Beurtkragskedule tot fase 16 voorberei

Foto ter illustrasie. (Foto: Andrey Metelev/Unsplash)

Die instelling wat verantwoordelik is vir die opstel van beurtkragprotokolle maak in sy jongste voorstelle aan die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) voorsiening vir die moontlikheid van beurtkrag tot op fase 16.

Weens Suid-Afrika se ganse opwekkingskapasiteit, wat nagenoeg 32 000 MW is, kan beurtkrag net tot op fase 16 strek.

Die instelling van dié fase – hoewel hoogs onwaarskynlik – sal beteken dat Suid-Afrikaners vir die grootste deel van die dag, die hele dag of selfs langer as ʼn 24-uur-siklus sonder krag sal sit.

Die National Rationalised Specifications (NRS) Association of South Africa sal eersdaags die nuwe voorstelle vir beurtkragfases aan Nersa voorlê vir finale goedkeuring en wetgewing daaroor.

Die NRS is ʼn onafhanklike liggaam met instellings soos Eskom wat daarvan deel vorm. Dit verteenwoordig Suid-Afrika se energiegemeenskap as kollektief.

Vally Padayachee, voorsitter van die NRS, sê net omdat die instelling in sy jongste aangepaste praktykkode voorsiening maak vir fase 9-beurktrag en hoër, beteken dit nie dat die land afstuur op ʼn totale ineenstorting van die kragnetwerk nie.

“Daar is baie kommer onder Jan Alleman dat die kragnetwerk in duie gaan stort en die huidige kragkrisis wat gekenmerk word deur hoë en gereelde beurtkrag vuur daardie bekommernisse aan,” sê hy.

“Uitgawe 3 van die NRS se praktykkode is egter daar om hierdie kommer te pak en almal gerus te stel dat intervensies in plek is om ʼn ineenstorting van die nasionale kragnetwerk te verhoed.”

Padayachee sê die jongste weergawe is ook ʼn manier om “proaktiewe en gedetailleerde beplanning te doen om die risiko vir die moontlike migrasie na hoër beurtkragfases verby fase 8 te verminder”.

“Hierdie nuwe uitgawe is slegs om belangegroepe, soos die publiek, voor te berei vir die onwaarskynlike verskyning van fase 16-beurtkrag. Dit is pragmaties en verantwoordelik van ons om vir hierdie moontlikheid te beplan.”

Die NRS het twee jaar ná die eerste instelling van beurtkrag in 2008 die eerste weergawe van sy praktykkode bekend gemaak. Dit het slegs voorsiening gemaak vir beurtkrag tot fase 4. In 2017 is die tweede weergawe uitgereik en deur Nersa goedgekeur. Dit het voorsiening gemaak vir fase 8-beurtkrag.

“Ons het nooit gedink dit sal nodig wees om verder as fase 8 voorsiening te maak nie, maar ons het intussen besef dit is proaktief om vir elke moontlikheid ʼn plan gereed te hê,” sê Padayachee.

“Dit is wel belangrik om te onthou dat hoër fases beurtkrag nie beteken dat ons nader aan die ineenstorting van die kragnetwerk is nie. Dit beteken slegs dat Eskom in beheer is van die netwerk en voortdurend werk om dit stabiel te hou.

“Sou die kragnetwerk in duie stort, sal dit ook nie wees omdat daar nie genoeg opwekkingskapasiteit is nie, maar eerder omdat daar ʼn skielike en onverwagse gebeurtenis op die kragnetwerk is wat veroorsaak dat kragsentrales hulself outomaties beskerm deur van die netwerk te ontkoppel.

“Die ineenstorting van enige kragnetwerk is gewoonlik weens uiterste weergebeurtenisse en gebeur binne sekondes; ʼn mens kan nie daarvoor beplan nie, maar jy kan ingrypings voorstel om die waarskynlikheid daarvan te verminder.

“Ek kan met sekerheid sê dat die ineenstorting van die nasionale kragnetwerk, hoewel nie tegnies onmoontlik is nie, feitlik onwaarskynlik is. Daar was nog nie ʼn totale ineenstorting van die kragnetwerk in die 100 jaar van Eskom se bestaan ​nie, al het dit in die verlede weens swak beplanning in ander lande soos die VSA en Kanada gebeur.”

