Beurtkrag is terug

(Argieffoto: Unsplash)

Eskom het Saterdag aangekondig dat fase 2-beurtkrag weer tussen 17:00 en 22:00 ingestel sal word weens die voortgesette druk waaronder die kragnetwerk verkeer.

Die kragvoorsiener verwag dat dié beurtkragtye deur die verloop van die week ook toegepas sal word.

“Sedert Vrydagmiddag het opwekkingseenhede by die Arnot-, Majuba-, Hendrina- en Kusile-kragstasie uitgeskop,” sê Eskom in ’n verklaring.

Verder het ’n vertraging om 650 MW weer terug in diens te stel weens beplande instandhouding by Cahora Bassa in Mosambiek verder bygedra tot die tekort aan opwekkingskapasiteit.

Opwekkingseenhede by die Lethabo- en Tutuka-kragstasie is Saterdagoggend weer in diens gestel.

Minstens 2 389 MW word aan beplande instandhouding afgestaan, terwyl nog 17 810 MW kapasiteit weens ander probleme nie beskikbaar is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.