Beurtkrag: “Waarom is ministers vrygestel maar nie hospitale nie?”

Argieffoto (Foto: GautengProvince/Twitter)

Die Demokratiese Alliansie sê dit is “skandalig” dat die Bryntirion-landgoed, ʼn klein woonbuurt in Pretoria waar die amptelike wonings van pres. Cyril Ramaphosa se kabinet geleë is, vrygestel is van beurtkrag terwyl hospitale nie vrygestel is nie.

Volgens die Nasionale Standaard genaamd NRS 048-9:2019 is hospitale van die nasionale sleutelpunte wat gelys word onder instansies wat “geskeduleer is vir beurtkrag”. Hoewel hospitale volgens wet verplig word om rugsteun-kragbronne te hê en sommige munisipaliteite, soos die Kaapstad-munisipaliteit, hulle vrystel van beurtkrag, is die DA sterk van mening dat die NRS dit nie opsioneel moet maak vir hospitale om van beurtkrag vrygestel te word nie.

Michele Clarke en Ghaleb Cachalia, DA-LP’s, sê die party sal die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) skriftelik nader en ’n onmiddellike hersiening van die NRS-regulasies versoek.

“Hospitale moet dringend aangewys word as vrygestel van beurtkrag en die kabinet se Bryntirion-landgoed moet net soos almal op beurtkragskedules geplaas word,” sê Clarke en Cachalia. “Dit is moreel verkeerd vir die argitekte van die voortdurende beurtkragkrisis om ononderbroke kragtoevoer te hê, terwyl hospitale, wat dikwels in die wedloop teen tyd is om lewens te red, te kampe het met verlies aan krag en onbetroubare kragopwekkers.”

Oorsigbesoeke wat die DA aan staatshospitale gedoen het om die impak van beurtkrag op die voorsiening van gesondheidsorg te bepaal, het aan die lig gebring dat die meeste van hierdie gesondheidsinstellings nie die nodige hulpbronne het om ’n stabiele kragtoevoer tydens beurtkrag te handhaaf nie.

Een van die hospitale, Rahima Moosa in Johannesburg, het onbetroubare kragopwekkers en het dikwels probleme met die verskaffing van diesel om die kragopwekkers aan te dryf.

“Met 2022 op koers om die ergste beurtkragjaar op rekord te wees, het Ramaphosa se kabinet geen idee hoe om hierdie dringende nasionale krisis op te los nie. Die ekonomie het honderde miljarde rande verloor en miljoene Suid-Afrikaners het hul werk verloor weens beurtkrag, maar tog kry die minister se enklawe in Bryntirion-landgoed steeds ononderbroke kragtoevoer.”

Die DA onderneem om elke hulpmiddel tot sy beskikking te gebruik om hierdie oordeelsfout reg te stel en hospitale teen die ongerief van beurtkrag te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Pietertjie ·

Vriende wat in Bryntirion (Sunnyside/Arkadia omgewing) in Pretoria woon, het nog nooit beurtkrag ervaar sedert dit in 2008 ingestel is nie. Inderdaad, almal is gelyk. Maar party is meer gelyk as ander; nie net in Animal Farm nie.

Manie ·

Dieselfde geld vir ‘n sekere gebied in Goodwood waar die parlementêre wonings is ook.

Waarnemer ·

Ek strl voor n nasionale staking by Bryntiron se ingang….wie dink cyril en kie is hulle om soos blou bloed behandel te word.

Papsak ·

Ja wat maak hulle so spesiaal mmmmm sit hulle krag ook af soosnsin moet hoapitale vehoort glad nie loadshedding te he nie maar iets is nie lekker met hierdie krag onderbrekings nie

annie ·

Belangrik is die catch word hier. Hoe sal dit lyk as ‘n minister by lamp- of kerslig moet sit en dink. Dink net; stel jou voor dr Zuma met ‘n kersie langs haar bed. Nee, mense, nee. Dit kan nie.

NWT ·

Hi Annie. As die president of n minister by n lamp moet sit maak nie saak nie. Hulle is burgers van Suid Afrika . ” Hulle sal net ervaar wat ons ervaar as hulle dit self ervaar. Maak nie saak van hul posisie nie. ” Ly saam met die wat ly en dan sal jy you van deuntjie ” verander is die spreukwoord.

Owlie ·

Wat maak enige mens maak nie saak wat sy title is belangriker as pasiente wat suffer of belangriker as familie wat n geliefde verloor omdat daar nie krag is nie Kom DA wys vir die wêreld waarvoor julle staam mmmm laat men’s wonder hoekom hulle Andre de Ruiter so graag wil uit hê??????????

KatjieDeKat ·

Hospitale is kritiese infrastrutuur, net soos die Eskom netwerk self. So ook polisiestasies, weermagbassisse and brandweerstasies. Kyk liewer om onwettige verbindings te verbreek, laat almal in die townships ook betaal en beurtkrag kry.

NWT ·

Hierdie onwettige kragverbintenis is een van die grootste redes van beurtkrag. Eskom kan maar die onwettige ontbind, binne n uur is dit weer op opgelet. Oplossing : Eskom moet die kragpale uit daardie gebiede haal. Dit is ook hoekom die elektrisiteits rekening die hoogte inskiet. Almal het die reg tot elektrisiteit ( kos , water ens ook ) maar almal moet betaal daar voor. Nie een persoon in n plakkerskamp kry n eskom of n water rekening nie. Dit is diefstal in ope daglig en niemand word daarvoor vervolg nie.

