Beurtkrag: Eskom-stelsel onder ‘ongelooflike druk’  

Argieffoto (Foto: Mujahid Safodien/AFP)

Die kragnetwerk is onder ongelooflike druk en hoewel die kanse vir fase 7-beurtkrag hierdie week wesenlik is, lyk fase 6-beurtkrag in hierdie stadium vir die hele week meer realisties.

Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, is dit die terugvoer wat die vakbond van sy lede by Eskom ontvang het. “Daar is egter steeds geen sprake van ʼn totale ineenstorting van die netwerk nie.”

Fase 6-beurtkrag is Sondag om 16:00 tot verdere kennisgewing ingestel en sal na verwagting die hele week geld, het Eskom gewaarsku.

Die kragvoorsiener sê nóg opwekkingseenhede het onklaar geraak, terwyl ander nou nóg langer neem om weer in werking gestel te word.

Altesaam 4 524 MW is tans nie beskikbaar nie weens beplande instandhouding, terwyl ʼn massiewe 19 333 MW weens onbeplande onderbrekings nie beskikbaar is nie.

‘Oplossing is moontlik’

Volgens Hermann beweeg die regering totaal te stadig om die private sektor op die kragnetwerk te kry.

“Daar is 2 300 MW se privaatkragopwekking by Nersa geregistreer. Wat hierby uitgesluit is, is sowat 4 000 MW wat reeds op dakke van Suid-Afrikaners is. Dit is gelykstaande aan ses fases beurtkrag.

“In plaas van rondhardloop en allerhande ander planne en nogmaals planne maak, moet die regering  aggressief ʼn bedeling skep wat dit vir die privaatsektor tegnies en kommersieel moontlik maak om krag aan die netwerk te verskaf. Die privaatsektor en huishoudings sal vir ons kragstasies bou.”

Eskom se opwekkingsvermoë gaan versleg en nie verbeter nie, meen Hermann. “Die antwoord is op ʼn ander plek en nuwe tegnologie maak die antwoord al meer moontlik en haalbaar.

“Ons raak aan fase 7-beurtkrag en sit in die donker as gevolg van die regering wat voete sleep. ʼn Oplossing is moontlik, maar die regering is funksioneel en ideologies te gestrem om dit te vind. Hulle kan die oplossing frustreer, maar die woede van die land en die momentum van die private en gemeenskapsektor is te groot om dit te keer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Vir alle praktiese doeleindes het die stelsel klaar in duie gestort.

whatever ·

Nou toe. Waar is die nuwe minister van elektrisiteit? Hy wat gesê het die probleempie word sommer vinnig vinnig opgelos. Spul onnoseles

Zollie ·

En waar is die klomp wat gesê het André de Ruyter het niks gedoen nie. Daar was volgens hulle meer beurtkrag in die tyd wat hy by Eskom was.

Sobymykoolkop ·

Pietman jy duidelik nie gedink voor jy gepraat het nie.

Sobymykoolkop ·

En dis die kader wat gesê het hy is ń ingenieur en de Ruyter nie.

Maria ·

AL waaroor die nuwe minister praat is megawatts! Sy nuwe naam by my is ‘megawatts’ Toe hy aangestel word het hy van een kragstasie na n ander gegaan en met n glimlag ons verseker beurtkrag gaan verminder word! En nou????

Nelia ·

As die sisteem dan so onder druk is, hoekom word die minster uitgelaat vir beurtkrag? Hulle moet n fase hoër as ons kry, dan sal hierdie probleem lankal opgelos word.

Jacobus ·

Hulle weet nie van beurtktag nie want die belastingbetalers het vir elkeen n generator geskenk.

Danie ·

Die kersie op die koek is dat die lot goed wat nou in beheer van Eskom is ongelooflik onbevoeg en ongelooflik skelm is. Daarom dat dit ongelooflik lank gaan neem om die probleem regtig op te los. Soos gestel is, is daar +/- 6000mw beskikbaar maar wat nie gebruik word nie omdat dit nie kaders gaan baat nie.

