Beurtkrag-loslootjie duur voort

(Foto: pixabay)

’n Week sonder beurtkrag is die afgelope twee jaar ’n rare gebeurtenis in Suid-Afrika, maar volgens Eskom het genoegsame energiereserwes die kragvoorsiener in staat gestel om beurtkrag die afgelope week – en nou nog langer – op te skort.

“Beurtkrag sal tot verdere kennisgewing opgeskort bly nadat dit vir ʼn week nie ingestel is nie,” het Eskom Woensdag gesê.

“Dit is danksy voldoende beskikbare opwekkingskapasiteit, genoegsame energiereserwes en ʼn matige aanvraag wat vir die res van die week voorspel word.”

Eskom behoort teen Vrydag weer terugvoer oor die kragnetwerk te gee.

ʼn Bykomende 2 365 MW sal glo ook teen Vrydagaand weer tot die netwerk gevoeg kan word. Beplande instandhoudingswerk duur intussen voort.

Eskom sê die aanvraag na krag sal na verwagting vanaand (Woensdag) ʼn piek van 27 613 MW bereik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Goldy ·

Die stasies en dieselbegroting word getap tot op die been. Wag tot na die verkiesing…

Duck ·

Moet tog nou nie te opgewonde raak nie, baie mense gaan eers terug werk toe Maandag 8 April dan slaan die pop seker weer die fan!

domheks ·

Ons moet seker neerval en ‘dankie’ se! Hulle vergeet ons betaal ten duurste vir 1/100% krag

Johann ·

Is dit nie nou iewers verkiesing nie? Soos in laat die straatligte CEHROHL se smile mooi kan belig!

Casper ·

Johann,dit is waaroor alles gaan,die verkiesing.Dit is tog lekker om krag te he terwyl daar nog krag is,en nou spaar ek brandstof vir die kragopwekker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.