Bevelvoerder gaan motoris ontmoet ná polisie glo ongeskik optree

‘n Skermgreep uit die video. Dit is reeds duisende keer op sosiale media gedeel.

Die bevelvoerder van die Lyttelton-polisiestasie in Centurion gaan met Carien Coelho vergader nadat sy vandeesweek ʼn video op sosiale media gedeel het waarin gesien kan word hoe lede van dié stasie haar laatnag aftrek.

Die video volg kort op nóg ʼn video waarin gesien kan word hoe Kymie du Toit, ʼn kleuterskoolonderwyseres, op die aand van 26 November omstreeks 23:25 by ʼn vulstasie in Moreletapark deur beamptes van die Tshwane-metropolisie uit haar motor gepluk en rondgestamp word voor hulle haar geboei en in ʼn gemerkte metropolisie-bussie gestop het.

Die video het groot opslae gemaak en skerp kritiek op die metropolisielede se optrede ontketen.

In die jongste voorval is ʼn video gedeel waarin die woordewisseling tussen Coelho, wat laataand na ʼn fliek saam met haar jong kinders op pad huis toe was, vasgevang word. Coelho is omstreeks 23:00 in Centurion deur die polisielede beveel om stil te hou. Sy het haar noodligte aangeskakel en haar spoed beduidend verminder, terwyl sy na die naaste vulstasie gery het.

Die beamptes volg haar tot daar en by die vulstasie aangekom, vra een van die beamptes of sy nou “tevrede is” dat sy daar stilgehou het.

Sy dring by die beamptes aan dat sy toegelaat word om by die vulstasie stil te hou, waarna een van hulle haar vra om die wet te respekteer. Hy sê ook dat hy haar besluit om daar stil te hou respekteer.

Coelho vra die beamptes deurlopend waarom sy afgetrek is en sê aan hulle dat sy reeds drie keer gekaap is. Sy sê ook aan hulle dat hulle haar kinders ontstel en bied aan om haar bestuurderslisensie vir hulle te wys.

Daar kan later in die agtergrond gehoor word hoe een van die kinders snik.

Een van die beamptes sê dan aan Coelho sy moet haar houding verander en dat daar op haar geskiet kan word indien sy in die toekoms nié stilhou wanneer sy beveel word om dit te doen nie..

Die video het weereens groot kommentaar ontlok. Talle mense het op sosiale media aangedui dat hulle snags te bang is om stil te hou wanneer die polisie, of diegene wat hul voordoen as polisielede, hulle beveel om dit te doen.

Brig. TP Matlala, stasiebevelvoerder van die Lyttelton-polisie, het bevestig dat die polisielede aan dié polisiekantoor verbonde is. Volgens hom is geen klagte teen die betrokke lede aanhangig gemaak nie.

Matlala het gesê hy was reeds persoonlik in kontak met Coelho en dat hulle binnekort by die stasie sal vergader om die voorval te bespreek.

“My lede het hulle werk gedoen en sy het reg opgetree deur na ʼn veilige plek te ry. Die polisielede het haar ook toegelaat om dit te doen,” het Matlala gesê.

“Ek dink kommunikasie in só ʼn geval is uiters belangrik, dit is deurslaggewend.”

‘Bloulig-protokol’

Justice Project SA (JPSA) het vroeër aangekondig dat hy sy goedkeuring van die sogenaamde Bloulig‑protokol, wat hy in 2013 in samewerking met die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) ontwikkel het, terugtrek.

Die protokol is destyds ontwikkel om die vlaag voorvalle waar misdadigers blou ligte op hul voertuie gebruik het om niksvermoedende motoriste te teiken, te help stuit.

Een van die riglyne in die protokol was dat motoriste aan die polisie wys dat hulle die opdrag om stil te hou verstaan, deur byvoorbeeld hul noodligte aan te skakel, en dan stadig tot op ʼn veilige plek te ry en daar stil te hou.

https://www.facebook.com/burgert.coelho.1/videos/2739946949399760/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

70 Kommentare

Disselboom ·

Die punt wat eerstens aangespreek moet word, is wat die polisie die reg gegee het om met blouligte en wat alles die motoris van die pad te wou trek? Nie of die motoris toe reg op verkeerd opgetree het nie. As die verkeerde optrede van die polisie nie in die kiem gesmoor word nie, lê daar swaar tye en waarskynlik konflik en toenemende spanning voor.