Jacques ·

So as dit nie vir Suid Afrikaners is wat sonpanele op hulle dakke het nie, was ons nou by Vlak 12 beurtkrag? Dis geweldige agteruitgang. Dit gaan my kop te bowe dat die ANC nog nie van sy troon afgeruk is deur Suid Afrikaners nie.
Net terloops, steenkool bly maar die enigste ekonomiese en volhoubare manier van kragopwekking. My 8kw sonkrag sistem produseer boggerol op reëndae soos vandag en was duur om te installeer. En mense moet nie dink sonkrag is ‘n eenmalige uitgawe nie. Eskom moet reg teen alle koste. En die ANC moet absoluut aanspreeklik gehou word.

Delia ·

Dankie Jacques vir jou eerlikheid oor sonpanele op reënerige dae. Mense laat dit soms klink asof dit net al die probleme oor krag oplos

Jacques ·

Hi Delia. Sonkrag stelsels het beslis beperkinge. Dis beslis ontoereikend om ‘n ekonomie met industrieë aan die gang te hou. Soos Dawie Roodt in ‘n onderhoud gesê het, die ekonomie het sterk “base power” nodig en dit kom van steenkool kragsentrales af. Sonkrag is op sy beste net aanvullend in my opinie.

Delia ·

Dankie. Moet ook sê my solartjie vir my geiser help baie. Maar moet ook sien wat dit hierdie winter gaan doen.

Daniel ·

Daar is sekere mense wat sal aanhou ANC stem kom wat wil. Dink jy die wat toelaes kry gaan skielik teen die ANC stem?

Piet parys ·

Jou battery pak moet groot genoeg wees om 2 dae te hou. Maak aanpassings . Werk volgens jou stelsel en nie wat jy gewoond is om te doen nie .

Blomkind ·

Patetiese spul. Brand eerder die Land heel af. Want hier is wragtig niks meer om na uit te sien nie. “Gebruik krag spaarsamig” Watse blerrie krag!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Maar onthou julle moet nogsteeds vir die krag betaal. Moeg tot in die binneste van n mens siel.

Koen ·

Tog pak die mense hulle karavane en bote met elke vakansie en langnaweke – see toe. Baie mense leef baie lekker in soinnige SA.

TruthDealer ·

Miskien kan dit n antwoord wees vir baie mense, gaan leef in n karavaan, braai wors as jy nie vleis kan bekostig nie, en koop data vir selfone om jou mee besig te hou. Ek wil dit eintlik graag doen maar my seun werk en ek wil hom nie agterlaat nie.

Frank ·

En Frankfurt?????????????????? Die JHB hooggeregshof se besluit was krimineel, ekonomiese sabotasie medepligtigheid

Di ·

Die korrupte regering moet WAAI, punt! Ons het nou genoeg gehad van die onbevoegde skelms! Ons landsburgers moet hierdie spul fisies gaan uithaal en wegjaag

Koen ·

Is jy bereid om teen die der miljoene anc ondersteuners op te staan. Gaan gerus voort.

Gert ·

Dit word net duideliker dat die gemors waarin Eskom verkeer nie die gevolg is van onkunde of onvermoë nie. Hierdie is ‘n doelgerigte en beplande ineenstorting van die sisteem. Daar is nie ‘n makliker manier om ‘n land se ekonomie te vernietig as om die kragnetwerk in duie te laat stort nie. Die ANC se ekonomiese beleide het reeds die land se ekonomie tot in die doodskis gedryf. Ineenstorting van die kragnetwerk sal net die laaste spyker in die kis wees.

Theunis ·

Ek glo nie dat beurtkrag toepassings meer kundig bepaal kan word nie, daar is te veel wisselvaligheid in die energie beskikbaarheid en die “kundiges?” weet nie meer hoe om die probleem te hanteer nie, dit is dus nou net ‘n syfer vir oë verblindery.

Andre ·

Die probleem lê by die aanstellings. As dit nie n anc kader is nie, word niemand aangestel nie. Kyk terug na 2000 toe Eskom as een van of die beste kragvoorsieners in die wereld was. En kyk dan ook sommer wie was toe in beheer van die kragstasies. Waar is Eskom nou? In sy kanon.

Marius ·

Die kort en die lank is dat daar GEEN BEVOEGDE PERSOON is by eskom om die werk REG te doen nie.
Die ander kant is , hulle soek verhogings en meer geld wat hulle nie gaan kry nie en nou word fases van beurtkrag verhoog totdat hulle , hulle sin kry.

Siestog en intussen is dit hulle eie mense wat ly onder die tipe optrede = Landsveraat.

