Boere, polisie stuit rowers

ʼn Verdagte Toyota Fortuner is Woensdagaand naby Aliwal-Noord opgemerk (Foto: Verskaf)

ʼn Groep boere het Woensdag kragte saam met die polisie gesnoer om twee verdagtes in die Smithfield-omgewing in die Vrystaat in hul spore te stuit. Ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie is in hul besit gevind.

Volgens sers. Martin Xuma, polisiewoordvoerder, is daar omstreeks 20:00 ʼn verdagte Toyota Fortuner op die N6 naby Aliwal-Noord opgemerk. Die Smithfield-boerevereniging het die polisie in kennis gestel van die verdagte voertuig en hulle na die toneel ontbied.

“Die polisie het saam met die boere in die omgewing die situasie gemonitor en daarin geslaag om die voertuig naby die Smithfield-polisiestasie af te trek,” sê Xuma.

“Die polisie het die voertuig deursoek en op ʼn ongelisensieerde AK47-aanvalsgeweer met 30 patrone, asook een pistool met 14 patrone afgekom.”

Twee mans van Umtata in die Oos-Kaap, onderskeidelik 28 en 45 jaar oud, is in hegtenis geneem vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

Die polisie het ook die Toyota Fortuner, ter waarde van R700 000, geskut.

Die verdagtes sal eersdaags in die landdroshof in Smithfield verskyn.

Ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie is in die verdagtes se besit gevind. (Foto: Verskaf)

Die polisie het die voertuig deursoek en op ʼn ongelisensieerde AK47-aanvalsgeweer met 30 patrone, asook een pistool met 14 patrone afgekom (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jr ·

Hoed Kojac nog nie een nuus berig gelees van krimenele gebeurtinis waar n WETTIGE WAPEN gebruik was, soos jy gesê het

Frank John ·

Wonder hoe lank hul sal sit of hoe gou kom hul uit om maar net weer krimineel te wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.