en moet hy juis geld spandeer om die gemors reg te kry.

Kokkies ·

Hulle het vir die laaste twee weke gepraat van die petrol wat afkom, maar nou uit die bloute kom die krag ook af.

Arend ·

As die aanhoudende brekasies, onbeblande instanhoudings, herstel van eenhede wat gedurig breek, herhalende instel van beurtkrag, ens., as ESKOM se CV sou dien, sou ek verseker NOOIT só ‘n “instansie” wat aanhou om te onderpresteer en dit luidkeels verkondig, aangestel het nie. Maar ESKOM pas seker nie ‘n prestasie maatstaf toe nie. Verseker nie goeie bemarking vanaf ESKOM om sy dienste op só ‘n manier te adverteer nie!

Antie Sarie ·

Ek glo al lankal nie meer dit gaan oor instandhouding nie

Hendrik Marthinus ·

Geniet dit mnr
Pasop netnou trek de Reyter ook Kaap toe, Dan gaan jy beslis loadshedding kry
As n robot te lank werk Plaas hy hom op loadshedding

piet ·

Waar bly jy? Ons krag gaan gereeld af met loadshedding in die noordelike voorstede.

Antie Sarie ·

Die mense glo nog die strooi. Oorsee het hulle rolling blackouts. Elke land het n “ander verskoning”

Hendrik ·

Ek gee #AA, kader ontplooining en #BEE die skuld. Verder hetek al 10 jaar gelede maar my DSTV gelos en dit gebruik om vir my ‘n totaal van die Eskom stelsel te kry en met geen Eskom koppeling. Geen vloekery en vinniger wys in ons huis, net beterweterige glimlagte as ek nou dink hoe vasgegroei ons mense in hul lekker lewe is.

Nico ·

Dit is absolute swak instandhouding, mense is onbevoeg en het geen maar niks ondervinding om sulke werk te doen nie, bring geskoolde mense in wat die nodige kennis het.

Nie Verbaas ·

De Ruyter, kry oordentlike tegnikuste en ingenieurs en jou lewe sal makliker word. Jy kan nie op mense vertrou wat geen insig het nie, maak nie saak hoeveel keer jy hom/haar vir opleiding stuur nie. Of is dit die basiese vereiste vir n uitstekende tegnikus wat jy nie verstaan nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.