Wouter Kellerman, die Suid-Afrikaanse fluitspeler en komponis, is benoem vir ʼn gesogte Grammy-toekenning.
Lees meerAlles vir Maandag 8 Desember 2014
Juffrou gesleep: Suzanne na gewone saal oorgeplaas
Suzanne Leyden (36), wat op 20 November etlike meter ver in Sandton, Johannesburg deur ‘n bakkie saamgesleep is, is na ‘n gewone saal van die neurochirurgiese eenheid oorgeplaas.
Video: Maak jou eie geskenkpapier!
Kersfees is om die draai en geskenkpapier is soms duurder as die geskenk self! Suzelle DIY verduidelik in hierdie video hoe jy jou eie geskenkpapier kan maak.
PMB-vrou het ouer eggenoot vermoor
Thenjiwe Griffiths (25) van Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal is Maandag skuldig bevind aan die moord en roof van haar 60-jarige man, Alan.
Anni se familie oorweeg nog regstappe
Die vermoorde Anni Dewani se familie het Maandag gesê hulle probeer bepaal of hulle in Engeland regstappe kan doen teen Shrien Dewani nadat hy in Suid-Afrika vrygespreek is.
Regskenner meen Oscar kry dalk borgtog
ʼn Regskenner het Maandag gesê Oscar Pistorius kan moontlik ná 49 dae in die tronk op borgtog vrygelaat word indien die staat se aansoek om verlof tot appèl slaag.
Vermiste kind dood aangetref in Jeffreysbaai-strandmeer
Die liggaam van ʼn 12-jarige meisie van Humansdorp wat by die Seekoeirivier in Jeffreysbaai verdwyn het, is Maandag opgespoor, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), gesê.
Man vas wat glo ma, suster aanval
ʼn Man is Maandag in hegtenis geneem nadat hy glo sy ma en suster met ʼn mes in Diepkloof, Soweto aangeval het.
Stem: Jongmense sê “Afrikaans – my TROTS!”
Onbeskaamd en trots Afrikaans – dit is presies die boodskap van 100 jongmense wat aan die “Afrikaans – my TROTS!”-projek van Kraal Uitgewers deelgeneem het….
Eskom sê jammer oor beurtkrag
Tshediso Matona, Eskom se uitvoerende hoof, het Maandag die land om verskoning gevra vir die onlangse kragonderbrekings maar terselfdertyd gewaarsku dat elektrisiteitvoorsiening tot Maart volgende jaar onder druk sal wees.
Skietery op Muldersdrift-kleinhoewe
ʼn Plaasbestuurder is in ʼn kritieke toestand in ʼn hospitaal en sy vriend is dood nadat hulle oor die naweek tydens ʼn rooftog by ʼn kleinhoewe in die Muldersdrift-omgewing in Gauteng geskiet is.
Korkie was ʼn groot invloed, sê Ryk en Zola
Die Olimpiese swemmer Ryk Neethling en die atleet Zola Budd het Maandag gesê Pierre Korkie het ʼn ‘ingrypende impak’ op hul lewens gehad.
‘Regstelsel het ons gefaal,’ sê Anni se familie
Anni Dewani se familie het Maandag nadat Shrien Dewani vrygespreek is op aanklag van haar moord gesê die regstelsel het hulle gefaal.
Twee sterf in Krugersdorp-vliegongeluk
Twee mense is dood nadat ʼn ligte vliegtuig Maandagmiddag naby Krugersdorp in Gauteng neergestort het.
Man poog vergeefs om sterwende vrou wakker te hou
Jill Penelope Masterton was nie bang om vir hulpelose diere op te staan nie, en was ook bang nie vir haar moordenaars nie. Só het Jill se seun, Kai, gesê nadat sy ma Donderdagaand deur ʼn groep mans tydens ʼn huisroof vermoor is.
Shrien Dewani is ‘n vry man
Die Britse sakeman Shrien Dewani, wat aangekla is van die moord op sy vrou Annie, is in die Wes-Kaapse hooggeregshof vrygespreek.
Boek: God is genoeg
In 365 dagstukke stap Stephan Joubert saam met die leser deur temas soos: Die lewende God is meer as genoeg, alles ter wille van ons groot God, kyk en leef God raak in die regte lewe en só lyk egte geloof.
Man gevonnis vir nagklub-baas se moord
Willem Frederick John Coetzer is Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gevonnis vir die moord op die nagklubeienaar Bruno Bronn.
Plaaslike fluitspeler maak geskiedenis
Die Suid-Afrikaanse fluitspeler Wouter Kellerman het geskiedenis gemaak deur die eerste plaaslike kunstenaar te word wat vir ‘n Granny-toekenning in die kategorie vir beste New Age-album benoem word.
WAT Woord van die Week: mombakkies
Al ooit gewonder waar ons aan die woord “mombakkies” kom wanneer ons na ‘n masker verwys? Lees vandag se Taaltoffie vir meer inligting oor dié woord.