Oros Soros ·

Ek neem aan dat die Nasional Padverkeerswet (93/1996) nie meer van krag is nie. ‘n Vredesbeampte kan seker ‘n voertuig aftrek vir ondersoek ensovoorts (sien die wet). Die prosedure om met noodligte aan te ry tot by ‘n veilige plek, is nerens in die wet vervat nie. Bygesê, ‘;n krimineel sal nie sodanig optree nie. Miskien tyd dat daar ‘n amptelike protokol ontwikkel word en in wetgewing vervat word. ‘n Ander vraag, wie moet die arme polisieman aftrek en wie nie? Jan Publiek vereis dat die polisie misdaad moet bekamp, Sal graag wil weet wat die kriteria of maatstaf hiervoor is, sodat ons as publiek weet wat om van die polisie te verwag,

Hannetjie ·

Dalk maar nie in die nag op pad wees nie.Vir eie veiligheid.My kinders was tyd gelede ook afgetrek..was van hul dogter wat op Potch studeer oppad huistoe.Hulle was afgetrek deur duidelik onbeskofte lede..het geskree op my seun..alhoewel hy dadelik afgetrek het.Daar was pok nie ‘n rede nie…hul soek net skoor…omdat hulle kan

Christo Erasmus ·

SAPD mag ook nie sê jy sal volgende keer so genaamd geskiet word nie. Pol weet daar’s wetgewings skiet mag jy nie net meer nie daai maar die punt. Persoonlik sou ek sê maak n saak oop dat daai pol manne verwyder word uit die mag veral die wat mense dreig om te skiet is nie normaal !!!!

Skiet ·

Ek dink die eerste punt is die intimidasie. Dat hulle gladnie kan of wil insien dat die publiek nie veilig voel en juis deur hulle intimidasie van “ next time we shoot you”.

Dis duidelik intimidasie want hulle mag nie net skiet nie. So sy het dit gedreig met die doel om te intimideer.

Hulle sit idiote in magsposisies.

Freekman ·

In albei onlangse gevalle het die beamptes ‘n probleem met die “houding” van die motoris. Aan die onderliggende minderwaardigheidskompleks
van die beampte(s) kan jy niks doen nie.
En in albei gevalle is daar tekens van rassisme.
Hierdie mense hoort eenvoudig nie in gesagsposisies nie.

Die beampte se skietdreigement is wederregtelik.
Dinges hulle op.
Moenie met onvolwasse persone gaan gesprek voer nie

JW ·

Carien- ASSEBLIEF as jy kans sien om met die Bevelvoerder te gaan vergader vat ASB jou prokureur saam as getuie en moenie alleen gaan nie- jy gaan beslis weer aan die kortste end trek want die bevelvoerder gaan weer kom met allerhande verskonings soos n gebrek aan kommunikasie tussen jou en die lede ensovoorts ensovoorts
EN moenie val vir hulle verskonings nie laat jou prokureur die praatwerk doen

Markus ·

Die wet bepaal duidelik dat jy net iemand mag skiet as jou lewe in direkte gevaar is of die lewe van n ander persoon ,dit geld ook vir wetstoepassers maar dit blyk die sogenaamde brigadier weet dit nie nou wonder ek of hy weet dat die oorgrote meerderheid in sy polisie nie bevoeg is om eers n wapen te hanteer nie ,ek sou sy uitnodiging van die hand wys en aandring dat opod die wetstoepassers se dreigemente ondersoek.

Boodskapper ·

Maroela,
Wat is die sin om kommentaar te vra waarby n aantekening staan dat die kmentaar gekanselleer moet word

Este ·

Hulle soek omkoopgeld want as die motoris alleenvrou met kinders op ‘n donker plek só geïntimideer word, kry hulle mos makliker ‘n “bribe” gereël.

Wepner Viljoen ·

En die seniors, ook die minister, het geen begrip van wat dit verg nie. Hulle glo dit is maar soos dit moet wees.

Wonder ·

Jy kan duidelik hoor daar word vir haar gesê sy het verdag gelyk daarom wou hul haar stop. My vraag is wat het vir hul verdag gelyk?

