Beurtkrag duur voort

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Janosch Diggelmann/Unsplash)

Eskom het Dinsdagaand gesê fase 2-beurtkrag duur Woensdag- en Donderdagaand tussen 17:00 – 05:00 voort weens ʼn gebrek aan opwekkingskapasiteit en voortgesette vertragings om eenhede weer aan die netwerk te koppel.

Beurtkrag word Vrydagoggend om 05:00 opgeskort.

“Die verlenging van die beurtkrag word veroorsaak deur ʼn gebrek aan opwekkingskapasiteit en voortgesette vertragings om vier kragopwekkingseenhede by die Camden-kragstasie en twee eenhede by Tutuka-kragstasie weer aan die netwerk te verbind,” het die kragvoorsiener in ʼn verklaring gesê.

ʼn Enkele eenheid wat vanoggend by die Lethabo-kragstasie ʼn kragonderbreking beleef het, is vanaand weer aan die netwerk gekoppel. Dit sal egter ʼn tydjie duur vir dié eenheid om weer op volle kapasiteit te wees.

Eskom waarsku dat enige verdere probleme op die kragopwekkingseenhede dit sal noodsaak om beurtkrag te verleng.

“Ons het tans 4 804 MW op beplande instandhouding en 15 300 MW is nie beskikbaar nie weens onbeplande kragonderbrekings.

Eskom bestuur die nood-kragopwekkingsreserwes om die fase van beurtkrag te beperk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

SjN ·

Kragvoorsiener/ Reus kan tans nie krag voorsien nie, dit is dus hul primere taak, uiters swak.

BARNEY ·

Ek dink dit word veroorsaak deur n gebrek aan kundige personnel en korrupsie

Hercules ·

my opregte gebed vir die hele wêreld is dat almal in gees, siel en liggaam deur die Heilige Gees oorweldig sal word, dat elkeen se gedagtes volkome deur God die Vader in sy seun Jesus Christus oorheers word en almal wedergebore en tot bekering sal kom….Amen!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.