Jessey ·

In al die jare wat ek ondervinding het met onderhoud, en groot industrie, kan ek eerlik waar se dat daar een massiewe probleem is by enige onderneming wat ‘n groter “onbeplande” as beplande onderbreking toon.

Effektief beteken dit dat jou voertuig net dood eenvoudig meer staan as ry, want jy hou nie die ding in stand nie. Miskien tyd om behoorlik reg te maak voor julle aansit? Instede van net ‘n pleister plak en hoop vir die beste?

As jy bly pleisters plak, val hulle almal naderhand gelyk af en dus “onbeplande” onderbrekings. Maar nou ja, gelukkig betaal die belastingbetaler vir al die pleisters, so wie sal nou regtig omgee, ons het dan ‘n kas vol van hulle, en indien nodig, kan Tesourie vir ons nog miljoene gee (nee die regering gee nie die geld nie, dis die Pothole geld wat gebruik word), so nou kan die steenkool in elke geval nie by die kragstasie kom nie, want die conveyor is stukkend en die paaie is vol gate.

Carel ·

ADR het tydens sy onderhoud genoem dat die Kaders eers ‘n finansiële instrument moet goedkeur wat hulle in staat stel om te “EET”, voordat ander rolspelers tot die mark toegelaat sal word. (jy kan nie fototone & wind verkoop nie . . . wél steenkool.
Die magtige Elon Musk kry dit nie eens reg om Starlink internet, in RSA te loods nie, omdat hy nie met “The People, she must EAT”, se beleid akkoord gaan nie

Franz ·

Instandhouding ,instandhouding,instandhouding,dit is die grootste probleem,al die pleisters wat opgeplakword,is nou besig om te verkrumel.Die regte mense om die instanhouding te doen,net so n groot probleem.Al die onwettige aansluitings,nog n groot kopseer.En dan die bestuur ens van Eskom is n omgekeerde piramide.Beslis te veel base en te min kwaliteit werkers.Die ministers ens stel net meer en meer mense aan in hoe posisies wat nie n benul het hoe n krag stasie werk nie.Daar is net n handvol mense op voet sool vlak wat weet hoe om n krag stasie se masjienerie te bedryf.Feit.

Koos 100 ·

En dan is daar dorpe met sonpanele wat nie toegelaat word om beurtkrag in die dorp te verminder nie. Die huidige regering het nie die wil, lus, kennis of durf om die kwessie op te los nie.

Johanna Aletha ·

Dieselfde ou storie en verskonings oor en oor. Ongelooflik, nimmereindigend.

Wonder ·

???? ek verstaan nie hoe werk dit nie maar ons het so te se 10 ure n dag krag met loadshedding ekt al n gas stoof wat ek gebruik vir kos en koffie te maak, ek is die meeste van die dag alleen my die huis en ons gebruik 24 – 30 eenhede n dag waar ons voorheen met stoof en ketel 14 eenhede n dag gebruik het…

Kokerboom ·

Die Minister van Elektrisiteit was ‘n onnodige, skyn aanstelling vir politieke doeleindes. Die persoon het NIE deie kennis en vermoeë om die probleem te takel. Alleenlik die Eskom HB en sy span met onpartydige buite eksperte weet en kan probleem uitsorteer. Politici is gevaarlik e-n moet nie eers in vergelyking wees.

JvR ·

Die feit dat Frankfort gedwing was om op te hou om beurtkrag te omseil, spreek boekdele. Daar is n rede waarom ALMAL onderwerp moet word aan beurtkrag. Maargeen sal dit nie plaas nie

Isobel ·

Weet hulle hoe dit voel met 10 tot 11 ure sonder krag per dag. Dit is so goed of ons het geen krag nie.
Ja ek wonder waar is die minister van elektrisitein. Dit gaan al slegter en slegter. Plaas dat hul se die stelsel het totaal en al ingestort.

Theunis ·

CR, sy kabinet en die regerende party moet ophou mooi stories praat van hulle “nie bestaande” kundigheid en eerlikheid, die feit van die saak is dat daar tans geen positiewe resultate is tot ons regsbestaan en vooruitgang, die verslegting in beurtkrag is ‘n goeie voorbeeld van die regering se oneffektiwiteit, ongewilligheid en onbetroubaarheid, hulle belange is net tot hulle-self, hulle sal dus geen moeite doen om beurtkrag te wil opklaar nie.

