Boek met ‘basiese ekonomiese feite’ aan Ramaphosa oorhandig

Agter van links: Anli Haywood, Maree van den Berg, Stephen Nel, Marthinus Erasmus, Middel van links: Louis Boshof, Enrique Snyman, André Joubert, Voor: Jana Naudè, René van der Vyver, Bunika Groenewald (Foto: Verskaf)

’n Groep jongmense van AfriForum Jeug het Woensdag ’n boek oor basiese ekonomiese feite en valshede aan pres. Cyril Ramaphosa oorhandig. Hulle wil met dié gebaar uiting aan hul wantroue in die regering gee, wat volgens hulle daarin versuim om werk onder die jeug te skep.

René van der Vyver, woordvoerder van AfriForum Jeug, sê in die lig van al die ekonomiese mislukkings in die land, het dié jeugorganisasie dit goedgedink om vir die president en die ANC ’n kopie van Thomas Sowell se Economic facts and fallacies te gee waarin die basiese beginsels van die ekonomie uiteengesit word.

“In sy boek lê Sowell ekonomiese valshede bloot op ’n manier wat enigiemand kan verstaan. AfriForum Jeug hoop dié boek sal help om die koers van Suid-Afrika se ekonomie te verander.”

Volgens die jeugorganisasie kom die regering nie sy belofte na om sedert 1994 werkskepping sy eerste prioriteit te maak nie, soos Ramaphosa op 13 Junie ook in sy weeklikse nuusbrief gesê het.

AfriForum Jeug is bekommerd dat die ANC-leierskap eerder ’n struikelblok in die jeug se pad is, want die werkloosheidskoers onder die jeug het die afgelope drie dekades net al hoër geword.

Suid-Afrika het in 2022 twee kommerwekkende rekords opgestel, naamlik ’n werkloosheidskoers van meer as 46% en ’n jeugwerkloosheidskoers van sowat 66%.

Maroela Media het vroeër berig Statistieke Suid-Afrika (Stats SA) het aangekondig dat ʼn 0,8% daling in die land se werkloosheidsyfer in die eerste kwartaal van 2022 aangemeld is.

“In plaas daarvan dat hierdie kwessie getakel word, word daar eerder meer hulpbronne belê in diskriminerende beleide soos swart ekonomiese bemagtiging wat die ekonomie net verder lamlê.

“Die ANC is duidelik die pad byster as gevolg van hul geloof in vele ekonomiese valshede, en hierdie boek poog juis om sulke valshede uit te wys. Die president het gesê hulle beoog om ’n nuwe maatskaplike indiensnemingsfonds van stapel te stuur. Sulke onvolhoubare benaderings bemagtig nie die jeug nie, maar maak hulle eerder meer afhanklik van die staat. By AfriForum Jeug het ons geleer jongmense in Suid-Afrika moet staatsbestand wees om sukses te behaal,” sê Van der Vyver.

Die boek is deur ’n verteenwoordiger van die president se kantoor, Robert Hlongwane, by die Uniegebou in Pretoria ontvang.

Die boek is saam met ’n brief oorhandig waarin die organisasie die doel van die gebaar verduidelik en die boek se belangrikste argumente lys, waaronder die belangrikheid van kultuur, die bevordering van ’n vryemarkstelsel en minder regeringsinmenging.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Jessica ·

Ai, ons pragtige jeug. Ek glo nie die boek gaan enigsins die president se hande bereik nie en indien wel, gaan dit dalk op sy boekrak rus wat moontlik n paar dollers versteek.
Trots op die jeugaksie, hou so aan

De Villiers ·

‘n Pragtige groep jongmense wat my so ongelooflik trots maak!

Dankie AfriForum Jeug!

JohanR ·

Moet mens die boek lees of is daar net prentjies vir Ramaphosa?

Willempie ·

Daar is heelwat boeke wat hy benodig. Maar een wat my opval is
“How to run a country ” (Cicero).

Herman ·

Stem saam, maar aar dit gaan ook niks help as hy ‘n klomp boeke het nie. Ons sal eers moet uitvind of hy kan lees en dan is die vraag, kan hy verstaan wat hy lees en kan hy dit dan reg interpreteer? Ek het my bedenkinge.

Leon ·

Een van die “valshede” wat hierdie jeug aan vashou is dat die ANC en sy president enigsins omgee oor ons (en veral die jeug) toekoms…die ANC (en verseker so paar ander) se natuur is om so gou as moontlik vir hulself te skep terwyl hul die publiek ‘n rat voor die oë draai.

Sarel ·

Ai tog jammer dat daar gedurig negatiewe kommentaar moet wees…dankie vir julle harde werk.

Samuel ·

Nou gaan die haat jeens die Afrikaanse jeug hoog aangeblaas word.

Dries ·

Jy is reg maar hoe lank moet ons nog ons bek hou vir hierdie gemors. Kruiperigheid het nog nooit gewerk nie. Voete was ook nie

Pietertjie ·

Ek hoop van harte dat Ramaphosa kan lees, dat hy kan verstaan wat hy lees, en dat hy die boek so gou doenlik sal lees. Of iemand kan vir hom voorlees, met verduidelikings. Dan is daar nog die kwessie of hy hom aan enigiets uit die boek gaan steur.

Antie Sarie ·

Ai. Die Z generasie wat nog steeds glo regerings kyk uit vir burgers en ons leef in n demokrasie. So hartseer

Johann ·

Ai tog. Goed bedoelde daad, maar Ramnocio het sy eie baie makliker “boek”. Anargie 101.

Pieter ·

Mooi. Om te dink Rampadda was voorsitter van Lonmin en Mondi. Net politieke aanstellings deur die Engelse. Engelse bly die doring in ons vlees.

Dries ·

DIT IS NOU DIE MEES OORSPRONKLIKSTE DAAD WAT EK NOG OOIT GEHOOR HET. So bly dat ek myself kan vereenselwig met hierdie jon mense. Si so trots op hulle

Bushy ·

Heel waarskynlik reguit file 13 toe om n fals sin van selftrots te behou.

agnes ·

Dis reg Afriforum Jeug dat julle ons “president” opleiding gee in basiese ekonomie want hy het duidelik opleiding nodig. Baie dankie Afriforum jeug.

Herman ·

Ek het nog nie die boek self gelees nie, maar die boek sal vreeslik eenvoudig geskryf moet wees sodat enigeen in die regering dit sal kan verstaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.