Boere help batterydiewe vastrek

(Foto: SAPD Vrystaat)

Ses verdagtes is in Marquard in die Vrystaat in hegtenis geneem danksy samewerking tussen die polisie, privaat sekuriteit en boere. Hulle is met agt gesteelde netwerkbatterye betrap.

Polisiewoordvoerder ao. Marobo Seabela sê die polisie het Woensdagoggend omstreeks 03:00 inligting van die gemeenskap ontvang oor onbekende mans wat netwerkbokse uitgrawe en koperkabels sny.

“Beamptes het op die inligting reageer en die eerste verdagte is naby ʼn vulstasie in hegtenis geneem. Hy het in ʼn motor gesit. Hy is in hegtenis geneem op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom ná agt netwerkbatterye in sy besit gevind is.”

Beamptes het plaaslike plaasverteenwoordigers gemobiliseer deur die landelike veiligheidskoördineerder en privaat sekuriteit het gehelp om ander verdagtes op te spoor.

(Foto: SAPD Vrystaat)

“Teen ongeveer 08:00 het die span verdere inligting ontvang oor vyf verdagtes wat naby ʼn sekere plaas in die rigting van Senekal stap. Die span het vinnig reageer en drie verdagtes in hegtenis geneem wat suksesvol met die eerste verdagte verbind kon word. Twee verdagtes het ontsnap, maar is agternagesit en is ook later naby ʼn plaas in hegtenis geneem.”

Die ses verdagtes, tussen 23 en 20 jaar oud, sal na verwagting Vrydag in die Marquard-landdroshof verskyn. Hulle staan tereg op aanklag van oortreding van die Wet op Immigrasie, die besit van vermoedelik gesteelde goedere en skade aan infrastruktuur.

(Foto: SAPD Vrystaat)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nick ·

Dit is NIE beskadiging van infra struktuur nie! Dit is Sabotasie. Sabotasie teen die land en die ekonomie.

Di ·

Dan wil CELE ons wysmaak dat onwettige immigrante NIE die oorsaak is dat misdaad die hoogtes inskiet nie! DIS hoekom gemeenskappe nou self begin werk maak om hulle omgewings te beveilig, die gemors kruip orals uit. Daar is geen heinings meer by die grensposte, almal loop net oor van Zim af na SA. USELESS regerings moet minder korrupsie pleeg en geld aanwend om ons grensposte te beveilig. Weermag moet ook betrek word, weet elk geval nie WAT hierdie klomp elke dag doen om hulle salarisse te verdien nie. Gedurende APARTHEID, het die weermaglede die grensposte beman. Nou word hierdie klomp aangewend om riviere skoon te maak en allerhande ander nonsens

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.