Beurtkrag: Fase 2 tot verdere kennisgewing

(Argieffoto)

Fase 2-beurtkrag word Vrydag om 16:00 ingestel en sal tot verdere kennisgewing geld.

Eskom het Vrydagmiddag gesê probleme by ses opwekkingseenhede by vyf kragsentrales, ʼn behoefte om noodopwekkingsreserwes te bespaar én ʼn vertraging om eenhede weer aanlyn te bring, het tot die inwerkingstelling van fase 2-beurtkrag gelei.

By Duvha, Grootvlei, Hendrina, Majuba en Arnot is eenhede die afgelope 24 uur vir herstelwerk van lyn gehaal. Daar was ook vertragings om twee eenhede by Camden en ʼn eenheid elk by Arnot en Duvha weer aanlyn te bring.

Eskom sê dit het tot die kapasiteitsbeperkings bygedra.

By Kriel en Matla is eenhede terselfdertyd aanlyn gebring.

Weens ʼn tekort aan geld om diesel vir Eskom se oopsiklus-gasturbines te koop, word die kragvoorsiener gedwing om diesel vir net die grootste noodgevalle uit te hou.

Tans is 4 423 MW weens beplande instandhoudingswerk nie beskikbaar nie en nog 16 708 MW is weens onbeplande herstelwerk nie beskikbaar nie.

Die beplande instandhoudingswerk aan die Koeberg-kernkragsentrale se eenheid een en voortgesette probleme by Kusile veroorsaak verdere druk op opwekkingskapasiteit en verhoog die moontlikheid van beurtkrag oor die volgende ses tot 12 maande.

“Eskom doen ʼn beroep op mense om in hierdie tyd geduldig en verdraagsaam te wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sobymykoolkop ·

Die ” people ” toi toi oor iemand wat al 15 jaar terug moes parool kry. Pleks hulle eerder aangaan oor BEEE en persone wat aangestel is by Eskom wat nie die werk kan doen. Eskom moet regtig dink ons is dom om al die verskonings te glo. Ons al so gebreinspoel deur beurtkrag dat ons bitter bly raak as daar vir 1 op 2 dae nie beurtkrag is nie.

Harley Davidson ·

Ek wonder of die klomp by escom werklik so onbevoeg is en of hulle moedswillig is.

koos ·

Seuns en dogters, ek het verskeie kere al hier gesê – dit gaan net erger raak. Maak ‘n plan vir jou en jou geliefdes, dit gaan jou kos. Oor al die beloftes van oor 18 maande gaan beurtkrag iets van die verlede wees, gaan vra vir Piet Retief wat hy daarvan dink.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.