Kusile-eenheid dalk maande buite werking

’n Eenheid van die Kusile-kragstasie in Mpumalanga kan weens ’n stelselfout moontlik maande lank buite werking wees.

Eskom het gesê die gedeelte wat ingegee het, is soortgelyk aan ’n skoorsteen en dat dit op 23 Oktober plaasgevind het terwyl die eenheid vir herstelwerk gesluit was.

Ondersoeke en assesserings is aan die gang om die oorsaak en omvang van die skade vas te stel, asook hoe lank dit gaan vat om te herstel.

“Alhoewel dit in hierdie stadium onseker is, word verwag dat die eenheid ’n paar maande lank buite werking kan wees, maar daar sal oor die volgende paar weke ’n duideliker prentjie gekry word,” het die kragvoorsiener in ’n verklaring gesê.

Toegang tot die gebied wat geraak word, word as deel van voorsorgmaatreëls beperk. Konsultasies is aan die gang om die beste manier te bepaal om die eenheid so vinnig moontlik te herstel.

Die voorval het ook eenheid 2 tydelik geraak en as deel van die voorsorgmaatreëls word daar eers gewag voor die eenheid weer in werking gestel word.

Die Kusile-kragstasie is al jare in aanbou en daar is onlangs bekend gemaak dat dit nog R14 miljard gaan kos om die kragstasie te voltooi. Die totale koste van die kragstasie sal na verwagting meer as R160 miljard wees, meer as dubbeld die aanvanklike vooruitskatting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Fanie ·

Verduidelik asb hoe ‘n rubber seel/koppelstuk kan bars – as stelsel af is vir onderhoud? Meer detail is in die news24 artikel, maar hoe die stuk wat gebars/ontplof het so gekom het word nie uitgelig nie. Wat frustreerend is , is dat dit nou 12 dae is voordat hulle enige inligting vrygestel het

Danie ·

Sabotasie,swakfakmanskap,ens dit is n eindelose drama en verskonings.Hulle praat van miljarde hoe gaan die staat enige iets bereik selfs hernubare energie daar is nie geld nie dit is alles weggedra.Skaamtelose en gewetenlose misdadigers.

Duck ·

En hier gaan ons alweer. Wonder wat is volgende? Glad nie verbaas nie

Johan ·

Verbaas my glad nie. Ek sal begin dink dat ek dalk dood is of droom as sulke nuus nie op ‘n daaglikse basis bekendgestel word nie.

Martie Smartie ·

Duurste flop in die geskiedenis vd heelal … reg hier in SA. En dis hoekom ons astronomiese pryse betaal vir krag. INCOMPETENCE + KORRUPSIE = ESKOM = ANC REGERING = PUBLIEK SAL HOES

Surfer ·

Net 15% van die publiek sal hoes ja! En 99,9% sal suffer met loadshedding.

Old no7 ·

Nie te sleg gevaar nie. Nogal lank gehou vir ń ANC projek…..

Republikein in die Wes Kaap ·

Kusile en Medupi sal stuk vir stuk uitmekaar val totdat daar net twee rommelhope lê.

Republikein in die Wes Kaap ·

En De Ruyter sê gister dat die verlenging van Koeberg ‘n goeie besluit is. Hopelik sal die Internasionale Atoom Energie Agentskap die planne stop. Die Franse groep wat Koeberg ontwerp en gebou het moet hul ondersteuning ook weerhou. Inwoners wat binne ‘n radius van 100 km van Koeberg woon moet besware aanteken. Daar is net te veel op die spel.

Staal ·

Die ducting aan die binnekant moes losgekom het wat op sy beurt die expansion joint aan die buitekant afgeskeur het. Die rede waarom hy losgekom het, kan ’n ingenieurs fout, fabrikasie fout of materiaal kwaliteit wees. Die “expansion joint” is nie van rubber nie, maar van ’n metaal wat genoeg rekbaarheid het om die termiese lading van die pyp te absorbeer gemaak. Sy doel is nie om die gewig te dra nie maar slegs die uitsetting en inkrimping wat deur sikliese temperatuurveranderings veroorsaak word te absorbeer.
Dis interessant dat die pyp op die foto nie insulation op het nie.

Peter ·

Wit olifant, nognie eens klaar gebou nie en herstelwerk reeds nodig, bwa ha ha

Sandra ·

Vrot pyp wat natuurlik nooit instand gehou was nie. Daar word nie gekyk of iets herstel moet word nie, hulle wag dat die hele ding ingee en dan moet alles gesluit word om reggemaak te word. Pleks doen hulle so nou en dan instandhoudingswerk om die plek oop te hou.

Pietertjie ·

Nou wag ons vir die skoorsteen om na benede te tuimel.

Nie Verbaas ·

Meer as dubbeld? En die kaders wat die tenders gekry het leef in weelde en alles is maar reg so. Was daar al enige ondersoek oor waar die finansies heen is? Kan net dink wie die bourekenaars was.

Snowball ·

Die son sal oor 5 biljoen jaar uitgebrand wees, Eskom gaan dan herstelwerk en onderhoud in die donker moet doen.

JuanRe ·

Jis dis net so snaaks om te sien hoe als waaraan hulle raak in gemors verander!!! Hier sit ons in Kanada met ons eerste sneeu storm in Alberta en die krag bly aan??? Dankie tog ons het weggekom uit daardie gemors.

Hennie ·

Dis wat jy kry as jy onosele, swartgalliges laat werk aan Jan se goed!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.