“Met ʼn bevolking van 200 000 Suid-Afrikaners in Australië en meer as 1 miljoen wat glo wêreldwyd woon, werk, studeer of reis, moet die OVK en Dirco voldoende geleenthede vir hierdie burgers verseker om hul grondwetlike stemreg uit te oefen.”
Lees meerAlles vir Vrydag 16 Februarie 2024
Uitspraak verwag in Trump se NY-bedrogverhoor
As Trump aanspreeklik gehou word, soos daar verwag word, sal die bedrag wat deur die voormalige president en sy maatskappye betaal moet word in die regter se finale bevel bekend gemaak word.
Minder beurtkrag dié naweek
Fase 2-beurtkrag sal tot Saterdag 05:00 ingestel word. Daarna sal beurtkrag tot 16:00 opgeskort word.
SA misdaadstatistieke: Moordsyfer naashoogste ter wêreld
“Die ANC het Suid-Afrika geregeer tot op die vlak van een van die slegste en misdadigste lande met een van die hoogste werkloosheidsyfers ter wêreld.”
Russiese opposisieleier, Alexei Navalny, sterf in tronk
Rusland se federale gevangenisdiens sê Navalny – wat reeds die teiken van ʼn vergiftiging was voordat hy tronk toe is – het onverwags siek geword nadat hy gaan stap het.
Bittereinders-inhegtenisneming: Opod bevind geen ‘elemente van aanranding’ teen medelede
Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) het bevind dat daar geen elemente van aanranding was toe Francois van der Merwe, ʼn mededirekteur van die Bittereinders-beweging, verlede maand in hegtenis geneem is nie.
Laerskoolleerder skiet skoolhoof in Germiston
Volgens die polisie is die 51-jarige skoolhoof intussen na ʼn plaaslike hospitaal geneem.
ToekomsVenster: Kinders bly ons verantwoordelikheid
Suid-Afrika se kinders is ons gesamentlike verantwoordelikheid. Ons mag hulle nie versaak nie.
Meer as 3 000 laat aansoeke vir WK-skole ontvang
Die Wes-Kaapse departement van onderwys het sedert 1 Januarie vanjaar altesaam 3 579 nuwe aansoeke vir gr. 1- en gr. 8-leerders vir die 2024-skooljaar ontvang.
7 710 binne drie maande in SA vermoor
Meer as 20 van die moorde is op plase gepleeg. Drie van die slagoffers was boere. Dit is minder as die 10 polisiebeamptes wat die afgelope maande aan diens vermoor is.
Bouwer se regspan het meer tyd nodig
Anton Bouwer, die man wat daarvan beskuldig word dat hy sy eie familielede tydens ʼn moordtog doodgeskiet het, se borgtogaansoek kon nie Vrydag hervat word nie.
Fliekresensie: Verrassende toneelspel, draaiboek inspireer in ‘The Holdovers’
Dit gaan weer oor die verhouding tussen ʼn onderwyser en ʼn groep testosteroon-besmette seuns wat op die rand van volwassenheid staan.
Eenmalige toets ontaard in riller vir SA’ners
Nadat die Protea-vrouekrieketspan vir 76 lopies uitgeboul is, het Australië meer as 500 lopies gemoker met Annabel Sutherland wat ʼn dubbele honderdtal aangeteken het.
Video: Groot mylpaal vir SA se voorste varkvleisverwerker
Dié fabriek spog nou met die grootste boksvrieskas van sy soort in Afrika en kan altesame 120 ton se produkte in 24 uur tot -18 °C vries.
Begroting: Belasting nié die oplossing vir vinnig ryk word, pleit Solidariteit
Die organisasie sê die staat het nie ʼn probleem met inkomste nie, maar eerder met sy uitgawes.
Veelpartyhandves sê ‘nee’ vir Referendum Party
Action SA se boodskap Donderdag aan die Veelpartyhandves was duidelik: Hy sal nie ʼn koalisie met die Referendum Party goedkeur nie.
White kies sy spoedvrate teen Lions
Die Bulls trek met ʼn gevaarlike agterlyn oor die Jukskeirivier vir Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskap-kragmeting teen die Lions op Ellispark.
Resep-video: Gevulde soetrissies
Hierdie smullekker maalvleisgereg is nie net lekker nie, maar ook ideaal vir ʼn gesonde eetplan.
SA se Reto skitter in Riaad
Die SA gholfster het ses voëltjies en ʼn brouhou op haar telkaart ingevul in die Aramco-toernooi wat met ʼn pryspot van $5 miljoen (sowat R95 miljoen) spog.
‘Groeipyne is tydelik,’ sê Showmax
“Hierdie oorgangsfase mag dalk ongemaklik wees, maar dit gaan Afrikaanse stories lewe gee op ʼn groter en beter Showmax 2.0-platform.”