ADK ·

Cyril en die minister van polisie behoort hulle te skaam vir wat die publiek van die polisie dink. Baie polisiemanne is al vasgetrek vir kriminele oortredings, meeste van hulle is korrup. Van hulle verhuur hulle uniforms en wapens uit en laatnag slaan hulle toe op soft targets en blameer mense vir hulle houding, gelukkig het die vrou geen houding gehad nie ek wil net graag weet hoekom hulle dit nodig geag het om haar te probeer aftrek, het sy verdag voorgekom met 2 kinders in die kar, belaglik, onnodig. Een woord vir vir hulle almal…DINGAAN.
Nodeloos om te sê hulle weet nie hoe hom hulself te skaam nie, lag net daaroor en kom weg daarmee.

JJS ·

Cyril? Hy is waarskynlik hoog in sy skik met hulle optrede. Nog ‘n padda wat kook sonder om uit te spring… 3 keer al ge hijack… Nee wat daar is net een uitweg. Emigrasie.

Trudy ·

Maar die polisibeampte het dan in die video gevra wat beteken dit dat sy haar noodligte aangesit het.. Rerig… Hierdie was nou weer blatante..”kom ek wys jou wie is baas” geval!

Schalk ·

Jy beter optree teen jou personeel jy het die bewys.Is jy ook dalk ee wat jag saam met honde en saam met die haas hardloop.Jou aanslag moet wees om jou personeel uit te sorteer daarna kan jy praat met die dame as sy boel om met jou te praat want n instansie vrot mos maar soos n vis van sy kop kant.Ek sou nie eers met jou gepraat het nie.Die publiek wil nie meer met julle praat nie.

Charl ·

Die ouens wys geensins dat hulle begrip het vir haar optrede nie Dis ‘n intimidasie ding want hulle wou beheer hê en sy het “kwansuis” nie die nodige respek gegee nie Hulle het geen behoefte gehad om haar veiligheid te verseker nie Intimideer haar verder om te sê hulle sal sommer skiet Ons bly in ‘n goddelose land

GR ·

Dagvaar die b……..hulle gaan nou gatkruip omdat hy weet hulle het aangejaag

André André ·

Ek gesels eerder met ‘n klip, ten minste mors ek nie my asem nie en hoef dinge nie te herhaal nie. Skuus, maar die polisie sal baie, baie aandag aan vaardighede moet gee, dringend, hulle sal mense moet aanstel wat ten minste ‘n doktersgraad het, anders kan jy nie met hulle kommunikeer nie, ook sal die graad dalk help dat hulle hul pligte en missie verstaan.

JohanR ·

Al die Metro-Polisie lede in Pretoria moet heropgelei word. Kry vir jou ‘n prokureur of advokaat op speed dial en moenie eers met hulle praat of stry nie. As jy dan afgetrek word bel dadelik, en hulle kan dan met jou regs beampte praat. Jy kan nie eers met hulle praat of redeneer nie…..hulle is altyd reg, en arrogant en ignorant! Daai twee woorde klink net beter in Engels!

Adriaan ·

Wat het die polisie laat besluit om haar af te trek? Of het hulle dit gedoen net omdat hulle kan? Om te se hulle het hulle werk gedoen is niks anders as n erkenning dat daar nie n werklike rede was nie.

Johan ·

Meet at the station? Rather meet at your lawyers office ! There is a case here! Clearly these police officials need more training! Why are law abiding citizens scared of the police? Are we just another African State?

HB ·

Dit wil voorkom of in daardie area op dames wat laat aand op die pad is jag gemaak. Hier kom grooooot konflik as die beamptes gaan aanhou hiermee.

Oog vir n Oog ·

Liewe hemel wie het nou eintlik ‘attitude’?!
Justice, jy is so in die kol met jou kommentaar!

Chris van Rensburg ·

Die SAPD is totaal afwesig wanneer die Taxi’s al die verkeers reels breek in Pretoria se Pretorius straat. Hulle stop ongestoord net waar en wanneer hulle wil. Maar vir vrou alleen met kinders in haar kar dreig die SAPD om volgende keer op haar te skiet. Die SAPD kom erg onopgelei en buffelagtig voor. Onbetroubaar en erg onkundig.

