Veelpartyhandves sê ‘nee’ vir Referendum Party

Die onderskeie leiers van die sewe partye wat deel vorm van die Veelpartyhandves. (Foto: DA)

Action SA se boodskap Donderdag aan die Veelpartyhandves was duidelik: Hy sal nie ʼn koalisie met die Referendum Party (RP) goedkeur nie.

Volgens Action SA stem ander partye met hom saam, daarom is die Referendum Party se aansoek Donderdagaand, tydens ʼn vergadering van die Veelpartyhandves, van die hand gewys.

“Action SA sal eerder die Veelpartyhandves verlaat as om met die Kaapse onafhanklikheidsbeweging geassosieer te word,” het die party Vrydag gesê, in reaksie op ʼn versoek van die Kaapse Referendum Party om by die Veelpartyhandves aan te sluit. Dié handves is ʼn koalisie van onder meer die DA, VF Plus en Action SA.

Phil Craig, leier van die RP, sê in ʼn brief aan dié partye die RP glo ook daar bestaan “’n werklike en uiters betekenisvolle gevaar” dat die 2024-nasionale verkiesing tot ʼn nasionale koalisieregering onder leiding van die ANC kan lei.

Craig sê twee van die Veelpartyhandves se sleutelfokusareas is om burgers teen ʼn ANC-geleide regering te beskerm en om soveel as moontlik mag in die hande van burgers te plaas.

“Om die mense van die Wes-Kaap in ʼn referendum, wat volgens die Suid-Afrikaanse Grondwet gehou sal word, te vra of hulle vir ewig van die ANC en die EFF ontslae wil raak, is heeltemal in lyn met hierdie waardes. Dit is presies wat Kaapse Onafhanklikheid wil bereik.”

Action SA sê egter die Referendum Party se doelwit is alleenlik om die lewe van inwoners van die Wes-Kaap beter te maak, deur weg te breek van die res van Suid-Afrika.

“Daar bestaan geen twyfel dat die ANC-regering alle Suid-Afrikaners terughou nie. Dit is duidelik reg oor die land, nie net in die Wes-Kaap nie. Hierdie mislukkings regverdig egter nie ʼn skeuring nie,” sê Samkelo Mgobozi, nasionale woordvoerder van Action SA.

“Die enigste oplossing vir die mislukte regering is die Veelpartyhandves en, in besonder, die party se verbintenis aan die ontseteling van die ANC. Dit is die enigste manier waarop ons die lewens van Suid-Afrikaners in al nege provinsies gaan verbeter.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Frank ·

Ek stem saam want die RP se basies “Ons wil saam met julle werk, maar stel net belang in die Wes Kaap kiesers, die res van die land se mense en julle kiesers kan gaan doppie blaas”

Republikein in die Wes Kaap ·

Wel, wel, so Groenewald stem saam. Ja, ActionSA, die mikpunt is om weg te breek van SA. Dis geen geheim nie. Jou land het misluk en die ANC gaan nog vir dekades in beheer wees. Welliswaar saam met die EFF, MK en Ace. Maar baie van die Handves vennote gaan nog deel word van die radikales. RP, doen wat julle moet doen. Ander groepe hier werk ook aan afstigting.

efjy ·

Dis presies waarvoor ek stem. Vir ‘n beter Wes-Kaap, ontslae van ANC en EFF.

tweeling ·

Weskaap dit sal jou land ook wees tot in jou graf. Droom maar voort.

Althes ·

Ek hoop die Veelpartyhandves weet wat hul doen. Die ANC en EFF moet daar rekening gehou word. Ek lees nou reeds van die Daily Friend dat die ANC koalisie die dorp Knysa vernietig het. Alles het agteruit gegaan.

Goldy ·

Ja die vrot het al tot in Knysna gekom, dis nog net vannaf George tot Hermanus waar die land nog intakt is maar die ANC plakkers kom elke dag nader, as julle nie gou afstig jie is julle ook daarmee heen en dan is emmigrasie en nie meer semigrasie nie die enigste oplossing. Veelparty kan vergeet om te wen, die ANC stemmer het nie die insig om ooit anders te stem nie. Besef dit en red wat nog gered kan word naamlik die wes-kaap.

houopkruip ·

Nou toe nou – daar kry die naiewe onafhanklikheids droom vir die soveelste keer bloedneus.

capie ·

Die anc sal nooit toelaat dat ‘n ander party in beheer kom nie want dan sal hulle moet verantwoording doen oor hul bedrog en diefstal. Die DA en ander kan maar net droom. Stemtellery sal soos in Zim geskied. Die DA is net bang dat hy die helfde van sy setels in die parlement moet afstaan af die Weskaap onaf hanklik is en so versaak hulle hul eie kiesers. My stem is beslis vir ‘n onafhanklike Weskaap.

Republikein in die Wes Kaap ·

Tweeling, lank voor die graf gaan ons arm rondswerf soos die mense van Gaza en Oekraïne.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.