Lourens CFG ·

Die hele regering moet ook deur beurtkrag gaan, (hul privaat huise én kantore) dan sal hul gou spring om dit te laat reg maak.

Anel ·

Dalk agv al die ambassades wat daar is? Kan nie ons naam sleg maak by hulle nie. Wat ‘n grap,!!!

Anel ·

En hulle betaal nie ‘n sent nie en lag lekker vir ons wat so sukkel!!!!! Met ons belasting geld, nogal!!!!

Onbesmetlik ·

Dit is absoluut verregaande. Die ANC is die rede vir die gemors in hierdie land en dan word hulle verder bevoordeel deur geen beurtkrag. Almal MOET ALLES IN HULLE VERMOË DOEN, om dit te STOP!!!!!!!!

Peter ·

Groot menere en mevrouens leef soos koninklikes, tot die ryk tot ‘n val kom…..

Marieta ·

Ek stem. Laat alle woongebiede oor dieselfde kam geskeer word, wat betref beurtkrag! En sou ook voorstel dat Maroela eerder fotos gebruik van die werklike haglike toestande in ons hospitale, as die fotos wat hospitale valslik uitbeeld as gelykstaande as n luukse spa.

Prikkie ·

Hier in die mooiste skoonste Kaap geniet die wat in Akasia Park woonagtig is ook nie beurtkrag nie. Ook nie die buurte aangrensend tot dit nie.

Hoe kan daar verwag word dat die hogere menere en dames nou hul konkelwerk in die donker moet sit en bedink.

Witbaard ·

Skoonste van die 9 provinsies, maar defnitief nie meer so skoon soos voorheen nie.

piket ·

n Vol ja vir beurtkrag vir hulle.
Dan is hulle in hulle element en kan dalk met beter planne vorendag kom!

Misky ·

Hulle is die eerstes wat moet beurtkrag kry!!!! Asook geen spesiale behandeling in privaat hospitale nie. Slegs staatshospitale en staatsdienste gebruik soos ons. Heel agter in die ry by binnelandse sake en verkeersdepartement.

Witbaard ·

Waar is die stakers dan? Hulle staak op die verkeerde plekke.

Jack ·

Ons is tog almal in dieselfde land. Hoe kan mense wat aanspreekilik is vir die eskom gemors voorkeur bo nooddienste en hospitale kry. Hoe kan n kerkman soos ramaphosa dit selfs aanvaar. Hy moet weier om beter behandel te word as die gewone burgers van die land. Hy is nie n koning wat voor sy hut sit en oor sy rykdom kyk nie. Hy werk vir ons teen n salaris. Hierdie anc het homself reeds vernietig maar die groot stelers kom weg.

NWT ·

Die grondwet maak die duidelik….gekyk behandeling vir almal. Parlement, ministers se woongebiede asook die Uniegebou moet bbeurtkrag ervaar. Sommer fase 8 heeldag. Die spreekwoord is duidelik ” jy sal net voel hoe n ander persoon voel as jy self daardeur gaan ” Hierdie is geen oordeelsfout nie. As n miljoene gehad het sou ek vir eskom en die president hof toe geslaap het om te verduidelik wat die president en sy ministers so belang maak. Ek vermoed ook dat Eskom se hoofkantoor sy provinsiale kantore en uitvoerende komitee se huise ook nie beurtkrag ervaar nie.

Jannie van Niekerk ·

Ek merk op dat ons afduim vriend nie van hierdie berig en kommentare hou nie want hy is glad nie hier teenwoordig nie.

annie ·

Dit is hoekom ons mos die nuwe gesondheidstelsel móét kry. Nuwe hospitale en groen krag en baie geld vir Kubaanse-kundiges en heerlike kos afgelewer vanaf die Spur, verkieslik duurder plus sjampanje Vrydae, en nuwe groot SUV’s vir besture en gratis rusbeurte op Bali en… en… Hou net moed dokter!

Nico ·

Die hospitale is tog waar siek mense en nood gevalle behandel word, operasies kan nie gedoen word nie daar in krag nie. Wie is die hoog geagte president en sy ministers en die munisipale groot koppe moet ook beurtkrag kry.

Danny ·

Want SA is korrup en kommunisties, baie kort, maklike antwoord vir die opskrif. Die hoëes voel NIKS vir hulle onderdane nie, net hul sakke..

LANA is ELANè ·

Want die ministers is deel van die rampokker staat en hulle geniet voorregte waarop selfs die siekes nie geregtig is nie.
Lyfwagte, voertuie, ononderbroke elektirisiteit, reis en verblyfgelde, beste hospitalisasie in lande waar daar nie beurtkrag of kubaanse Dr’s is nie, hulle word kwytgeskeld van enige spoedgrens op die land se paaie, almal moet net koes as hulle op jou afpyl, anders kyk jy in een van hul lyfwagte se wapen of wysvinger vas… ag die lysie van voordele is legio as jy bande met die staat het. Ñ mafia bend op sy eie met die SAPD lede as hul persoonlike lyfwagte.

Swerwer ·

Onaanvaarbaar. Seker bang hul kader vriende gaan ongenooi by hul huise opdaag, klomp bangbroeke, sal enige verskoning gebruik om hulself nie te verontrief nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.