Beurtkrag tot Maandag opgeskort

(Foto: pixabay)

Te danke aan die eenheid by die Kusile-kragstasie wat Saterdag weer begin werk het nadat dit sedert Oktober verlede jaar buite werking was, is beurtkrag tot Maandag opgeskort.

Maroela Media het vroeër berig dat ʼn gedeelte van die kragstasie op 23 Oktober 2022 ineengestort het terwyl die eenheid vir herstelwerk gesluit was.

Byna ʼn jaar later is die eenheid uiteindelik weer in diens gestel.

Die kragvoorsiener sê weens die volgehoue ​​verbeterde opwekkingsverrigting asook die laer as verwagte vraag na elektrisiteit, sal beurtkrag tot Maandag om 16:00 opgeskort word.

Fase 2-beurtkrag sal daarna geïmplementeer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Harley Davidson ·

Die krag in Pretoria was Saterdag vanaf 6 tot 12 af gewees.

miraclealigner ·

Ja en vanoggend is die weer so bietjie koel en plek-plek effens nat, dié euforie gaan nie hou vandag tot 16:00 nie…

Papsak ·

Eskom het lus vir speel hoe werk dit alles die hele naweek en nou maandag poef af is die ligte nee wat los dit is n lost !!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.