Anni ·

Chris, almal is ni dieselfde ni asb. Moenie veralgemeen ni. Ons is nog n paar goeies in die mag. En voel ook baie woedend oor hierdie onkundige lede se optrede.

Koos ·

Bheki is al lankal nie meer die minister van die polisie nie

Cc ·

Ek kan nie glo wat ek hier hoor nie, duidelik glo hierdie beamptes hulle is totaal die begin en einde, almal moet na hulle luister. Ek voorspel binnekort gaan iemand geskiet word, of die publiek of hulle. Iets daadwerkliks moet gedoen word. Skokkend !!!

André André ·

Sedert die vorige geval met die metropolisie het daar nog niks gebeur nie….sweet blou niks, vra die minister, Mnr Bheki Cele.

Nog beter, bel vir Cyril…. (nav bel vir Hugo)

Kraai ·

Val die metro polisie ook nou onder die Minister van Polisie, ek het dan tot nou toe aangeneem dit is onafhanklike verkeersbeamptes wat optree en beheer word deur hul metro munisipaliteit. Daar leer ek ook iets nuuts.

André André ·

Kraai, ek het idee jys reg, ek gaan dit nie eens Google nie.

Anni ·

JY SIEN NOU LAAT DI TIPE POLISIE LEDE ALMAL ONDER DIESELFDE KAM SKEER. EK SELF IS IN DI MAG, EN SO WOEDEND KWAAD HIEROOR. CARIEN HET UITERS KORREK OPGETREE. JY MAG RY TOT WAAR J VEILIG VOEL. EN DI STASIEBEVELVOERDER MUT MOOI KYK WIE HET N ATTETUDE PROBLEEM. JAMMER MENSE MAAR NIE AL DIE POLISIE LEDE IS SO NIE!!!!!!!!!!!!

Sarel P ·

Ek wil net aan die goeie beamtes in die diens se, indien julle bereid is om die slegtes intern aan te kla en vervolg nie word julle ook deel van die probleem. Ek is bewus van die intemidasie teen julle binne die werkplek, maar om maar net jul goeie werk voort te sit en die res hul gang te laat gaan is ook nie reg nie. Sterkte.

Lee ·

Ek stem saam met jou Anni. Party van die lede het ongelukkig ‘n attitude veral as dit teenoor wittes kom. Ongelukkig dra hulle defnitief nie daai uniform met respek soos ander nie maar hulle sien dit as ‘n manier om mense uit te buit. My man is self in die mag en daai vrot appels gee hulle almal ‘n slegte naam. Dis eintlik so hartseer wat gebeur.

Bren ·

Anni, ek stem saam. Ek ken goeie polisielede. Nie almal is sleg nie. Die vrot appels moet uitgelewer en ontslae geraak word van.
Baie dankie aan die goeie polisiemanne en -vroue daar buite. Moet asb nie toelaat dat die negatiwiteit van die publiek jul onderkry nie. Hou jul koppe omhoog. Sterkte!

Anni ·

Chris, almal is ni dieselfde ni asb. Moenie veralgemeen ni. Ons is nog n paar goeies in die mag. En voel ook baie woedend oor hierdie onkundige lede se optrede.

Grietjie ·

Dankie vir die paar goeies. Net jammer julle is erg in die minderheid.

bekommerde stem ·

waarom wys ek vir hulle ek het notisie van hulle geneem, waarvoor het ek my noodligte aangeskakel, waarvoor het ek spoed verminder
het ek dit gedoen net om moeilikheid te soek, metro polisie julle laat mens lag, st…id verby
julle gaan eendag dit met iemand probeer en skiet, die persoon skiet dalk terug en wie gaan die gevolge dra

Spike ·

Anni, nie onkundig nie. Bloot onnosel. Jy kan hoor hulle kannie rassioneel redeneer nie.

André André ·

Jy raak nou aan die oortjies van die seekoei en nie net betreffende die polisie nie.

Pieter ·

Vir daardie ou kan ek net laat verstaan, as hy op my skiet stop ek en wag vir hom met my vuurwapen en sal nie mis nie.

