“Eskom vra die land om verskoning vir die afgelope paar weke se ongerief,” het Matona aan joernaliste in Johannesburg gesê. “Die gebeure was heeltemal onverwags, veral Donderdag en Vrydag.” Eskom het Donderdag beurtkrag fase twee toegepas en Vrydag beurtkrag fase drie ingestel.
Matona het gesê Eskom doen alles in sy vermoë om die kragonderbrekings te beheer. “Dit pynig ons om beurtkrag te moet toepas. Ons weet die publiek is nie gelukkig nie.”
Matona het gesê ʼn totale verduistering sal rampspoedig wees vir die land. “Ons pas beurtkrag uit verantwoordelikheid toe. ʼn Totale verduistering sal katastrofies wees en dit kan weke neem om daarvan te herstel.”
Volgens Matona sal elektrisiteitsvoorsiening na verwagting tot Maart volgende jaar onder druk wees. “Februarie en Maart is weens begrotingsbeperkings kommerwekkend vir ons. Ons finansiële direkteur is besig om na opsies te kyk in die verband.”
Hy het gesê kragvoorsiening in die tyd sal afhang van die beskikbaarheid van diesel. Eskom het in November 140 miljoen liter diesel gebruik om krag op te wek. “Ons het die afgelope week situasies gehad waar die bestel van diesel vertraag is weens begrotingsbeperkings. Somtyds loop dinge nie logistiek glad tussen ons, PetroSA en ander verskaffers nie,” het Matona bygevoeg.
“die bestel van diesel vertraag is weens begrotingsbeperkings” Wat gaan gebeur as die publiek hulle rekeninge wanbetaal as gevolg van begrotingsbeperkings?
Snaaks dat beurtkrag net in sekere gebiede toegepas word. In Upington is beurtkrag duidelik nie in werking in die swart woonbuurte nie. Hoekom ? Omdat daar glo ekstra verkrag en gemoor word in daardie tye. Wat dan van ons ander ? Ons betaal die hardste maar kry die minste !!
jy is reg, ek sien hier by ons is dit ook dieselfde. As ons in die donker sit en jy kyk by die venster uit, sien jy al die liggies nog helder brand by die plakkerskampe in ons gebied.
Ek neem aan, dis omdat dit apartheid se skuld is, seken nou weer omdat Eksom in die moeilikheid is, nou word ond krag eerste af gesit
Jammer se m…r man, wat van die finansiele verliese wat gely word deur onbevoegde/ombekwame politieke aanstellings, gaan praat asb die twak met jou comrades, hulle sal jou glo!!!
Ek stel voor julle finansiële direkteur, kyk maar na die m@erse verhogings wat julle elke jaar kry,
en sny maar bietjie daaraan,sodat julle diesel kan koop, sodat julle krag kan gee vir die wat belasting betaal. Sit maar gerus die krag af waar al die onwettige konneksies gemaak word.
Eish,EKSDOM, julle is n grap.Kom by en stel mense aan wat weet hoe om hierdie soort werk te doen
VERSKONING!! bring nie lig in my lewe nie, betaal nie vir al die kos wat ek moes weggooi a.g.v. die krag wat aan en af gaan, stuur nie vir my ‘n video met al my t.v. programme wat ek mis nie, betaal nie my apteek rekening vir tone wat blou gestamp is in die donker nie!!!!!!!!! DRUK JOU VERSKONING
Weens begrotings beperkings? Wat nog – maar die bestuur trek enorme salarisse en fondse word totaal wanaangewend. Is dit nie tyd dat hulle “die bestuur” persoonlik aanspreeklik gehou moet word nie. Hulle is mos verantwoordelik as direkteure van ‘n maatskappy en so ook aanspreeklik of hoe?
Nou gee hulle iemand ander die skuld! Tipies! Saying sorry is cheap! It doesn’t make up for the losses millions of businesses had! You should do the decent thing and resign from your job!