“Ons instandhoudingsplan is daarop gemik om die betroubaarheid van ons aanleg te verbeter en sodoende ons bedryfstelselreserwes te verhoog en kragnetwerk te stabiliseer. Ons strewe daarna om geen beurtkrag toe te pas nie maar die realiteit is dat ons ʼn kwesbare kragnetwerk bedryf. Ons sal voortgaan om die situasie te monitor en indien dit nodig is om beurtkrag te implementeer, sal ons dit kommunikeer.”
Eskom het ʼn beroep gedoen op gebruikers om voort te gaan om hul elektrisiteitsverbruik te verminder.
Ja Eksdom as daar vanaf 1994 behoorlike vooruit beplanning gedoen is en ag geslaan was op waarskuwings vanaf bevoegde gewese personeel se waardevolle menings sou hierdie toestand nie ontstaan het nie.Maar as is verbrande hout nou kruip julle en julle onbevoegde ongekwalifiseerde bestuur weg agter nood situasies en onderhoud wat gedoen moet word terwyl dit vir donkiejare sonder enige noemenswaardigheid verskil as deel van n jaarlikse onderhoudsprogram gereeld gedoen was sonder verskonings.
Bruno Stef ek stem 100% saammet jou . Ek glo ook dat die kragonderbrekings n skelm set van Eskom en die ANC is om ons sag te maak vir tariefverhogings vorentoe.
Wel ons sit al die hele oggend sonder krag