Boer op plaas naby Dullstroom vermoor

Lees ook:
Dullstroom-plaasmoord: Boer se broer óók op plaas vermoor

Foto: Sune van Heerden

Foto: Sune van Heerden

Sarel Janse van Rensburg (76) is Donderdagoggend op ʼn plaas in die Tonteldoos-omgewing naby Dullstroom in Mpumalanga vermoor terwyl die Menseregtekommissie (MRK) besig is met sy openbare verhoor oor plaasmoorde.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het Donderdag aan Maroela Media gesê Janse van Rensburg het alleen op die plaas gebly. “Na wat verneem word, het twee Zimbabwiërs hom laat oggend in sy huis ingewag terwyl hy buite doenig was,” het Cameron gesê. “Hulle het hom oorval toe hy vir hom wou gaan tee maak.”

Janse van Rensburg is blykbaar gemartel en met bloudraad vasgebind. Sy liggaam is in die badkamer aangetref. Hy is moontlik verwurg en met ‘n skerp voorwerp aangerand.

Kol. Ronel Otto, ʼn woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. “Plaaswerkers het die twee verdagtes sien weghardloop,” het Otto gesê. “Hulle het die polisie en omliggende boere gebel. Die verdagtes, onderskeidelik 21 en 25 jaar oud, is kort daarna in hegtenis geneem. Gesteelde goedere wat aan die slagoffer behoort is in hul besit gevind.”

Die polisie ondersoek ‘n saak van moord en roof.

Die MRK se verhoor kom nadat AfriForum vroeër formele klagtes by die kommissie ingedien het teen die “traak-my-nie-agtige ingesteldheid” van die Suid-Afrikaanse Polisiediens teenoor die voortslepende golf van plaasaanvalle en plaasmoorde in die land. Volgens AfriForum se rekords was daar al 91 plaasaanvalle en 42 plaasmoorde in Suid-Afrika sedert Januarie 2014. Die verhoor vind onder leiding van Danny Titus, voorsitter van die MRK, plaas en word in Braamfontein, Johannesburg gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Bielie van die Bosveld

Die moordenaars is opgespoor waaroor mens tog innig dankbaar is, maar tronkstraf regverdig nie moord nie. Hoe wens mens nou vir die doodstraf.

letitia

Mens wil vra: Wat help dit? Wat help dit mens raak betrokke,wat help dit hul keer die skuldiges aan,wat help dit hul verskyn voor howe,wat help dit jys die onskuldige slagoffer wat voel asof jy uiteindelik die skuldigste is,wat help dit jy teken feitlik weekliks petisies,maak nie saak waar nie,wat help dit jy beveilig jouself, want wat is genoeg beveiliging,wat help dit afriforum en solidariteit veg tot in die hoogste howe,vat ons saak tot in die verste uithoeke vd aarde,wat help dit ons stem,wat help dit my kind leer so hard,wat help dit sy kry goeie punte maar kry nie… Lees meer »

anli

Ek wil een vraag vra: Hoe lank gaan ons, die Boerevolk, dit nog duld? Hoe lank wil ons wag voor ons begin saam staan teen die tipe van gebeure? Voor ons wakker skrik is ons nasie stadig maar seker uitgeroei!

Gerda Claassen

Dit gaan my verstand te bowe dat roemryke plase wat ons land met kos voorsien wat geslagte en bloedgeld betaal is moet deel of afstaan. Hoekom nie rou grond vir hul gee wat hul self kan opbou tot voordeel vir hulself en ons land nie

Koos

Ons is so bang vir oorlog die mans wat op die grens was is almal bang geskiet want hulle sal jou altyd se hoe sleg oorlog is die Afrikaner is bang en dit is klaar . So ons sal nooit op staan nie .