Binga die gorilla veilig ná ontsnapping by Pta-dieretuin

Die Pretoriase dieretuin. (Foto: Facebook)

ʼn Gorilla wat vlugtig uit sy kamp by die Pretoriase dieretuin ontsnap het, is weer ongedeerd terug.

Die dieretuin het gesê Binga, ʼn 17-jarige gorilla, was minute ná sy ontsnapping weer terug in sy kamp en dat “niemand in enige stadium in gevaar was nie”.

“Gepaste noodprosedures is gevolg om te verseker dat besoekers, personeel én Binga almal veilig is. Binga sal ekstra aandag van die veeartse kry terwyl hy van die ervaring herstel,” het die dieretuin Vrydag gesê.

“Die dieretuin het hoogs opgeleide personeel wat weet hoe om sulke voorvalle te hanteer. Daar is ook borde wat aan besoekers verduidelik wat om te doen as ʼn dier sou ontsnap. Ons kan bevestig dat geen lewens in gevaar was nie.”

ʼn Ondersoek is gelas om vas te stel hoe Binga uit sy kamp gekom het.

Hy is lid van ʼn groep mannetjies wat deel vorm van die program vir Europese bedreigde spesies by die dieretuin.

“Binga het in 2010 by die dieretuin in Pretoria aangekom en bring sy tyd meestal saam met Bonsenga, die dominante mannetjie in die groep, deur. Hy is baie teruggetrokke en skaam.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Poppie ·

Tien teen een was Binga nie lus vir Bosenga se baasspelerigheid nie en het op vlug geslaan….

Karlahari ·

Binga voel nie meer veilig in SA nie en wil terug Europa toe…..

KWAAD! ·

Was by Dieretuin so paar weke terug. Niks meer Om te sê as skokkend. Julle doen Al die diere ‘n onreg aan. Van die diere is alleen en hul funksioneer net saam met maats. Kampe is Klein en VUIL. SIES! Diere moet uit in die wild waar hul hoort! Ek my seuntjie gaan wys dit is NIE waar hul hoort Nie. Hy was baie hartseer…

John ·

Was dit nie uit Johannesburg se diertetuin nie? Ons het gedog iets groots moes…

George in Bloem ·

Daar is soveel dinge wat gese kan word aangaande die berig maar liewers nie………hahahaha!

GL ·

Ek stem saaam met KWAAD. Ek was vir die eerste keur in my lewe ” Zoo” toe saam met my kinders en klein kinders en dit is hartseer. Kinders moet eerder diere sien in die natuur op die televisie of in die wildtuin as dit moontlik is.

willem Botha ·

Sou hy vorder tot in die middestat sou dit moeilik wees om hom te kry met die staking sou hy goed ingeblend het.

Hanna Hoekom ·

Binga was seker moeg vir die feit dat sy “demands” op dowe ore val… Of hy het dalk genoeg van hierdie Banana Republic gehad?

Dieretuin ·

Julle met die simpel opmerkings het duidelik geen idee wat aangaan nie. Gaan maak gerus ‘n draai by die “dieretuine” en dalk sal julle oe oopgaan.

At Dippenaar ·

Ai Maroela!!!! Van wanneer af is Gorillas ‘n bedreigde Europese spesie?

Helene ·

Arme Binga. Vir wat dit werd is, veilig terug. Darem nie doodgeskiet nie. Van die kommentaar op die berig is eenvoudig en swak smaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.