Volgens Beeld het die Seals Vrydagaand meer as 11 km na ʼn gehuggie in die Sjabwah-gebied gestap waar Korkie en Somers aangehou is. Hulle was glo sowat 100 m van die gebou toe ʼn hond begin blaf het en hul teenwoordigheid verklap het.
Die soldate en ekstremiste het op mekaar losgebrand en daar is glo gesien hoe een van die terroriste na ʼn buitekamer gehardloop het. Daar word vermoed dat hy vir Korkie en Somers geskiet het. Die Seals het Korkie en Somers in ʼn buitekamer aangetref ná die skietgeveg wat sowat 30 minute geduur het. Tien ekstremiste is in die aanval dood.
Korkie en Somers is albei kritiek gewond en in ʼn Osprey-vliegtuig gelaai waarna hulle na ʼn Amerikaanse skip in die Golf van Aden vervoer is. Korkie en Somers is op die vliegtuig geopereer maar Korkie het aan sy wonde beswyk voor hulle die skip kon bereik. Somers is kort hierna op die skip dood.
Korkie se liggaam sal na verwagting Maandag in Suid-Afrika aankom.
Ek het nooit gedink dat hierdie man lewend huistoe sou kom nie … noem dit maar ‘n voorgevoel … buitendien, wat soek ons mense in hierdie 3rde wereldse lande? Dis moeilikheid soek!
Goed vir jou Siener. En jy woon in n eerste wereld? Jou grapgat.
Moet se ek verstaan dit ook nie. Weet van mense wat nou Irak toe gaan. Weet nie hoe hulle dink nie.
Ons innige meegevoel aan die Korkie gesin!
Ons mans in SA kry nie werk daar nie en ons moet vir ons families sorg dit is hoekom ons buiteland toe gaan waar ons vaardighede gebruik en warder kan word
Ek hoop meer mense lees jou kommentaar.
Die tyd toe die Korkie gesin Yemen toe gegaan het was die land nog relatief veilig. Ek werk in die Midde Ooste omdat ek weier om te bedel en gat te kruip vir n joppie by n mede Afrikaner wat jou soos drek behandel. Moenie oordeel as jy nog nie self in so n posissie was nie.
Jasper jou woorde van “job by ‘n mede-afrikaner” is in die kol. Ek het ‘n tyd gelede vir prokureurs gewerk en die “swart” prokureur was ‘n totale gentleman terwyl die “wit” prokureur ‘n uiters swak individu was. Die “swart” prokureur het bedank en kon nie meer die verbale kru-taal van die wit prokureur hanteer nie. Dit was vir my erg om dit te aanskou en om te weet dat ‘n wit man hom so swak kon gedra. Ons moet die skille van ons oe afhaal en nie veralgemeen nie. Ek beskerm tot ‘n mate goeie anderkleuriges in my forum skrywes aangesien ek al baie in my lewe deur blanke mense ingedoen is.