Niklaas ·

Jy mors jou asem en tyd om met te redeneer met so n paar astrante individue. Ek dink hul keer die enkel dames af vir afpersgeldjies (lees op : Africa salute). Dit gaan nog baie gebeur veral Kerstyd tot na nuwejaar. Ekstra fooie inpalm. Lekker klein bonus, hmm hmm

James ·

Wit mense word nou getarget as hulle in aande ry. Sy moet haar prokureer saam stasie toe vat.. ons het seker nog daardie reg of is dit ook nie meer geldig vir hulle nie.

George in Bloem. ·

Dis net ‘n kwessie van tyd voor daar ‘n skietery en gepaardgaande tragedie gebeur want hierdie probleem word nie aangespreek nie en korrupsie in die SAP en die absolute rassistiese anti-blank houding van sommige lede word deur die ANC stilswyend aanvaar,lees goedgekeur. Tik tok tik tok……

johan II ·

Die polisie moet begin nense aanstel wat in die omgewing van die stasie bly. As hul daar bly sal hul ook beter met die mense werk en nie almal as krimineel beskou tot anders bewys nie. Centurion het n GROOT probleem, ek vermy Lyttelton sover ek kan agv die twee polisie stasies daar. Stel plaaslikke mense aan met externe monitering, ongeag die geur, dit kan beter werk.

Grietjie ·

So wat is nou eintlik hulle probleem!!!! Die vrou mag ry na ‘n vulstasie vir veiligheid. Klink my hulle is nie eers bewus daarvan dat sy mag nie. Of dit polisie of verkeer is jy mag ry na veiligheid. Hulle soek net ‘n argument omdat hulle mos mag. Ons moet ordentlik van hulle voorbeelde maak. Lyk my dit word nou tendens om wit vrouens in nag af te trek en skoor te soek

PL ·

Ek mors nie tyd met sinnelose debatte nie. Selfbestuur is die enigste antwoord.

Sarel ·

Ek was daar. Om by bevelvoerder te kla help niks. Sy kollegas gaan net bevorder word.
Skiep hom en ander. Kla by die nasionale klagte sentrum.

Zukof ·

Ek het nou n ou vraagie vir wie ookal nou aan die hoof is van die sirkus……
Wat as die lady nou losbrand op my kar en ek terug skiet om my gesien te verdedig, en daar klits ek haar……..

Jordaan ·

Maak julle opskrif reg asb. Die polisie het nie ongeskik opgetree nie, hulle was rassisties en het haar gedreig.

Natascha ·

Mors van tyd, wat sou gebeur het as dit n anderkleurige was??? Niemand kan meer stop, en die dame het niks verkeerds gedoen, sy het mos tot die naaste vulstasie gery met haar noodligte aan? In vandag se tyd kan mens niemand vertrou want orals is daar kapings maak nie saak of dit man of vrou is nie. Dit is tog soo n jammerte dat die polisie wat veronderstel is om jou te beskerm so agresief kan optree, WIE KAN JY DAN VERTROU?????//

Natascha ·

EK HOOP REGTIG DAT DIE SAAK OOK VERDER GEVAT SAL WORD EN NIE NET AAN DIE BEVELVOERDER VAN DIE BETROKKE POLISIE STASIE STAAT GEMAAK SAL WORD NIE.
Want die docket kan dalk weg raak.

Ronel ·

Hulle het haar gestop en sou ń rede soek om omkoopgeld te eis. Dit is mos amper Kersfees. Toe fnuik sy hulle plan deur by die vulstasie te stop. Die polisie is lankal nie meer daar om ons te beskerm nie.
My mening.

Gerhard Botha ·

Ek was self al een keer in n polisie stasie (Bedfordview GP) baie sleg behandel deur n polisie beampte by wie ek n saak probeer rapporteer het. Hy het die IK van sop. Maar dit was die enigste keer. Aan die anderkant was ek al n paar keer deur metro polisie afgetrek wat n duidelike houding gehad het. Dit was opvallend dat al die episodes in die aand was. En twee keer was die hele gesin met my. Ek meen mens ry mos rond in die aand op pad na jou beplande inbraak met jou vrou en kinders, reg? Vir my is daar iets groot fout by metros se kultuur. Of miskien werk die vrot appels net in die aand? Want in die dag was ek nog altyd goed behandel sovêr

Anoniem ·

Hahahahahahahaaaaaaaaaaa – “Hy het die IK van sop.”

