Borgtog vir drie in VBS-korrupsiesaak

(Foto: Gulshan Khan/AFP)

Drie mense wat in verband met VBS Mutual Bank-korrupsie van altesaam R148 miljoen aangekeer is, is Woensdag by hul eerste verskyning in die Giyani-landdroshof borgtog toegestaan.

Risimati Hitler Maluleke is op borgtog van R25 000 vrygelaat, terwyl Nditshedzeni Mashau en Zwivhuya Goodness Thishonge borgtog van R20 000 elk toegestaan is.

Die Valke se eenheid vir die ondersoek van ernstige korrupsie het die drie Dinsdag in ʼn klopjag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, sê die ondersoek wys in 2017 het twee van die beskuldigdes R148 miljoen in VBS Mutual Bank belê.

Daar word beweer dat “groot bedrae geld aan VBS Mutual Bank-geaffilieerde maatskappye betaal is as sogenaamde kommissies”.

“Van hierdie geld is deur verskeie bankrekeninge gewas, waaronder dié van die derde verdagte,” het Mogale gesê.

Een van die beskuldigdes is ʼn voormalige finansiële hoof en waarnemende munisipale bestuurder van die Groter Giyani-munisipaliteit. Hy is Dinsdag saam met die huidige finansiële hoof en ʼn sakeman van Muhuyu in Thohoyandou tydens klopjagte in verskillende gebiede in hegtenis geneem.

Die klagte teen hulle sluit in oortredings van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur en geldwassery.

Die saak is na die Polokwane-handelsmisdaadhof verwys en word in Mei hervat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

skurweberg ·

As ek die name van die individue sien kan ‘n mens die uitslag van die saak voorspel. Hierdie uitstel van sake het ‘n aanloop en ek hoop nie dat iemand nie sy werk kan doen nie of dat die borgtoggeld ook in iemand se bankrekening beland nie. Kan ons nog plattelandse howe vertrou in enige saak?

Wondermaarnet ·

Wat het dan van die shivambu broers en malema geword? Hulle was mos ook betrokke by VBS.

Jacobus ·

Wondermaarnet vra ek ook. Tot dusver nog net n wit man toegesluit.

Andre ·

…moenie asem ophou vir ‘n skuldigbevinding nie.
Hier is te veel geld wat rondlê.

louis ·

So snaaks …n witte word borgtog geweier maar n swarte kry wel borgtog vir bedrog

Peach ·

Geldwassery is oa een vd aanklagtes….. laat my wonder of Cyril se “PRIVAAT BANK”, waarin by miljoene Amerikaanse dollars “belê” het, net soos die VBS bank, ook onder die soeklig geplaas gaan word.

Yvonne ·

Hier word al jare weer van die voete sleep metode gebruik gemaak….net soos dit hulle pas…..eish

Cassie Carstens ·

Die EFF was prominent hier betrokke, maar ek sien hulle nog nie in oranje oorpakke nie. Selektiewe vervolgings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.