Amelia ·

hoe is dit dat daar elke dag herstelwerk plaas vind maar steeds nie 1 kragstasie wat reg is nie hier steek meer agter as wat dit op oog af lyk Een van die dae is daar seker geen krag want al die kragstasies is aan die herstel

domheks ·

cr probeer almal gerusstel, maar niemand glo die ou blikskottel meer nie! cANCer wil die land totaal laat verval – hul slaag ook nogal goed daarin. Al waarmee hulle goed is.

sterk soos n beer ·

dis alles anc se skuld. hulle het geen kennis nie en stel onkundige aan sonder matriek

Amelia ·

al het hul matriek 33% beteken dit niks wil nie werk nie so die matrieks sal niks help nie sommige mense wat nie matriek hetnie doen dit beter as matriek persoon

SwartBees ·

Die stelsel het KLAAR sy allie gesien! Die mafia-anc wil dit nie erken nie maar gebruik dit nogsteeds as trog om hul self verder vet te vreet.

Casper ·

Wat veroorsaak onbeplande onderbrekings?Hoekom sukkel hulle om eenhede aanland te bring?’n algehele ineenstorting is nou ‘n realiteit Dr.Herman.

Wondermaarnet ·

As eskom onder soveel druk is, hoekom ‘n hofbevel kry teen die sonplaas in die Vrystaat? Hulle lieg alweer!

Joe ·

Gert se kommentaar hierbo is 100% in die kol. Ons sit almal die pot mis wanneer ons dink dis die ANC se onbevoegdheid wat die probleem is. Dit is nie. Dit is juis hulle kommunistiese plan om die land se ekonomie te verwoes. Hulle verklaarde oogmerk van ‘n NDR spreek vir sigself. Hulle werk hard daaraan om dit te verwesenlik. Hulle maak ook geen geheim daarvan nie. Waar het jy al ooit gehoor van ‘n politieke party in ‘n vryemark Westerse demokrasie waar die staatshoof en sy ministers en volgelinge “comrades” en “cadres” genoem word? Die ANC noem homself nie eens ‘n politieke party nie, maar ‘n” movement” of ‘n “collective”. Ons moet wakker word en die spul herken vir wat hulle is.

Ronél ·

Net nog ‘n kader wat betaal word om sy mond the hou – Min van Elektrisiteit.

Aai ·

Die banke weet iets wat jy nie weet Dirk hulle maak reg vir totale netwerk ineenstorting dit is klaar bespreek en hulle het nie n plan.

Amelia ·

weet as daar nie krag is nie kan die kriminele net rustig voort met hul plunder togte (lees boek boodskapper van God siener van rensburg)

Althes ·

Die ANC se halstarrigheid om Eskom wat hul in die grond bestuur het, te verkoop of privaatsektor om ekstra energie in te laat in stelsel, laat my verstom.
Duidelik het hul GEEN vermoë om ñ land te regeer nie!

Republikein in die Wes Kaap ·

Die kaders gaan Eskom vir R1 koop en met staatsgeld herbou.

Agie@toeka ·

Hulle moet voorsien en klaar! Hulle is gou genoeg om geld te vat en moet eenvoudig voorsien. Hulle leierskap probleme moet hulle uitsorteer want as ek probeleme het veseker ek dat ek niemand verontrief nie!

Papsak ·

Ag SA is nie besig om dood te gaan nie hy is reeds dood hier kom niks reg nie waar is die gevaarlike gladde bek minister van elektriesetyd nou hy doen niks nie hou op met julle fases en verskonings begin iets doen eers was dit levels nou fases waarmee wol julle nog SA omver gooi

Papsak ·

Ek dink die ANC moet hulle self fire want hulle beteken niks nie regtig !!!!!!!!!!!!!

LANA is ELANè ·

Die regering wil beslis nie die gans wat die goue eiers lê deel nie.
Hulle is besig met hul eie planne tov die privatisering rondom kragvoorsiening in die name van Patrice Motsepe se African Rainbow Energy waarby CR ñ wesenlike belang het agv sy bande met die Motsepe familie.
Maroela Media kan gerus rondom dit ondersoek instel en ophou om nuus vanuit die VSA met ons te deel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.