Beurtkrag tydelik opgeskort

(Foto: Dirk Hermann/Facebook)

Suid-Afrikaners kry bedags darem ʼn mate van beurtkragverligting: die kragvoorsiener sê beurtkrag word om 12:00 opgeskort.

Fase 2 sal egter weer om 16:00 inskop en tot om middernag duur. Hierna word dit weer opgeskort tot Woensdag om 16:00.

ʼn Verdere skedule vir die res van die week sal eers later bekend gemaak word.

Eskom het die verwikkeling toegeskryf aan ʼn laer vraag na krag, asook verbeterde opwekkingskapasiteit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Brigitte ·

Wat van al die mense ( ALMAL WAT IN SA WOON) wat na Covid 19 en enige ander redes……. op suurstof masjiene is??? veral deur die nag!!!!!
Het ESKOM al ooit daaraan gedink???

RS ·

Ag asb waarvoor nog die moeite doen om te se dit word op geskort. Ook nie werklik op skort as dit net later weer aangaan. Doen ons n guns moet eerder nie verslag lewe oor dit nie.

Lian ·

Ja , want groot dele van die Wes Rand IS sonder krag . Dus is beurtkrag nie nodig nie . En ons het geen terugvoer gekry wanneer die krag weer in werking sal wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.