Boer verjaag aanvallers wat hom aan die brand steek

(Argieffoto: Maroela Media)

ʼn Boer van Koffiefontein in die Vrystaat het skote op twee aanvallers afgevuur nadat hulle petrol oor hom uitgegooi en dit aan die brand gesteek het.

Andries Myburgh (31) het Maandag omstreeks 13:45 middagete in sy huis op die plaas Vandermerwesdam geëet toe hy rook geruik het.

Volgens brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het Myburgh gaan ondersoek instel en is hy buite die huis met ʼn voorwerp oor die kop geslaan. Hy kon daarin slaag om die verdagte weg te druk waarna die ander aanvaller hom met ʼn mes aangeval en daar petrol oor hom uitgegooi is.

“Hy het sy vuurwapen uitgehaal en verskeie skote afgevuur waarop die aanvallers gevlug het. Terwyl hy op die verdagtes geskiet het, het hy besef hy is aan die brand. Hy het na die swembad gehardloop en ingespring om die vlamme te blus.”

Die twee verdagtes het te voet gevlug en Myburgh het dadelik die polisie en sy bure se hulp ontbied.

“Een van die verdagtes was ʼn lang man van sowat 2 m en het ʼn groen oorpakbroek en ʼn ligblou hemp gedra. Die ander verdagte het ʼn blou oorpak aangehad.”

Volgens Myburgh ken hy nie die twee mans nie.

“Die slagoffer het nie ernstige beserings opgedoen nie en is deur paramedici behandel.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Stefan ·

Goed hy het sy vuurwapen (wat cele so graag by hom wil wegvat) by hom gedra, anders sou dit heel anders uitgedraai het.
Wees tog paraat mense, ons bly in lewensgevaarlike omstandighede.

Fedup ·

So this is what it has come to?
Jellyfish and his weekly newsletter?
Mad hatter and his incompetency?
This will not end very well.
Grateful this farmer is alive.

Johann ·

Dit is nou net hier waar ons die Boer ook moet onderstuin. Ons hoef nie eers vir ń Boer se dood te wag en dan die vamielie te ondersteun nie. Hierdie Boer verdien al ons ondersteuning. Vir als waardeur hy is.

gpsa ·

Dankbaar die parate dapper boer is ok. Mnr Myburgh jy is ‘n yster.

Cd ·

Dis die manier om jouself te verdedig.
N goeie waghond , wat altyd by jou is en in die huis slaap sal ook help.
Wees waaksaam en bid.

Andre ·

Dankie Vader dat jy dit gemaak het vriend en dit bring my terug na pres. Ramaphosa se veroordeling van moorde op mense. Dit is bemoedegende woorde en ek hoop dit is opreg maar op grondvlak beteken dit net niks as dit by woorde bly. Dan pres; ons is nie super wesens nie en daarom sal daar afkeur; suspisie en persepsies wees wanneer een ras deur ‘n ander bedreig word. Oplossings sal vinnig gekry moet word voordat populiste aan bewind kom

Hennie J ·

Welgedaan jong man. Om altyd paraat te wees is n voorvereiste om te oorleef in hierdie kriminele staat.

Pieter ·

Sulke dade wys dit is rassehaat en terrorisme. Soos oud kol. Wynand du Toit sê, Anargie kom en is naby. Staan sterk in jou geloof met wapen in die hand. Bloedrivier II.

Genis ·

Kom Cele en Cyril praat man praat…dis moord duer julle beskermde EFF… Genoeg is genoeg… Julle silence is violence…

Misky ·

Goed gedink en jou vuurwapen moet 24 uur gelaai en langs jou wees

Net ek ·

Nou ja toe Cele en slap CR, wat sê julle nou??? Dankie tog vir die boer wat sy vuurwapen gehad het. Spoedige beterskap Meneer..

Alta ·

Alweer! Noem n mens did nou gewone misdaad? Nee hel man, alweer amper n plaasmoord! Net jammer daadie skote het hul nie getref nie, maar, dan was dit seker moord!

Mariana ·

Ja nee hulle wil net martel en doodmaak. Een doel voor oë, maak dood

Dup ·

n Werknemer van Korrektiewe Dienste het eendag genoem dat van die veroordeelde plaasaanvallers ñ helde ontvangs kry as hulle in die gevangenis aankom.Dan is daar ook gerugte dat senior polisielede na bewering betrokke is by veediefstal in die Senekal omgewing.As alle getuienis op die tafel is dan lyk beslis of boere geteiken word.

Annettest ·

Net weer ‘n bevestiging. Hierdie aanvalle is politiekgedrewe. Het niks met misdaad en armoede te doen nie. EFF, BLF en ANC sit agter dit!

Thea ·

Geen ander motief as om te moor nie. Dit wat hulle daarna roof is net ‘n “bonussie”.

Hannelie ·

Well done….so bly hy was gewapen. Bly asseblief paraat. ONS SAL SELF!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.