Bouwer se regspan het meer tyd nodig

Anton Bouwer, Benoni, hof, moord, skiet, gesinsmoord

Anton Bouwer Vrydag in die landdroshof in Kemptonpark. (Foto: Isabel Venter/Maroela Media)

Anton Bouwer (55), die man wat daarvan beskuldig word dat hy sy eie familielede tydens ʼn moordtog in Benoni doodgeskiet het, se borgtogaansoek kon nie Vrydag hervat word nie.

Volgens sy regsverteenwoordiger, adv. Hugo van der Westhuizen, het inligting “van kritieke belang” bekend geword. Dié inligting is twee dae gelede ontvang en die verdedigingspan het dus nie genoegsame tyd gehad om voor te berei nie.

Bouwer het in die Kempton Park-landdroshof verskyn en vir die duur van sy verskyning meestal met neergeslane oë na die vloer gestaar.

Luidens die klagstaat sou Bouwer op 21 Januarie eers sy ouers, Bettie (73) en Robert Barry Bouwer (78), op hul hoewe in Bredell, Kempton Park, geskiet het.

Daarna sou hy glo na sy eie huis in Holdingweg in Benoni aan die Oos-Rand gegaan het waar hy glo die moordtog voortgesit het.

Na bewering het Bouwer sy aangenome dogter, Natasha Bouwer (22), en die gesin se huishulp, Elizabeth Mahlangu (55), hier doodgeskiet. Hy het ook glo sy vrou, Adélle (43), geskiet. Bouwer het homself glo laaste in die gesig geskiet. Hy het ook oorleef.

Adélle, wat intussen uit die hospitaal ontslaan is, se suster en ander lede van haar familie was Vrydag by die hof. Volgens Leoni Naudé, Adélle se regsverteenwoordiger, sterk sy tuis aan.

Mahlangu se seun, Sifiso Mahlangu, en dogter, Abigail Masombuku, was ook in die hof. Albei het buite die hof gesê hulle is getraumatiseerd oor Bouwer soveel tyd mors. “Hy moet net gevonnis word sodat ons kan klaar rou,” sê Masombuku.

Anton Bouwer, Benoni, hof, moord, skiet, gesinsmoord

Anton Bouwer Vrydag in die landdroshof in Kemptonpark. (Foto: Isabel Venter/Maroela Media)

Haar ma het 35 jaar lank vir Bouwer gewerk en het volgens hulle gehelp om Bouwer se drie kinders, Barry Bouwer, Simoné du Randt en Nicole Bouwer, groot te maak. Nie een van die drie kinders was Vrydag by die hof nie.

Intussen sal Bouwer in aanhouding bly tot volgende maand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Casper ·

Hy het eers sy ouers doodgeskiet en toe na sy eie huis in Holding weg gegaan en sy moordtog voortgesit,m a w hy het soon toe gegaan om te moor,dit is voorbedagte rade.Die Dolus Eventualus reël geld hier.Skedule 6 misdryf=geen borg.

Hester Wilhelmina ·

Ek kan nou nie op sy foto agterkom waaaaaaar hy homself in die gesig geskiet het nie….

Perdeby ·

Wat se sy vrou wat die tragedie oorleef het? Was dit hy wat die sneller getrek het. Wat het regtig gebeur?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.