Boer steeds in hoë sorg ná Kleinmond-plaasaanval

Argieffoto (Foto: Kent Williamson)

Die polisie in Caledon in die Wes-Kaap ondersoeke sake van poging tot moord en betreding ná ʼn voorval op ʼn plaas naby Botrivier Vrydagoggend om 06:00.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, sê ʼn 72-jarige boer is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem met ʼn skietwond aan sy regterbeen.

“ʼn 42-jarige man is doodgeskiet en ʼn 41-jarige man is in hegtenis geneem ná die voorval. Die omstandighede rondom die voorval word nog ondersoek.”

Maroela Media verneem Russel Revers is aangeval op die plaas wat naby Kleinmond geleë is. Hy het glo persone betrap wat besig was om panele te steel.

Hy is steeds in die hoësorgeenheid in die hospitaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.