Borgtog vir vermeende Eskom-saboteur

Die Camden-kragsentrale in Mpumalanga. (Foto: Eskom)

Die Ermelo-landdroshof het Dinsdag borgtog van R6 000 toegestaan aan die man wat van sabotasie by Eskom se Camden-kragstasie in Mpumalanga beskuldig word.

Volgens Monica Nyuswa, woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag in dié provinsie, sluit Simon Majonke Shongwe (43) se borgtogvoorwaardes in dat hy nie naby die Camden-kragstasie mag kom nie.

Die saak is nou tot 27 Januarie vir verdere ondersoek uitgestel. Shongwe word daarvan aangekla dat hy met noodsaaklike infrastruktuur gepeuter het.

Maroela Media het vroeër berig dat eenheid 4 by die Camden-kragstasie op 10 November uitgeskakel het, wat ’n toename in beurtkrag tot gevolg gehad het. Verdere ondersoek het vasgestel dat daar opsetlik met toerusting gepeuter is wat tot dié onderbreking gelei het.

Die voorval het Eskom meer as R1 miljoen gekos.

Shongwe is na verdere ondersoek in verband met die voorval in hegtenis geneem en het Dinsdag vir die eerste keer op die betrokke aanklagte in die hof verskyn.

In ʼn afsonderlike voorval is ’n steenkoolvragmotorbestuurder dieselfde dag as Shongwe se hofverskyning by die Camden-kragstasie in hegtenis geneem nadat hy in besit gevind is van minderwaardige steenkool wat hy daar wou aflaai.

Die verdagte het glo op pad van die myn die steenkool van hoë gehalte met die swakker steenkool omgeruil sodat hy munt kon slaan uit die beter gehalte steenkool. Die saak word tans deur die polisie op Ermelo ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Nie Verbaas ·

Korrek. Sy werkgewer sal sorg dat hy wegraak. Hy het nie die besluit op sy eie gemaak om met toerusting te peuter nie.

annie ·

Mantashe hou skielik nie daarvan dat De Ruyter saboteurs vaspen nie al doen hul al vir jare groot skade. Sedert 1994 het sekere hoofbestuurders duisende der duisende te veel onbekwame werkers aangestel, eerder die verkoop ipv gratis plastieksakke bevorder of miljoene gratis langlewe-gloeilampe by woonhuise laat aflewer. Selfs ‘n haarkapersalon is al bygetrek om diesel te bekom. Watter bydrae het Mantashe al gemaak tot voordeel van Eskom/SA?

Nie Verbaas ·

Mantashe is soos n groen appel aan boom. Hy hang net daar en jy kan niks met hom maak nie.

Jywilwat ·

Die knaap het ‘n staatsinstelling gesaboteur. Grens dit nie aan terrorisme nie? En hy kry ‘n skamele R6000 borg. Lagwekkend.

Pietertjie ·

Mag hy darem naby ander kragstasies kom? Die persele selfs betree? Of het die staatsaanklaer nie daaraan gedink nie?

Harley Davidson ·

Kom jy dan in aamerking vir borgtog as jy n terroris is wat gevang is vir terorisme?

Marcello ·

Ja, jy kom uit na 27 jaar en word ‘n Wêreld IKOON.????

Eugene ·

So die landdros dink nie dat iemand wat die land in duisternis dompel behoort in die tronk te sit oor kersfees en gee vir die gemors borg. Gaan die ‘landdros’ instaan vir die knaap as hy nie opdaag nie? Besef die mense nie dat dit eintlik terrorisme is en nie peuter nie?

Yvonne ·

Hy saboteur die land en kry borgtog…belaglik…geen wonder dinge gaan soos dit gaan nie

capie ·

Ek sal graag wil weet wat die naam van sy werkgewer is en sy werkgewer se politieke verbintenis.

Manie ·

Dit sal nie sommer bekendgemaak word nie, want dis hoogs waarskynlik ‘n BEE maatskappy.

pestilensie ·

Vang so paar klein mannetjes om ons te paai , De Ruiter dink werklik nie veel van die publiek se intelligensie nie

Marcello ·

Jammer, vir jou dit is nie in Andrè de Ruyter se mag om te besluit, wat die straf is nie, dit is die Gereg wat besluit. Eskom kan die persoon vastrek , maar dit is waar sy magtinging stop.

Danie ·

Ek dink mr deRuyter moet sy pensioen vat Obeholzel gaan ook los die nagmerrie vir die groot menere dan sit ons en kyk hoe val die spul uitmekaar.

Marcello ·

Hou op om Mnr. de Ruyter te beskuldig vir 28 jaar se foute, as jy nie jou motor diens nie, dink jy dit gaan werk vir altyd.

Boer ·

Ek moet sê die foto wat op die berug geplaas is, lyk soos die Titanic voor dit gesink het. Dit sê baie van Eskom dat Eskom goed op pad is om soos die Titanic te sink een ding is seker die ligte was aan toe die Titanic gesink het.

Suzette ·

What a joke????
Hy mag nou net nie naby die kragstasie kom nie! Julle is klomp narre????????

maruis ·

Borgtog vir wat? Net om seker te maak sy makkers word ingelig oor die volgende sabotasie.

Mieke ·

En wat het hy nie al vantevore alles gedoen nie en daarmee weggekom?

Herman ·

Sabotasie van ‘n strategiese punt = terrorisme = hoogverraad = R6,000 borg = WEG!…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.