Die NRS se praktykkode maak verskeie voorstelle oor hoe die kragnetwerk verder beskerm kan word. Eskom implementeer egter reeds die meeste van hierdie intervensies soos om die huidige energiebeskikbaarheidsfaktor tot 75% te verhoog, nuwe opwekkingskapasiteit te genereer, en energie meer doeltreffend te gebruik.

Tog maak die praktykkode nie net voorsiening vir nuwe beurtkragfases nie, dit verskaf ook ʼn “geordende en konsekwente benadering tot noodgedwonge lasvermindering” op die kragnetwerk.

Die betrokke stelseloperateur, soos Eskom, kan egter steeds intyds die praktykkode verontagsaam om dadelik die veiligheid van die nasionale kragnetwerk te verseker.

“Die hele kode is gestruktureer met die oogmerk om die kragnetwerk teen ineenstorting te beskerm.”

Lede van die NRS het die finale weergawe van die praktykkode reeds eenparig goedgekeur. Padayachee sal dit binne die volgende paar dae afteken en vir oorweging na Nersa verwys.

Nersa sal egter eers ʼn uitgebreide openbarekonsultasieproses van stapel stuur voordat dit eindelik gemagtig en ʼn wetlike dokument word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Wit Leeu ·

Dis nou ‘n pot snot, Padayachee ! Jy kan verskoings maak soos jy wil, Eskom is planke toe !

Johanncb ·

Die ineenstorting van die kragnetwerk agv ‘n natuurramp is verstaanbaar, maar die huidige situasie is te wyte aan faktore wat lankal aangespreek moes word! Swak instandhouding en bedrog is maar twee hiervan.

Eugene ·

Julle fire de Ruyter wat breins het, nou word iemand in Sy plek aangestel wat n’ lee dop het. Sy oer word met n’ stuk draad aan mekaar gehou. Nou is beurtkrag eers erg.

Republikein in die Wes Kaap ·

De Ruyter het te veel gepraat. Was heeltyd besig met nuuskonferensies en PR werk. En natuurlik ook gewerk aan sy boek terwyl hy vir Eskom gewerk het.

Elma ·

Ek is SO bly iemand anders op MM weet ook van De Ruyter se mislukking by Nampak!

Kobus ·

Maklik om sulke uitlatings te maak. Daar is goeie verklarings vir syfers wat rondgegooi word.

“He explained that, before his time as CEO, Nampak purchased the Nigerian beverage can manufacturer Alucan Investment.

Nampak had also been expanding aggressively in Angola, leaving the company up to its eyeballs in debt.”

Ander mense het rampspoedige besluite geneem, waarby De Ruyter nie betrokke was nie!

ENFM ·

Die ineenstorting van die nasionale kragnetwerk, is onwaarskynlik, oor Eskom se goeie rekord, maar in lande soos VSA en Kanada gebeur dit wel oor hulle swak beplan..

My interpretasie hiervan is dat die moontlikheid dat die kragnetwerk in Suid-Afrika heel waarskynlik ineen kan stort baie groot is en dat dit tegnies baie moontlik is dat dit wel sal gebeur.

JvR ·

Jou interpretasie is suiwer gegrond op wat die media jou voer. Daar is iets meer sinister omtrent die “energie krisis” wat wereldwyd kop uitsteek. Begin te lyk soos einde 1800’s. Ctrl+Alt +Del

Strandloper ·

Die onverwagse gebeurtenis op die kragnetwerk is maar net die anc gemors!

Rooi rissie ·

Nee wat ek mag dink wat ek wil maar mag nie sê wat ek wil nie….

Johan Tredoux ·

Jan alleman is nie die enigste wat sal ly nie. Elke industrie, elke dienslewering en elke finansieële instelling sal vou op die grond. Hoop hierdie is net daar vir vermaak en bangmaak.

Anel ·

… in die 100 jaar van Eskim se bestaan… Ons was die beste met die goedkoopste en het hoeveel ander lande nie voorsien nie! Nou kan ons skaar die ligte vir ‘n paar uur aan hou met die voiruitsig van 24 uur + se donkerte!!!! Plus ‘n nuwe minister!!! Wat het hy tot dusver uit gerig???? Al wat hulle goed gedoen het is sabotasie, korrupsie en diefstal. Geen werk!!!! Pasop dat ons gelgkraantjies nie begin op droog nie!! STEL DIE REGTE MENSE AAN, MAAR DANK EERS DIE SPUL AF!!!!!