Roger ·

Al Capone Cele en sy makker Cyril moet onmiddellik voor n internasionale hof aangekla en tot orde geroep word. Hul aandadig aan als en ek dink dit gebeur ook in opdrag van hul bende wat die land “regeer”.

Maakwathullewil ·

dit gebeur absoluut omdat hulle die hef in die hand het. hulle kan maak nes hulle wil, want WIE gaan hulle keer. Dis asof jong meisies en vrouens nou maklike teikens is. daarom buit hulle dit uit. Die feit dat hulle gedreig het om te skiet sê net dat hulle NIKS voel vir ‘n ander mens se lewe nie. Ek het ‘n geweer en ek sal hom gebruik. dit gaan oor mag. en weereens, WIE gaan hulle keer om ENIGE iets te doen wat hulle wil.

Gilla ·

My dogter is 21 en sy was Sondagmiddag by ‘n padblokkade afgetrek. Daar het ses swart beamptes om haar kar vergader. Een het haar lisensie geneem en dit vir ‘n ander een gegee en die een wou dit nie teruggee nie. Sy allerhande seksuele vra gevra en of sy ‘n swartman sal “date”. Sy het uiteindelik haar lisensie teruggekry NADAT die man sy nommer vir haar gegee het en haar laat belowe het dat sy hom sal bel. WTF!! Ek wil hê sy moet ‘n klagte indien, maar sy is te bang.

Jaco ·

Asb mense moenie weg hardkoop nie. Wat van ons wat moet agter bly. Almal kan nie land verlaat nie want ons het nie gekd nie. Kom ons probeer liewer die land weer reg kry.

Pierre ·

Daar is ongelukkig geen hoop dat die regering selfbeskikking aan ons sal gee nie. Stel voor ons onderhandel met Namibie of Botswana om asiel vir 2-3 miljoen van ons te gee en ons trek daarheen met ons vaardighede, kapitaal en besighede – skep ‘n nuwe ekonomie waarin ons ons eie mark saambring en ontwikkeling, handel en vervaardiging vanaf nuwe grondgebied bedryf

Pierre ·

Onbevoeg maar ook onopgeleide beamptes-eerder gebrekkige bestuur deur die bestuur en tekenend van swak aanstellings op daardie vlak.

Franna ·

Die lang-en-die-kort van alles wat tans in hierdie land aan die gang is, is dat as jy ‘n blanke is GAAN die huidige regering jou jag en verskoning soek om jou by te kom. Hulle sal skotvry kom. Ons moet besef ons is in ‘n oorlog betrokke om net te oorleef in die land. Hulle haat alle blankes en ons moet dit besef. Moenie meer verbaas wees as die dinge gebeur nie. Ek is 2 weke gelede afgetrek by ‘n padblokkade tussen Middelburg en Pretoria laat die Saterdagaand van ‘n troue met my hele gesin in die kar. Ek het niks gedrink nie omdat ek weet hulle sal jou toesluit al het jy omtrent niks in jou bloed nie. Voordat ek afgetrek is is ek verby 2 motors wat geen ligte het nie. Die swart beampte kon sien dat ons blankes is toe ons stadiger ry. Terwyl hy kyk of hy iets kan kry om my te slaan ry hierdie 2 karre (met swart insittendes) verby ons en hy doen NIKS. Ek wys hom toe daarop en hy sê net hy het hulle nie gesien nie terwyl daar 3 beamptes staan. Ons is absoluut magteloos teen die magsmisbruik en intimidasie.
Maar na alles glo ek ons redding lê net in die Here. Ons kan nie net opgee nie. Ons moet die lig soek in die absolute donkerte.

Onbeskaamd ·

Ons moet nié huiwer om skaamteloos tydens tye van nood in teenwoordigheid van enige omstaander of landbewooner Klíphàrd tot die SKEPPER VAN ALLE LEWE te róép JESUS beskerm my en my geliefdes nóú dankie U Wil geskied; asook elke ander kind wat in U GLO as “drie enig”en OPREG tot U nader vir hulp. AMEN.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.