Casper ·

Wat het ons met die VSA of Kanada uit te waai.Gedurende fase 8 sukkel munusipaliteite om water te pomo,hoe sal dit gaan as daar 24 uur nie jeag is nie Ek dink dit is onwaarskynlik dat dit sal gebeur,onthou die verkiesing lê voor.

Amelia ·

Heelwaarskynlik na verkiesing as verkiesing ook ooit sal plaas vind almal is moeg gesukkel met krag werkloosheid ens

kaplyn ·

Ja ek stem saam hulle kan ons nie met die VSA en Kanada vergelyk nie. Die VSA en Kanada is eerste wereldse lande, en ons is ‘n piesang republiek

annie ·

Gelukkig vir ons is Vally soveel meer ingelig en bedrewe as die gewone en dom Jan Alleman, jy weet, die doodgewone dom Afrikaners wat maar al die twak moet opvreet. Sekerlik sal Vally ok weet hoe om ons dan uit die verknorsing te red. Dankie, dankie vir Vally en sy hoogs bekwame mense wat Jan en sy mede dommes gerus stel. Nogmaals dankie! Wat van bonusse vir diesulke slimmes.

JvR ·

Ever wondered why Zuma was asked to step down very simple he was proposing Nuclear Energy which Minister Mantashe admitted recently is costing Eskom 40 CENTS a kwh to produce by far the cheapest form of Electricity in South Africa
Old Video from January 2017 showing the Independent Power Producers were concerned a Nuclear Deal with Russia wouldve been signed which wouldve cut out Foreign Interests and Billionaires invested in the Independent Power Producer Program …… Any guess who blocked the Independent Power Program???? Brian Molefe and Matshela Koko implicated with Zuma in Zondo State Capture Commission…….

Alet ·

Vir oorgrote van daai amper 100 jaar was bevoegde mense aan die stuur van sake. Ons weet almal wat het gebeur toe die bevoegde mense met onbevoegdes vervang is.

Janine ·

Dit is pragmaties en verantwoordelik van ons om vir hierdie moontlikheid te beplan.” Dink net as julle 30 jaar terug verantwoordelik was….

Papsak ·

Net niks kom reg by eskom nie in een storting is daar maar eerste Julie wil hulle kragverhogings in bring maar hulle beplan fase 16 hoekom moet ons betaal vir krag wat ons nooit het nie waar gaan gelde heen

Republikein in die Wes Kaap ·

Eskom en ander rolspelers moet minder praat en ‘n beter job doen. Praat en beloftes gaan dinge nie verbeter nie.

Elma ·

Die intervensie is om kragonderbrekings vir tot 24 uur in te stel? Hoeveel verskil DIT van die term “algehele ineenstorting”? Dis dan so te sê dieselfde ding. Dankie man, julle is so goed vir ons.

Martie Smartie ·

Die geagte heer Vally is seker bly n dag het net 24 h, anders moes hy tot fase 20 gaan

Meisie ·

As dit hoogs onwaarskynlik is, hoekom de flip sit ons dan planne in plek daarvoor?

Adri ·

Ons het mos teen hierdie tyd geleer, dat as sekeres iets so drasties ontken, is dit ‘n aanduiding dat dit in werklikheid waar is. Hoe drastieser hulle die ineenstorting ontken, hoe nader is ons daaraan.

007 ·

Nou wonder ek net wat sê die kaders nou. Vandat André weg is daar, gaan dit al hoe slegter. Ek sien ongelukkig geen hoop of lig in die tonnel nie.

Carina ·

Julle kan soveel fases uitdink as wat julle wil, maar wat ek nie kan verstaan nie, is hoe dit moontlik is dat daar “genoeg” elektrisiteit deur die dag kan wees wanneer duisende besighede, fabrieke, ens krag gebruik, maar skielik van 4pm af is daar sommer fase 3 of 4 beurtkrag. Dit maak GLAD NIE sin nie. Wil julle nou regtig vir my sê private huishoudings gebruik meer krag as al die besighede en fabrieke saam? BAIE huishoudings gebruik alternatiewe kragbronne, sonpanele, inverters, gas, ens. Dit is mos nou totale BS!! Ons word gemanupuleer deur ‘n klomp ape en ons aanvaar dit maar gedweë. Wanneer gaan die …. stop??!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.